Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

`n Heelalsfeer* (‘Hülsenglobe’ in Duits)

57 Elkeen soek nou sy rusplek op en slaap tot laat in die oggend. Ek rus ook en slaap `n paar uur. Altwee engele was egter die nag besig met die bestuur van die wêrelde en na sonsopkoms was hulle alweer by ons, kom na My toe, bedank My en sê: "Heer, tot in alle uithoeke van die groot ‘wêreldmens’ is alles in orde. Die hoofmiddelsonne staan onwrikbaar op hul plekke en hul omwentelings is reëlmatig, die baan van die sekondêre middelsonne wyk nie af nie, die baan van die derde klas middelsonne om die tweede is ook heeltemal in orde, so ook die middelsonne van die vierde klas met hul ongeveer tienmaal honderdduisend planete en sonne - soos wat U, o Heer, dit vanaf die oerbegin bepaal het! Omdat die tallose planetêre sonne met hul klein, meestal donker, planete en mane tog afhanklik is van die stelsel van die groot leidingsonne, is in hierdie heelalsfeer wat onder ons toesig geplaas is, alles in volmaakte orde, en ons mag daarom weer `n skitterende dag hier by U deurbring, heilige Vader, en by U kinders wat vir ons so dierbaar is!"

[2] Ek sê: "Goed so, gebruik egter elke oomblik ten volle vir allerlei nuttige lesse, want My kinders het dit nog baie nodig!"

[3] Beide die engele verwyder hulleself nou baie bly en hoogs gelukkig groet hulle vir Maria en vervolgens die leerlinge, Cyrenius, Cornelius, Festus, Jaïrus, Kisjonah en Borus. Maar Cyrenius, wat iets oor die talle sonne gehoor het, vra beide die engele dadelik oor watter sonne hulle met My gepraat het, omdat hy slegs één son ken.

[4] Beide van hulle sê baie liefdevol: "Liewe vriend en broer in die Heer, begeer nie om te weet wat jy nou onmoontlik nie sal kan verstaan nie, en waarin die heil van jou siel ook nie heeltemal van afhang nie! Dit, wat ons met die Heer bespreek het, sou jou dood beteken as jy dit in die mate sou verstaan en insien soos wat ons dit verstaan en altyd moet insien. Want al die sterre wat jy tydens `n mooie nag sien en nog talle ander, wat jou oog vanweë hul groot afstand van hier af nie kan sien nie, is letterlik sonnewêrelde wat vir jou verstand van onmeetbare grootte is. Die een son wat jy sien, is een van die kleinste planetêre sonne; maar tog is hy alreeds meer as `n duisendmaal duisend keer groter as hierdie aarde. Stel jouself dan eers `n vierde klas middelson voor, waaromheen minstens tienmaal honderdduisend van sulke planetêre sonne in `n groot kring tesame met hul planete, of liglose klein aardes, soos die wat deur julle bewoon is, in hul baan trek! Die omtrek van so `n middelson alleen, is so groot soos duisendmaal die som van die omtrek van al die planetêre sonne en hul bybehorende aardes en mane. - Sê my eers, vriend, kan jy jou nou `n voorstelling van die grootte maak?"

[5] Cyrenius sê: "Lieflike dienaars van God, vertel my niks meer verder daaroor nie, want dit begin my te duisel! Wie sou dit nou ooit kon droom? En julle kon dit almal so te sê in één oomblik oorsien? Wat `n mag en diepe goddelike wysheid moet julle nie besit nie! Maar omdat ek so weetgierig is, vertel my dan tog net in die algemeen wat daar eintlik op die eindelose talle en eindelose groot sonne te vinde is!?"

[6] Beide van hulle sê: "Wat jy op aarde sien, kan jy baie meer edel en dikwels ook reusagtig baie groter op `n groot sonnewêreld vind. Mense, diere en allerlei soorte plante is daar net soos hier, daarby is daar baie groot en onbeskryflike pragtige woonhuise, waarby vergeleke met die tempel van Jerusalem en die paleis van die keiser in Rome, dit heel misrabele slakkehuisies is, en orals is hierdie Een alleen maar die Heer en die ewige voortdurende Skepper!"

[* "Heelalsfeer" (Hülsenglobe) is die naam vir die groepering van tientalle miljoene maal tientalle miljoene sonne, wat hulle as sentrale sonne van die eerste, tweede, derde en vierde klasse saam met die tallose ander planetêre sonne, soos wat ons van die aarde af kan sien, rondbeweeg. Almal is in `n groot uitgestrekte baan en beweeg om één gemeenskaplike, onmeetlike groot middelpunt, wat bestaan uit `n byna eindelose groot hoofmiddelson. - Ontelbaar baie van sulke ‘heelalsfere’, wat vir die mens ondenkbare groot afstande van mekaar verwyderd is wat die ewige oneindige ruimte vul, heet as `n geheel "Die groot wêreldmens". - Hierdie aantekening is bedoel om die oggend se mededeling van die twee engele aan Jesus, die Heer van die oneindigheid, beter te verstaan. Jakob Lorber.]


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205