Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die wese van die ware liefde

41 Die baie mooie en minlike Sarah sê: "Ja, nou is dit vir my al heelwat duideliker; maar dan het alle dogters van Eva (mense: vertaler) dieselfde reg op U as ek!?"

[2] Ek sê: "Natuurlik, as hulle so is soos wat jy nou is; maar as hulle nie so is nie, dan kan hulle wel diensmaagde, of ook bruide, maar egter nie vroue van My word nie. Dawid, die oervader van My liggaam, het tog ook baie vroue gehad en was `n man na die hart van God; waarom sou Ek nie die vryheid kon hê om baie vroue te hê nie, terwyl Ek tog meer is as Dawid? En Ek sê jou nog daarby dat Ek in staat is om soveel vroue geluksalig te onderhou as wat daar sandkorrels in die see is en grassprietjies op die aarde, en dat elkeen van hulle so versorg sal wees dat hulle nooit één wens sou hê wat nie volkome uitgevoer sal word nie. As dit nou so is, sal dit jou dan hinder as Ek vir baie die geluk wil gee wat Ek in oorvloed vir jou gee?"

[3] Sarah sê: " Slegs U is die Heer en die onbegrensde Liefde en Wysheid Self, en wat U doen is wys gedoen; maar ek kan dit tog nie help dat ek so sielsbaie van U hou nie, en U daarom ondeelbaar sou wou besit nie! U moet dit maar vanuit my kinderlike hart oorsien, want sy is nog so dom in die liefde!"

[4] Ek sê: "Dit is heeltemal goed so, sê Ek jou. Wie My nie net soos jy heeltemal jaloers liefhet nie, en My nie in sy hart byna sonder mededinging wil besit nie, hy besit nog geen egte liefde vir My nie! As hy dit nie het nie, dan besit hy ook nie die volheid van die lewe nie; want in die mens is Ek die werklike lewe deur die liefde tot My in sy siel, en hierdie liefde is My Gees in elke mens.

[5] Wie dus die liefde tot My opwek, hy wek sy gees wat deur My aan hom gegee is, en omdat Ekself hierdie gees is en moet wees, omdat daar in ewigheid geen ander lewensgees buiten My bestaan nie, wek hy daardeur dus Myself in hom op en is daardeur heeltemal in die ewige lewe ingebore, en kan dan voortaan tot in ewigheid nooit sterf en nooit vernietig word nie - ook nie deur My almag nie, omdat hy een is met My. Ek kan Myself ook nie vernietig nie, omdat My oneindige bestaan van ewigheid af nooit in die non-bestaande kan verander nie. Dink daarom dus nie dat jou liefde vir My dom is nie, maar dit is juis soos wat dit moet wees! Volhard daarin, dan sal jy ewiglik geen dood voel of smaak nie!"

[6] My uitleg aan Sarah maak haar so bly dat sy My met al haar krag omhels en selfs heel innig begin te liefkoos.

[7] Sarah se moeder berispe haar daaroor en sê: "Maar my liewe Sarah, dit pas tog nie! Gaan weg, jy is nou baie onbeleef!"

[8] Sarah sê: "Wat nou, pas of nie pas nie! Dit pas ook nie om te sterf en dan lekker dood te wees nie; maar as die Heer dan kom en die dooie opwek en uit die graf trek, wat ook seker heel ongewoon is, hoe pas dit dan vir die wêreld? O moeder, om die Heer in die openbaar bo alles lief te hê, dít pas vir elke mens die beste! - Nie waar nie, Heer Jesus, het ek korrek geoordeel?!"

[9] Ek sê: "Heel korrek en volkome waar! Wie hulleself in die wêreld skaam om My openlik bo alles lief te hê, vir hulle skaam Ek My ook om hulle ten aanskoue van alle hemele lief te hê, en om hulle op die jongste dag tot die ewige lewe op te wek!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205