Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Roban die soeker

36 In die môre kom Roban tog na My huis toe en vra of hy My maar kon spreek.

[2] Ek sê egter aan hom: "Wat u My wil sê, dit weet Ek; maar wat Ek u te sê het, dit weet u nie, luister u dus na My."

[3] Roban sê: "As U wil praat, praat dan en ek sal na U luister!"

[4] Ek sê: "U het gister `n Psalm voorgelees; dit was Psalm 37. Hierdie Psalm het vir u sowel as u kollegas sterk aangespreek, en daardeur is u die een wat gaan besin het, en het u uself afgevra of u My links moes laat lê en of u `n leerling van My moes word. U het u gesamentlik uitgespreek oor die afsydigheid! Vannag dink u egter self daaroor na of u nie `n leerling van My moes word nie, en u het nou gekom om dit vir My te vra.

[5] Ek sê egter nie ja of nee nie, maar as u wil bly, bly dan; as u wil gaan, gaan dan! Want sien u, Ek het genoeg leerlinge! Daar is baie kamers hier in My huis, en almal is vol leerlinge. Buite in die ope lug sien u tente opgeslaan; daar woon My leerlinge. Daar, naas die klein vertrek, is die groot werks- en eetkamer; die hoë menere uit Rome slaap nou nog daar omdat dit nog vroeg is, en ook hulle is leerlinge van My. In `n klein vertrek daarnaas loseer owerste Jaïrus met sy vrou en dogter, wat Ek twee maal uit die dood opgewek het; en ook hy is My leerling. As sulke mense leerlinge van My is, kan u ook `n leerling van My word; maar soos wat U ook kan sien, kan Ek nie op u wag nie! As u wil, bly dan; as u nie wil nie, gaan dan! Want die twee weë staan oop voor u."

[6] Roban sê: "Heer, ek bly - en dit is dalk moontlik dat daar nog meer van my kollegas sal kom en bly, net soos ek! Want ek begin nou te verstaan dat daar agter U meer moet wees as slegs die geheime toorkuns van `n towenaar uit die Môreland! U is `n gesalfde profeet van God op U eie manier soos wat daar vóór U nog nooit een was nie, en daarom bly ek!

[7] Weliswaar staan daar geskryf dat daar uit Galiléa nooit `n profeet sal voortkom nie; maar daarmee hou ek my nou nie meer op nie, want by my geld die sigbare daad meer as die raaiselagtige woord van die Skrif, wat niemand na waarheid kan skat nie. Bowendien is U volgens my wete nie eers in Galiléa gebore nie, maar in Bethlehem, en dus kan U uit die oogpunt van geboorte gesien, wel `n profeet wees! Ek voel my baie tot U aangetrokke en U nabyheid doen my goed, daarom bly ek. Ek het weliswaar geen groot vermoë nie, maar wat ek het, is vir ons almal voldoende om dertig jaar van te lewe! As U leergeld vra, staan my halwe vermoë U tot diens!"

[8] Ek sê: "Gaan na My leerlinge en vra hulle hoeveel hulle My betaal vir lering en kos, en betaal dit dan ook!"

[9] Roban vra dit dadelik aan `n aantal van die aanwesige leerlinge. Maar dié sê: "Ons heilige Heer het nog nooit eers `n oortjie van ons gevra nie, hoewel ons almal steeds heeltemal deur Hom versorg word. Hy sal van u sekerlik nie meer verlang as wat Hy van ons verlang nie! Geloof en liefde is al wat Hy vra."

[10] Roban vra verder: "Kan julle dan ook al enige besondere, vir die menslike verstand, onbegryplike, dinge doen? En indien ja, verstaan julle dan ook hoe dit moontlik is?

[11] Petrus sê: "As dit nodig is, kan ons ook, deur die krag van die Heer in ons, sulke dade verrig en ons verstaan ook presies hoe dit sonder meer moeiteloos kan plaasvind. As u `n egte leerling van Hom wil wees, sal ook u sulke dinge kan doen en sal tewens goed verstaan wat u doen! Want hier is die liefde die wet en die wysheid voer haar uit!"

[12] Roban vra nog verder en sê: "Maar het jy al ooit opgemerk dat die satan dalk heel onmerkbaar by sulke buitengewone dade saamwerk!?"

[13] Petrus sê: "Waarom vra u arme, blinde mens tog so `n slegte ding! Hoe kan satan nou saamwerk aan sake waarin alle hemele die hoogste en magtigste invloed het!? Ek en ons almal het die hemele geopen gesien, en die engele van God in tallose skares na die aarde gesien neerdaal; en ons het gesien dat hulle Hom en ons almal dien - as dit so is, hoe kan die satan dan deel daaraan hê!?

[14] Maar as u dit nie van my wil glo nie, gaan dan na Sigar en vra inligting daar by die opperpriester JonaEl en by die groot handelaar Jaïrus, wat tans buite Sigar in die bekende kasteel van Esau woon! Hierdie vriende van ons sal u die waarheid vertel wie Hy is, by wie ons die onverdiende, hoogste barmhartigheid ondervind om ook Sy leerlinge te mag wees! Sowel by JonaEl as by Jaïrus sal u nog dienende engele in `n skynbare liggaamlike gedaante aantref."

[15] Toe Roban dit hoor, kom hy heel eerbiedig na My toe en vra My of Ek iets daarteen sou hê as hy `n reis na Sigar sou maak.

[16] Ek sê: "Gladnie! Gaan en win oor alles inligting in; en as u weer hierheen sal kom, stel u broers en kollegas dan op hoogte van alles wat u gehoor en gesien het! Kom dan terug as u hierdie opdrag met goeie gevolge uitgevoer het en volg My! Want u sal wel te wete kom waar Ek op daardie oomblik sal wees! As u egter deur Sibarah, die eerste tolplek hiervandaan, en dan deur Kis en Kana in Samaria gaan, en mense u sal vra waarheen en in wie se naam u hierdie reis maak, noem dan My Naam, dan sal mense u orals vry laat deurtrek. Maar moenie in die gewaad van `n oudste van die fariseërs gaan nie. Want daarmee sal u nie ver kom nie; trek daarenteen heel eenvoudige burgerlike klere aan, dan sal die mense in Samaria hulle ook nie teen u verset nie."

[17] Toe Roban dit hoor, gaan hy dadelik op weg om Hom wat hy nou tuis so digby hom gehad het, in die vreemde te soek en te vind.

[18] Maar daar is altyd mense en geeste wat steeds meen dat `n mens in die vreemde meer sal kan sien, ervaar en leer, as tuis; en tog skyn één en dieselfde son orals. Ja, in die vreemde kan mens wel ander streke, ander mense en ander sedes en tale leer ken; maar of die hart daarby iets gaan wen, is `n ander saak!

[19] Wie slegs uit pure nuuskierigheid na die vreemde wil gaan om homself daar beter te vermaak en te verstrooi, hy sal vir die ontwikkeling van sy hart min verwerf; maar laat hy, wat na die vreemde wil gaan om die mense daar van nut te wees, en wat aan hulle `n nuwe lig bring, rondtrek en werksaam wees, en die reis sal baie wins vir hom oplewer!

[20] Elke profeet bereik in die vreemde meer as tuis op eie bodem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205