Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die korrekte gebruik van wonder- en geneeskrag

3 Kisjonah kom vinnig nader, groet ons almal liefdevol en vriendelik en sê vervolgens: "Oneindig geliefde Vriend Jesus! - So noem ek U slegs as ek U aanspreek; want U weet Wat en Wie U in my hart is. - Slegs aan U het ek alles te danke! Ek het slegs `n geringe totale bedrag van vyfduisend pond van die arm bewoners van Kana in die skuldboek met baie genoeë doodgetrek, en U het my daarvoor vyftigduisend pond teruggegee, die geskatte waarde van die ander kosbaarhede nie ingereken nie, wat dit miskien dubbel werd maak! Ek beloof U egter by my matelose liefde vir U, dat ek dit alles ten goede aan die armes en verdruktes sal laat toekom, en so sal die duiwelsdrek dan uiteindelik tog nog goud vir God se hemele word!

[2] Ek sal die goud en silwer nie regstreeks aan die mense gee nie, want dan sal dit regtig `n vergiftiging vir die swak aardse menseharte wees; maar ek sal onderdak en besit aan die dak- en besitloses gee, met daarby belastingvrye grond en vee, brood en kleding. Aan elkeen wat ek hiermee geseënd sal maak, sal U woord gepredik word en U Naam sal aan hulle bekendgemaak word sodat hulle duidelik sal weet aan wie hulle alles te danke het, en dat ek slegs `n slegte en trae dienaar is! - O Heer, sterk my steeds sodat ek U in U Naam kan dien! As ek ooit die begeerte sou hê om ook maar één sintuig na die wêreld te rig, laat al my kragte dan swak word, sodat ek sal merk dat ek `n swak mens is en niks uit eie krag kan volbring nie!"

[3] Maar dan lê Ek My hand op sy hart en sê aan hom: "Vriend en broer! Bewaar My daar binne-in jou, dan sal jy nooit aan krag tekort skiet om edele werke uit te voer nie! Ja, in die lewende geloof en in die volle en suiwere liefde tot My en met die wil om in My Naam aan die mense goed te doen, sal jy die elemente gebied, en hulle sal jou gehoorsaam! Jou geroep sal nie onverstaanbaar wees vir die winde nie, en die see sal jou wil herken. En aan `n berg sal jy kan sê: "Verhef jou en laat jou in die see val!" en dit sal gebeur soos wat jy beveel het.

[4] As iemand egter, om te kan glo, `n teken van jou verlang, gee dit dan nie. Want wie die waarheid as die waarheid self nie wil erken nie, en dit geen voldoende teken vir hom is nie, vir hom is dit beter dat hy blind bly. As hy deur `n teken gedwing word om die waarheid te aanvaar, en dan die leer nie volg nie, beteken hierdie teken `n dubbele oordeel vir hom. Ten eerste is hy deur die teken gedwing om die waarheid as die waarheid te aanvaar - of hy dit in sy blindheid nou sien of nie - en ten tweede moet hy volgens die goddelike ordening innerlik duidelik in `n swaarder strafgerig val as hy nie handel volgens die waarheid wat deur `n teken opgedring is nie, of hy die waarheid nou volledig as waarheid erken al dan nie. Want die gebeur van die teken kan hy nie ontken nie, en dit is reeds voldoende; die begrip of die onbegrip is vir niemand `n regverdiging nie.

[5] Want as iemand ter bevestiging van die gehoorde waarheid `n teken begeer en sê: ‘U verhaal oortuig my weliswaar nie van die waarheid nie, maar as gevolg van die bypassende uitlegteken wat as bewys daarvan gelewer word, wil ek die leer as volle waarheid aanneem!’ Wel, dan kan die vraer, as hy vervolgens `n teken gekry het, nie weer daarmee omheen gaan om die waarheid van die leer nie aan te neem nie, of hy dit nou heeltemal erken al dan nie, want die teken staan daar as `n vaste bewys vir hom.

[6] Maar omdat sy blindheid hom nie toelaat om die totale waarheid te verstaan nie, en hy na sy opvatting met die navolg van die waarheidsleer in te groot lewensmoeilikhede waaraan hy nie gewoond is nie, sou kom, dink hy by homself: ‘Daar sal wel iets waars in wees, want anders was die teken nie moontlik gewees nie, maar die besonderhede daarvan ontgaan my. En handel ek volgens hierdie leer, dan beteken dit `n ontsettende selfverloëning vir my. Daarom doen ek dit liewer nie en bly ek by my ou lewenswyse, waar weliswaar geen buitengewone tekens teenwoordig is nie, maar wat desondanks tog baie aangenaam is!’

[7] Kyk, daarin lê nou juis die strafgerig wat die verlanger van die teken oor homself gebring het deur die geproduseerde teken wat op sy versoek gedoen is, wat hom die onomstootlike bewys gegee het waarteen hy niks kan inbring nie. Omdat hy daarna tog voortgaan met sy verkeerde lewenswyse, word hy dus `n bestryder van die Ewige Waarheid, wat hy dan ook feitelik heel kragtig verwerp, ondanks die feit dat hy nooit die onvernietigbare teken wat aan hom as bewys van die waarheid gegee is, tot in ewigheid ooit uit die weg kan ruim asof dit nie behoort tot die waarheid wat aan hom geopenbaar is nie. Daarom is dit ook baie beter om van woorde gebruik te maak, as om vir die bewys van die waarheid `n teken te gee.

[8] Maar tot nut en voordeel van die mense wat geen tekens vra nie, kan jy in stilte tekens doen soveel as wat jy wil, en dit sal niemand tot sonde verlei en nog minder `n oordeel vir hulle wees nie. As jy egter vóóraf tekens ten bate van die mense gedoen het, dan mag jy vervolgens aan die betreffende mense ook wel `n leer gee as hulle dit verlang. Verlang hulle dit egter nie, gee hulle dan slegs `n ernstige waarskuwing teen die sonde. Maar gee geen verdere lering nie; anders sien diegene wat geholpe is, jou aan vir `n magiese dokter en bring die teken hulle in `n verdere oordeel.

[9] Almal wat mag gegee word om in die geval van nood tekens te doen, moet hierdie raad van My getrou navolg as hulle werklik die goeie tot stand wil bring.

[10] Bo alles moet elkeen homself verhoed om in `n opwelling, of met ergernis `n teken te gee! Want elke teken kan en mag slegs op grond van suiwere en ware liefde en deemoed gegee word; As dit egter met toorn of ergernis tot stand sou kom, wat ook wel moontlik is, dan het die hel al `n aandeel daarin, en so `n teken bring dan nie net geen seën nie, maar ook `n vloek.

[11] Omdat Ek julle almal egter al meermale geleer het dat julle selfs diegene nog moet seën wat julle vervloek, hoeveel te meer moet julle dan in die gees nie `n vloek laat opwel vir die blindes wat julle sonder vloek tegemoetkom nie, maar waarvan slegs die harte blind is!

[12] Bedink dit dus goed en handel ook daarvolgens, dan sal julle seën orals vergroot, al is dit dan nie altyd geestelik nie, dan tog liggaamlik, soos wat Ek dit Self gedoen het en nog altyd sal doen. Want dikwels het `n suiwer liggaamlike weldaad by `n ongelukkige meer invloed op sy hart en sy gees as honderd van die beste sedelesse. Daarom moet mens ook by die uitbreiding van die evangelie eerstens deur middel van liggaamlike weldade die weg na die hart van die ongelukkiges baan, en kort daarna aan die gesonde siele die evangelie predik. `n Mens moet egter nie die prediking vooraf laat gaan, en daarna die ongelukkige toehoorders met `n teken in `n duidelike oordeel, dus in `n nog groter ellende, stort as wat hul eerste liggaamlike ellende was nie.

[13] As jy na `n sieke geroep word, lê hom eers vóór die prediking die hande op, sodat hy beter kan word. As hy jou vra: ‘Vriend, hoe kon jy dit doen?’ sê dan: ‘Deur die lewende geloof in die Naam van Die Een wat deur God uit die hemel gestuur is om alle mense werklik salig te maak!’ - As hy vervolgens die Naam wil weet, gee hom dan, na gelang van die grootte van sy begripsvermoë, soveel inleiding in die leer dat hy die moontlikheid van so `n verskynsel begin insien.

[14] As hy sover gekom het, vertel hom dan met mate steeds meer en meer. Vind jy na sulke gesprekke dat die hart van die luisteraar steeds lewendiger word, gee hom dan uiteindelik alles, en hy sal dit verseker aanvaar en elke woord van jou glo. As jy hom egter op één keer te veel gee, sal dit hom terneerdruk en sy sintuie verwar, en sal hy jou nog baie werk besorg.

[15] Soos wat `n mens egter aan pasgebore kinders nie direk die voedsel van `n volwasse man gee dat hulle sou sterf nie, so mag `n mens nog baie minder dadelik aan `n geestelike kind die voedsel van `n geestelik volwassene gee. `n Mens moet sulke kinders heel passende geestelike voedsel gee, anders word hulle gedood, en dan is dit buitengewoon moeilik om hulle weer geestelik tot die lewe te bring. - Het julle dit almal nou goed verstaan?"

[16] Almal antwoord met `n ontroerde hart: "Ja, Heer, dit is vir ons nou so duidelik soos die son op die helderste middaguur, en ons sal dit baie getrou navolg!"

[17] Ek sê: "Goed, dan gaan ons nou na die grot waarin die fariseërs hul skatte verberg het; want in die grot is nog `n grot en dit wil ons ondersoek. Maar neem voldoende fakkels saam en ook wyn en brood; want ons sal daar baie hongerige wesens aantref."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205