Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 244

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die antwoord van Julius

244 Julius sê: "Wel, ek het julle al gesê dat dit baie dom van julle was. Dit is nog in julle hart agtergeblewe as `n restant van julle eerste opvoeding. Maar wat nog daar sit, dit sal in die loop van tyd wel heeltemal uit julle uit verdwyn. Dit gaan natuurlik nie met één slag gebeur nie, want `n ou, ingewortelde domheid verdwyn dikwels moeiliker uit die mens as wat `n ou liggaamlike gebrek genees. Maar die regte middel kan uiteindelik beide sake genees.

[2] Ons neem niemand sy aangebore en diep ingewortelde domheid kwalik nie, omdat geen enkele domme iets daaraan kan doen as hy geen beter opvoeding gekry het nie. Maar as hy daarna die geleentheid kry om buitengewone ervarings op te doen, en met mense te praat wat groot is in die ware wysheid en `n regte insig het in alle dinge wat op hierdie goeie aarde maar kan voorkom, dan moet hy sy ou domheid laat staan. Dan moet hy slegs maar dit vir waar en goed aanneem wat hy gesien het en soos wat dit aan hom verklaar word deur onselfsugtige manne, wat die waarheid en al die goeie daaruit soek en besit. As hy hom hardnekkig daarteen verset, is hy die tugroede werd. En as dit ook niks sou uithaal nie, dan moet so `n mens uit die geselskap van betere mense verwyder en in `n inrigting vir geestessiekes gebring word, omdat die mense andersins te veel aanstoot sou neem aan sy te hardnekkige en te diep ingewortelde domheid - en dit sou nie goed wees nie.

[3] Maar by julle is dit beslis nie die geval nie, omdat julle intelligensie al te veel ontwikkel is deur die talle samekomste met ons Romeine en Grieke. Want ons is tans waarskynlik op die goeie aarde wel die volk met die meeste ervaring en ontwikkeling, ondanks alle verwyte dat ons nie glo aan die deur julle gepredikte alleen ware God van Abraham, Isak en Jakob nie. As ons julle egter die vraag sou stel of julle regtig so muurvas glo as wat volgens julle woorde en seremonies verwag sou kon word, dan sal julle verkeerde en slegte dade, ook al is dit nie deur julle mond nie, wat altyd slegs `n eggo was, die antwoord luid uitspreek en sê: 'Ons glo heeltemal niks, ons huigel slegs `n geloof vir die dom volk en laat ons vir die huigelary, wat ons uitermate goed verstaan, wel so veel as moontlik betaal!' As ek dan ons geloof aan julle God met dié van julle vergelyk, glo ons duisendmaal meer as julle!

[4] Ja, ons erken dat julle God die enige ware God is, waarvan ons gode eintlik niks anders is as enkele, verhewe, vir Hom waardige eienskappe, wat die menslike fantasie omvorm het tot allerlei persoonlikhede. Maar julle erken julle enige ware God nie en dus nog minder Sy verhewe eienskappe, wat ons sinnebeeldig voorstel en vereer. Daarom moet julle nog baie leer, goed toets en uiteindelik verstaan hoe alle dinge in die wêreld ten opsigte van mekaar staan, en watter waarheid miskien daaragter steek.

[5] As julle egter die Waarheid gevind het, neem Haar dan aan en bly daarby, en dink en handel daarvolgens, dan sal julle daadwerklik God se kinders wees, terwyl julle nou sê dat julle God se kinders is, soos wat alle Judeërs dit sê, maar in julle hart tog nie eers glo dat daar `n God is nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205