Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die oordeel oor die burgers van Násaret

25 Daar word baie gepraat oor die gebeurtenisse in Ostrasine in Egipte*, waar Ek My kinderjare deurgebring het, en Moeder het ook baie daaroor te vertel en ervaar baie genoeë aan die verhale van die onderkoning van Asië, soos wat mens Cyrenius ook wel noem.

[*Lees “Die Jeug van Jesus”]

[2] Jakobus, die seun van Josef, wat `n kundige skrywer is, haal `n taamlik dik rol uit `n kas en gee dit aan Cyrenius met die woorde: "Verhewe meester, hierop het ek vanaf Sy geboorte alles opgeskryf tot by Sy vyftiende jaar, maar besondere dinge het Hy eintlik slegs tot by Sy twaalfde jaar gedoen. Na die twaalfde jaar verdwyn Sy goddelike gawe in totaliteit, dat daarvan ook nie die minste meer te bemerk was nie. Oor die drie jaar van Sy dertiende tot Sy vyftiende jaar staan daar dan ook niks in nie; want behalwe enkele taamlik wyse woorde vind daar niks besonders meer plaas nie, en daarom het ek dan ook na Sy vyftiende dit nie meer nodig gevind om die heel gewone, menslike belewenisse, wat ek van Hom gesien het, op te skryf nie. Hiermee kan hierdie beskrywing van Sy jeug as `n afgeslote geheel beskou word.

[3] Maar behalwe hierdie aantekeninge van my bestaan daar nog baie foutiewe verhale, wat waarskynlik die werk van ou vissersvroue was wat niks te doen gehad het nie; daarom vra ek aan almal om slegs my aantekeninge as die enigste ware en voltooide een te beskou. As ek U, verhewe meester, daarmee `n genoeë kan aandoen, versoek ek dat U die geringe werk as `n klein erkentlikheid van my in barmhartigheid aanvaar vir die talle weldade wat U ons bewys het!"

[4] Met baie genoeë neem Cyrenius die rol, kyk `n oomblik daarin en lees dit hardop vir die ander en dit verskaf aan almal baie genot. Veral die bekoorlike Sarah en haar moeder beleef daaruit besonder baie plesier.

[5] Sarah word telkens tot trane toe bewoë en sê uiteindelik heelwat opgewonde: "Wat is daar nou nog meer vir ons nodig om Hom te aanvaar, wat ek al sedert my eerste genesing verstaan het?! God! Sulke dade, sulke tekens - en nog geen geloof, geen begrip, geen erkenning van dit wat waaragtig goddelik is nie?! Heer, ek as arme, swakke sondares voor U, vra U: Doen hier geen tekens meer nie! Want die volk van Násaret is, met enkele uitsondering na, nie werd om op gespuug te word nie, laat staan nog dat U heilige woorde en dade hulle waardig sou wees! Ek sê openlik dat ek die volk, as ek die mag daartoe sou gehad het, so lank sou laat vas, hongerly en gésel totdat hulle tot inkeer sou kom en sou erken het hoe baie hulle gesondig het deur nie hierdie heilige tyd van beproewing en groot barmhartigheid as sodanig te herken nie!"

[6] Ek sê vir Sarah: "Liefste Sarah, vererg jou nie oor die dommes en die blindes nie! Ek ken hulle en hul ongeloof, en soos wat jy wens sal Ek vanweë hulle ongeloof weinig of heeltemal geen tekens meer doen nie. (Matthéüs. 13:58). En jy, skrywer Matthéüs, noteer dat Ek vanweë die ongeloof hier in My eie geboorteplek nog min tekens gaan doen. Selfs in die laaste tye sal die hele wêreld daardeur weet watter harde en ongelowige kalante hierdie burgers van Násaret in My tyd was! Maar ons sal ons tog `n paar dae hier ophou en ons deur die inwoners as gebrandmerkte leeglopers goed laat versorg! Want omdat hulle hulle vererg, moet hulle hulleself sodanig vererg dat hulle gouer ryp kan word vir die satan en sy vervloekte ryk!"

[7] Cyrenius sê: "Dit spyt my in die besonder dat ek deur my talle regeringsake nie langer as hoogstens `n dag hier kan bly nie; maar as ek, o Heer, op die een of ander manier iets vir U kan doen met hierdie baie ongelowige volk, sê dit maar en ek sal dit dadelik doen! As U dit wil, laat ek dadelik die hele stad gésel!"

[8] Ek sê: "Laat ons nie meer daaroor praat nie! Hulle is reeds voldoende gegésel en gestraf omdat hulle nie in My geglo het nie; want hul ongeloof sal eendag hul onverbiddelike regters wees, waarvan hulle van die duisendmaal nie eenmaal sal kan weerstaan nie! Waarlik, Ek sê vir julle, eerder en makliker sal alle hoere, egbrekers en diewe die Ryk van God binnegaan as hierdie ongelowige bokke en lomperds! O, Ek sê dit vir jou, omdat Ek dit maar al te goed weet: Hierdie bokke en lomperds is nie so ongelowig soos wat hulle daaruit sien nie; hulle wil maar net nie glo nie, sodat hulle vry kan wees om nog verder te kan sondig! Want as hulle My leer vanweë die tekens sou aanneem, dan kry hulle ook `n gewete, wat hulle sou verhinder in hul slegte doen en late. Daarom glo hulle maar liewer niks nie en redeneer hulle elkeen die voor die hand liggende waarheid uit die hart uit, sodat hulle tog maar onbelemmerd kan doen wat hulle slegte begeertes hulle influister. Vriend, daar sou nog baie meer te sê wees, maar hieroor kan mens liewer swyg! Daarom laat ons hulle soos wat hulle is, want wat eenmaal van die duiwel is, is op die gewone manier heel moeilik om goddelik te maak!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205