Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die seën van die vrye wil

29 "Daarom is dit weliswaar goed en tereg om sondaars te bestraf as hulle te veel afwyk van die orde wat die God Self ingestel het ten behoewe van `n vasstaande voleinding, wat in so kort moontlike tyd sal kan plaasvind; maar niemand moet met ysere dwang afgehou word van die moontlikheid tot sonde nie. Want voorwaar, Ek sê vir jou: Één sondaar, wat uit homself boete doen, is vir My beter as nege-en-negentig wat volgens die wet regverdig is en die boetedoening nooit nodig gehad het nie; die een is `n volledige mens, die ander is maar die helfte!

[2] Daarmee wil Ek natuurlik nie sê dat Ek `n sondaar liewer het as `n regverdige nie, as die sondaar byvoorbeeld altyd `n sondaar bly - want om in die sonde te volhard beteken: ook `n dier word, wat slegs nog vanweë `n verkeerde instinkmatige motivering `n morsige bestaan lei -; maar hier is daar sprake van `n sondaar wat uit homself erken dat hy ten onregte teen die voorskrifte gehandel het, en hom op die basis van die gekonstateerde orde van God `n nuwe doel gestel het en `n mens geword het wat alle lewenslesse geleer het.

[3] So `n gees sal eenmaal in My ryk tot onnoemlike groter dinge in staat wees as een wat altyd uit slaafse vrees nooit `n haarbreedte van die wet afgewyk het en hom deur so `n deur vrees ingegewe, gedwonge inagneming van die wet, laat afsak het tot die toestand van `n willose masjien en sy lewe liggaamlik en geestelik daarvolgens ingestel het.

[4] Neem `n klip en gooi hom omhoog! Al gou sal hy volgens die wette, wat beide vir hom en die hele aarde geld, so vinnig as moontlik na die aarde terugval. Moet jy die klip dan prys omdat hy hom so presies volgens die wet gedra het? Jy kan op aarde weliswaar al die moontlike doen met `n klip, maar sodra jy die klip in die vrye ruimte bring buite alle invloede, sal hy uit homself nooit sy doodse rus verlaat nie!

[5] Daarom moet jy ook geen mense deur dwingende wette tot klippe maak nie, maar jy moet hulle slegs vorm as hulle vry is - dan het jy volgens die hele goddelike ordening gehandel.

[6] Kyk, as die maghebbers op aarde, enkeles uitgesonder, nie so traag was nie, dan sou hulle met `n klein bietjie opmerksaamheid ontdek het dat die mens, sodra hy enige graad van ontwikkeling bereik het, nooit meer tevrede is met dierlike eenvormigheid nie. Hy bou nie meer vir hom `n hut as woning uit rys, strooi en gebreide leem nie, maar hy neem klippe en maak uit leem bakstene, bou daarmee `n sterk huis met ringmure en bou sterk torings daarby waarop hy vanaf die borswering in die verre omtrek kan sien of `n vyand sy huis nader!

[7] En op dié manier bou duisend beskaafde mense sonder twyfel duisend huise wat almal verskillend is - in vorm sowel as in inhoud. As jy daarenteen die neste van die voëls en die lêplekke van die diere bekyk, sal jy daar nêrens verskille ontdek nie! Kyk na die neste van die swaeltjies, van die muis, kyk na die web van die spinnekop, die sel van die by en duisend ander van diere afkomstige produkte en maaksels en jy sal nooit `n verbetering en ook nooit `n verslegting daaraan ontdek nie. Kyk egter na die maaksels van die mens: wat in `n byna oneindige variasie te vind is! En tog is dit steeds dieselfde mens wat dit dikwels met baie moeite tot stand gebring het!

[8] Daaruit blyk dit tog heel duidelik dat God, wat deur Hom aan die mens `n gelyke gees gegee het, die mense helaas nie geskape het om diere te word nie, maar om volledig vry aan God gelyk te word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205