Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

God se Wet maak mense uit mense­masjiene

27 Ek sê vir jou: "Gedurende die tyd dat die Judese volk regeer is deur rigters, wat slegs die wette van God gehandhaaf het, het dit hulle ook aan die lewe gehou en hulle laat handel en wandel, op `n paar merkwaardige gewoontes na, volledig binne God se orde. Maar toe daar later `n geleentheid kom om die glans van die konings van die heidene te sien, hoe dié in groot, pragtige paleise gewoon het, en hoe die volke vir hulle tot in die stof gebuig het, beveel die blinde sotte uit die Judese volk wel, en eis hulle, omdat hulle hulleself as die magtigste volk op die aarde beskou het, van God ook `n koning. Maar God wou nie dadelik aan die dom eis van die volk voldoen nie en waarsku daarteen en toon aan hulle al die kwade gevolge wat hulle onder `n koning te wagte sou wees! God se profete predik egter vir dowemansore; dit help niks, die volk wou tot elke prys `n koning hê!

[2] En God gee aan die volk vir Saul as eerste koning en laat hom salf deur die ou troue kneg Samuel. Vanaf die oomblik dat die volk `n koning gekry het, word daar dadelik swaar, drukkende wette aan hulle opgelê en sak hulle steeds meer af - tot op die teenswoordige toestand van uiterste verdorwenheid.

[3] Wat is nou belangrik hieruit? - Wel, dit kan gesien word dat die ondeugdelike wette wat van die mens self afkomstig is, waar hulle geen kennis gehad het van hul eie aard en nog minder van die aard van hul medemense nie, en met hul onbeholpe en slegs op die spesifieke eiebelang gerigte wette, het hulle die innerlike sielelewe geheel en al ten gronde geoordeel!

[4] Oordeel nou self, en dink goed daaroor na: Gestel dat daar êrens `n meganiese kunswerk sou bestaan, waar dit gedurende `n lang tyd goed gewerk het en beantwoord het aan die wil van die meester, maar uiteindelik tog gaan staan, omdat dit of dat, of een of ander onderdeel gebreek het. En gestel dat daar dan `n opgeblase en verwaande mens sou kom wat aan die eienaar van die masjien sou sê: 'Gee die kunswerk maar aan my, ek sal dit herstel!', en die eienaar sou dit doen met die veronderstelling dat die grootprater kundig is in sulke dinge - wat sal daar dan, as die leek met sy baie ondeskundige hande aan die kunswerk peuter, binne `n kort tydjie met die masjien gebeur? Sou hierdie geheel en al van alle kennis van meganika gespeende leek slegs daarop uit wees om die blinde eienaar van die masjien van `n paar goudstukke te ontrafel, nie die masjien meer skaad as van nut wees nie? Of sal hy uiteindelik nie die hele masjien so verwoes dat selfs die werklike meester, die bouer van die masjien, hierdie masjien nouliks weer sal kan herstel nie?

[5] As daar by `n eenvoudige, growwe masjien, met sigbare onderdele, wat maklik getel, oorsien, saamgestel kan word, en met die hande aangeraak kan word, dit nou sondermeer kan gebeur wanneer `n dom leek dit wil herstel, hoeveel te meer sal die mens dan bederf word as `n onkundige en dom, selfsugtige wetgewer hom deur growwe en ondoelmatige wette wil probeer verbeter! Die mens is tog in al sy dele `n baie wyse en kunstig gevormde lewensmasjien, waarvan slegs God al die kennis het van die onderlinge samewerking van al die dele; terwyl die wetgewer nie eers die geringste kennis besit om eers vir `n duisendste deel te besef wat alles nodig is om slegs `n haar op die hoof van `n mens te laat groei nie!

[6] Beste vriend Cyrenius, los daarom jou voorgestelde honderd voorskrifte maar liewer tuis; want daarmee sou jy niemand werklik verbeter nie! Gebruik in stede daarvan God se voorskrifte en bekragtig hulle; deur dit in ag te neem sal jy van die mense­masjiene werklike mense maak.

[7] En wanneer die mense so geword het, kan jy hulle die behoeftes van die staat voorlê, en dan sal hulle as ware mense vrywillig meer doen as wat geknelde slawe deur harde growwe wette ooit sou kon doen.

[8] Ek sê vir jou: Slegs dit wat `n mens uit vrye wil volgens sy vrye - en daardeur goeie insig wil doen, is werklik gedoen en bring op die een of ander wyse voordeel; maar elke gedwonge werk en elke gedwonge handeling is geen stater(sikkel) werd nie. Want alles wat gedwonge is, gaan altyd met toorn en wraak teen die gebieder gepaard, en dit het vanaf die ewigheid af aan geen enkele werk enige seën gegee nie.

[9] As jy, beste Cyrenius, grondig oor hierdie woorde van My sal nadink, sal dit vir jou volkome duidelik word dat Ek slegs die volle waarheid gepraat het!"

[10] Cyrenius sê: "Edele, goddelike Vriend, ek hoef egter nie diep daaroor na te dink nie; want U woorde is so helder en waaragtig soos die son op `n wolkelose middag, en ek sal doen wat U my aangeraai het. Die Mosaïese wet sal ek opnuut bekragtig en die volk sal weet dat ek hulle sal aanspoor om daarvolgens te handel! Edele Vriend, as U dit goedvind, sou ek met U geheime geestelike hulp die welbekende Mosaïese wet ook by die Grieke wil laat verkondig, sodat hulle dit streng in ag sal neem! Polities gesien is daar alle rede daarvoor, want dit is bekend dat daar steeds wrywing tussen die Judeërs en die Grieke is, wat veral ontstaan op grond van die verskillende gelowe in God en die eweneens verskillende kennis oor Hom. Die Judeërs hou hoog en laag aan hul opvattinge vas; die Grieke daarenteen kan baie beter redeneer as die Judeërs en gee aan die trae Judeërs met hul gladde praatjies sodanige las dat hulle op duisend vrae nie één antwoord kan gee nie. Daardeur volg daar dikwels bloedige botsings tussen beide partye, wat tog sekerlik geen wenslike gevolg is van die bestaande verskille betreffende die geloof en die wet van God nie?

[11] Maar as ek ook aan die Grieke die Judese wet gee om streng nagevolg te word, en soos gesê, dat dit ook om politieke redes deur die staat bekragtig sal word, dan sal die wrywing, wat vir my altyd uiters onaangenaam is, beslis wyk. Heer en Majesteit, het ek gelyk as ek dit doen? En as ek dit doen, sê my dan eers in U ondeurgrondelike wysheid hoe ek die saak moet aanpak om die beoogde doel te bereik!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205