Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Samehang tussen straf en opvoeding

30 Sou `n mens (die mens), sonder onderskeid van geslag, velkleur en aardse belangrikheid, deur God geskape wees vir hierdie allerhoogste roeping - wat jy nou wel volkome duidelik sal sien - kan sy geestelike nooit gedwing word tot iets anders waarvoor God hom bestem het nie. Elke voorskrif moet sonder dwang wees en slegs vir die aanwysbare kwaadwillige teenstanders van die vrye voorskrif moet daar `n deugdelike, altyd op die vrywillige verbetering van die mens gerigte straf gegee word. Hierdie straf moet egter altyd so wees dat dit nie as `n willekeurige nie, maar as `n noodsaaklike gevolg van die nie-opgevolgde ordevoorskrif ondervind word. Dan sal die menslike gees daardeur begin om selfstandig te dink, en die gegewe voorskrif gou-gou tot sy eie maak en daarvolgens handel. Die willekeurige vasgestelde straf vir `n vergryp sal die menslike gemoed altyd verhard en verbitter en van die mens `n duiwel maak, wat weens wraaklus nie uitgedoof sal word totdat hy hom, hetsy nog in hierdie, maar heel seker in die ander wêreld op die ergste manier sal wreek nie - wat hom toegestaan moet word, omdat hy andersins in die hel van sy eie hart tot in die ewigheid nie sou kon verbeter nie!

[2] Die wetgewer en uitvoerder van die straf moet nooit vergeet dat die gees van die mens, hetsy goed of kwaad, nie gedood kan word nie, maar bly lewe! Solank hy nog sigbaar op die aarde rondwandel kan jy jou nog teen hom verweer en hom verjaag as hy jou agtervolg. Maar as hy eenmaal uit die liggaam is, kan hy jou op duisend maniere benader om jou op enige oomblik kwaad aan te doen, sonder dat jy hom kan sien of waarneem - vertel dan eers met watter wapens jy hom dan te lyf sal gaan?

[3] Neem maar van My aan dat die groot onheil wat jou totaal sou vermorsel het as Ek jou nie gehelp het nie, slegs maar te wyte is aan die geeste wat deur jou dikwels te streng handhawing van die Romeinse staatswette, onversoenlike vyande van jou geword het! Neem daarom hierdie uitgebreide les van My goed ter harte, dan sal jy daardeur self `n bekwame werker in God se wingerd word, want dit ontbreek jou nóg aan mag, nóg aan middele of aan `n standvastige goeie wil. Wat jy ontbreek het, het jy nou van My gekry. Pas dit getrou toe, dan sal seënryke vrugte jou werk sekerlik bekroon!"

[4] Cyrenius sê, diep ontroerd deur die praktiese wysheid van die les wat Ek hom gegee het: "O heilige, eerste en grootste Vriend, Heer en God van my hart! Nou is dit eers vir my heeltemal duidelik, en ek herinner my tans duisend en nogmaals duisende ervaringe uit my lewe. Ek besef nou pas dat ek self, ondanks my eerlike en goeie wil, baie meer en erger teen die orde van God gesondig het as almal, wat ek helaas volgens die skerpte van die wet, laat teregstel het. Wie sal nou my groot sonde by U, Heer, ooit kan goedmaak?"

[5] Ek sê: "Vriend, moenie daaroor bedruk wees nie! By God is niks onmoontlik nie, en Ek het vir jou alles lankal goedgemaak - anders sou jy nie by My gewees het nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205