Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Voorstel aan Jaïrus

47 Jaïrus sê: "Heer, spreek, ek sal na U luister en doen wat U sê!"

[2] Ek sê: "Heeltemal goed. Deur dit te doen sal jy in die tydelike en in die ewige geseënd wees. Luister dus:

[3] Jy is nou `n owerste van die fariseërs en hul skole in hierdie hele omgewing van Násaret, Kapernaum en Gerasim, van Kana in Galiléa en baie ander markte, dorpe en gehuggies. Jy is daarom in Galiléa in groot aansien, en dit is nie baie minder as van die hoëpriester in Jerusalem nie. Maar kyk, al jou groot aansien kon die dood van jou dogter nie twee maal teëgehou het nie, en haar nog minder opgewek het uit die dood toe sy eenmaal gesterf het !

[4] Jy sien dat so `n vername amp bykans maar net geskik is om voor alles die hoogmoed van die hooggeplaasde nog meer te laat toeneem, en hom bewus te maak van groot luukses. Sy prestasies en hulpvaardigheid vir die mense neem daardeur egter steeds meer af, sodat hy homself daarna hulpeloos of onmagtig om te help teenoor die hulpsoekendes moet opstel; want wie iemand wat hulp dan ook nodig het, nie kan of wil help nie, is net so hulpeloos soos die hulpsoekende self.

[5] Daarom is `n vername amp, veral die een van jou, heeltemal onbelangrik. Wat sou jy daarvan sê as jy dit weer in die hande van die hoëpriester in Jerusalem teruggee, en vervolgens by jou huidige skoonseun intrek, by wie jy beslis beter en met meer respek versorg sal word as nou deur die stokblinde Jerusalem? Jy sou aan Borus die Skrifte, waarin jy heeltemal goed tuis is, gaandeweg steeds duideliker kan maak, wat vir hom baie nuttig sou wees; hy van sy kant kan jou as teenprestasie baie uit die geneeskunde leer. Dit is geen opdrag van My nie, maar dit is `n heeltemal vry blywende voorstel! As jy hierdie raad van My wil volg, dan sal jy goed doen; wil jy dit egter nie, dan begaan jy daarom nog geen sonde nie."

[6] Jaïrus sê: "Heer, hiermee loop U my mees geheime wens vooruit! Dit is nie nou van pas nie, maar dit was lankal my wens gewees om my nare amp neer te lê; maar aangesien alles nou so wonderbaarlik ten gunste van my bestaan ontwikkel het, sal ek al môre `n bode met my bedanking na Jerusalem stuur, met die versoek om die amp aan `n ander te gee! Liefhebbers van die soort amp is daar in Jerusalem altyd genoeg. Hy moet vir die verlening van so `n amp `n tienvoudige belasting aan die tempel betaal, en daarom sal die versoek vir die menere in die tempel seker baie welkom wees. Hulle sal selfs aan die een wat die een of ander hoë amp beklee, voorstel om daarvan af te sien. Sodoende kry `n nuwe liefhebber dan die geleentheid om die tempel nog `n paar honderd pond silwer en goud ryker te maak! Met die ampte word daar nou in Jerusalem `n heel winsgewende handel gedryf!"

[7] Ek sê: "O, Ek weet baie goed wat in Jerusalem aangaan! Daar kyk die mense slegs na die gewig van die silwer en die goud, en die pêrels en edelstene, maar nooit na die menslike gees nie. As jy as `n groter profeet as Moses of EliJaH na die tempel sou kom, en as sodanig sou gaan predik, dan sou mense jou maar al te gou die vervloekte klippe laat sien waarmee die meeste van die profete gestenig is; maar as jy met tienduisend pond goud sou kom, dan sou die mense jou die grootste eer bewys! Dryf maar eerder twee vet osse in die tempel in, en jy kan daarvan verseker wees dat hulle dit baie liewer sal hê as Moses en EliJaH. - Maar hou ons ons daaroor op! Die tyd is nie meer ver dat die tempeldienaars en die hele Jerusalem hul verdiende loon sal kry nie; want vir baie lank sal mens hierdie gruwels nie meer kan verdra nie. - Nou eers oor iets anders!

[8] Wat is die berig nou oor Johannes? Hou Herodes hom nog gevange?"

[9] Jaïrus sê: "Ek het niks daarvan gehoor dat hy uiteindelik weer vrygelaat sal word nie! Maar ek sal my deur die bode, wat ek môre vir die bepaalde saak na Jerusalem sal stuur, heel grondig daaroor laat inlig, as U dit goed sal vind, o Heer!"

[10] Ek sê: "Doen dit nie, want Herodes is `n sluwe jakkals en jou bode sou as Galileër wel moeilikheid kon optel. Ek sien egter tog al in die gees hoe dit vorentoe met Johannes gaan. Oormôre sal ons treurige berigte ontvang, wat niemand sal verheug nie."

[11] Toe vra Cyrenius en Cornelius My of Ek ook sou wou hê dat hulle hulle hoë ampte moes neerlê.

[12] Ek sê: "O, glad nie! Julle ampte is van `n heel ander aard en besonder noodsaaklik en baie belangrik! Oefen julle gewigtige en hoë ampte egter steeds regverdig en redelik uit, en beoordeel elkeen op gelyke wyse volgens die wet! Maar - soos wat julle reeds van My gehoor het - stel die liefde altyd bó die wet. Oordink dat die sondaar iemand is wat volledig onbekend is met die baie wette, en daarom by die minste of geringste, teen die baie uitgebreide staatswette `n vergryp begaan het. Oordink dat dit ook `n mens is wat netsoos julle bestem is vir die ewige lewe in die ryk van God! As julle steeds so julle wet sal handhaaf, dan sal julle optree soos die engele, wat God se dienaars is, net soos wat julle die keiser se dienaars is."

[13] Cyrenius sê: "Dit wil ons en dit sal ons doen! Maar nou het ons nog `n baie belangrike vraag en dit is: Ons is, soos wat aan U maar al te goed bekend is, Romeine, en daarom soos wat die mense sê, heidene. Moet ons vir die uiterlike vorm bly wat ons is, naamlik heidene, of moet ons openlik die heidendom afsweer en ons laat besny?"

[14] Ek sê: "Niks van beide nie! Want wie ookal soos julle in die hart besny is deur die geloof en die liefde tot God, het niks verder nodig nie; want dit is ruimskoots voldoende om die ewige lewe te bereik. Maar oor `n aantal jare sal My leerlinge, vervul met God se Gees, na julle toe kom en julle doop met die Gees van God, en julle sal daardeur alles kry wat julle nodig het. - Nou weet julle alles. Die aand breek aan en ons sal ons ter wille van die Judeërs, omdat dit vóórsabbat is, ietwat vroeër ter ruste begeef as op ander dae. Na die aandete sal ons dan vandag geen verdere dinge bespreek nie."

[15] Toe kom die twee engele heel eerbiedig na My toe en vra My of hulle die paar dae nog sigbaar hier in My nabyheid kon bly, want dit was vir hulle die hoogste saligheid wat hulle ooit beleef het.

[16] En Ek antwoord hardop: "Van ouds af was julle volkome vry, doen dus wat julle goeddink, maar vergeet daarby nie watter werk julle te doen het nie! Die middagson het baie versorging nodig, en julle weet hoeveel daar daarvan in die oneindige ruimte van God is!"

[17] Albei die engele sê: "Heer, daarvoor is gesorg en bly in die toekoms voor gesorg!"

[18] Ek sê: "Ja, ja, dit weet Ek, daarom mag julle ook volgens julle wens hier bly, want die minste van hierdie mense wat hier by My is, is meer as tallose middel-, by- en planetêre sonne! Maar die sonne is ter wille van die mense gemaak en moet daarom ook steeds baie sorgvuldig versorg word!" - Die engele buig heel geluksalig en gaan weer na My leerlinge toe waarmee hulle verder praat en aan hulle oor baie wêreldse sake baie belangrike inligting gee.

[19] Borus gaan nou gou die huis in en laat `n goeie en ryklike aandete voorberei.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205