Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die raad van die engele aan die tempeldienaars

54 Toe kom die twee engele na hulle toe en sê: "Giwar het van sy kant af goed gepraat en, oudste, jy het gelyk deur te sê dat die mens heeltemal vír God sou moet wees, omdat God elke halfgebaktheid verafsku! Maar ons sê vir julle as Sy getuies uit die hemele: Wees nie bang vir hulle wat julle siel nie kan doodmaak nie, maar vrees baie meer vir Hom wat Heer is oor alle lewe in die hemel en op aarde! Sonder Hom is daar geen lewe nie, nóg in die hemel nóg op aarde! Laat julle daarom deur ons, Sy waaragtige getuies uit die hemele, raad gegee word om dit te doen wat vriend Giwar julle aangeraai het."

[2] Die oudste sê: "Vriendelike jongmanne, wie is julle dan, dat julle julself teenoor ons 'getuies uit die hemele' noem?"

[3] Beide sê: "Vra dit aan Giwar, wat Festus se vrou uit Kapernaum gesien het toe sy gaan haal is, en hy sal julle sê wie ons is!"

[4] Die oudste sê: "In hierdie geval hou alle bedenkinge op, die tempel moet die rug toegekeer word!"

[5] En beide sê: "Nie op hierdie manier nie, liewe vriende, want die Heer is in alles regverdig! As julle in julle hart Hom toegedaan is, dit in julle lewe toepas, en glo dat slegs deur Hóm die Skrif vervul word en vir die grootste deel al vervul is, dan doen julle genoeg. Maar bly verder wat julle is, sodat die dienaars van die wêreld en van duiwels, waarmee die tempel volgeprop sit, nie voortydig gewek word nie! Leer die volk oor Moses en die profete, en hou julleself by die ware gebod van God. Maar weerhou julle van die wêreldse voorskrifte van die tempel asof hulle nie bestaan nie, dan sal julle daardeur net so goed Sy leerlinge wees as hulle wat Hy uit die vissers geroep en uitgekies het."

[6] Oor twee dae sal julle egter `n nuwe owerste uit Jerusalem kry, wat in die begin die tempel baie sal aanhang. Later sal daar heel goed met hom te werk gegaan word en hy sal vir geld uitsondering op uitsondering toestaan, want sy eie geloof aan die tempel is nog nie so groot soos `n sonnestoffie nie en sodoende sal julle nie baie moeite daarmee hê nie. Jaïrus is stil en gaan leef en woon by sy skoonseun in sy huis. Sê egter niks aan die nuwe owerste van al die wonderbaarlike wat hier plaasgevind het nie!"

[7] Giwar sê heel eerbiedig: "Dienaars van God uit die ryk van die Lig en die Ewige Lewe! Die raad wat julle ons volgens die barmhartigheid van die Heer gegee het, is heeltemal goed om uit te voer, maar vir myself sou ek tog iets beter wil hê! Wat dink julle daarvan as ek self, as leerling, myself geheel en al by die leerlinge sou aansluit?"

[8] En beide sê: "Elke mens op aarde is vry en kan doen wat hy wil, en glo en sê wat hy wil; maar as iemand, soos wat julle nou, uit die hemele die barmhartigheid geskenk word om raad te kry, dan doen julle goed as julle dit navolg. Die leerlinge, wat nog steeds by die Heer is, sal nog tye van groot versoeking meemaak, waarin hulle ook in die vuur geestelik staande sal moet bly, en dan sal baie swak word en afval! Julle sal dit egter makliker hê en in alle rustigheid diegene kan bereik wat die leerlinge in groot angs en onder vervolging bereik het! Giwar, jy kan nou doen wat jy wil, maar vir jou is dit beter as jy in jou pos bly."

[9] Giwar sê: "Ja, ek sal bly, maar solank die Heer nog hier sal wees, sou ek tog graag in sy omgewing verblyf wil hê en nog baie van Hom wou hoor en sien! Kan ek dit ook nie later doen nie?"

[10] En beide sê: "Ag, dit kan jy wel doen, hoewel die Heer hier nie baie sal sê en nog minder iets besonders sal doen nie, omdat die mense hier byna sonder geloof is en dink dat die Heer `n towenaar is. Maar julle sal voldoende geleentheid hê om hierdie mense bietjie vir bietjie op te voed, waarvoor die Heer julle loon nie sal terughou nie. Vandag teen die aand sal Roban ook weer na julle toe kom en belangrike getuienisse ten gunste van Jesus, die Heer lewer, en vir julle saambring en julle sal in hom `n baie verstandige en wyse leier hê, want Roban is een van die grootste geeste onder julle." - Na hierdie woorde verwyder beide die engele hulleself en voeg hulle weer by ons geselskap.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205