Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die omgang van die aardse mens met die hemelse Vader

58 Toe hy dit hoor, word Cyrenius met groot eerbied vervul en sê: "Vriende en dienaars van JaHWeH, nou weet ek eers wie die Heer is, en wie ek is! Ek is totaal niks nie en Hy is eindeloos - alles! Ook verstaan ek nie ons menslike vermetelheid dat ons so onbekommerd met Hom kan praat asof Hy ons gelyke is nie!"

[2] Beide engele sê: "So wil Hy dit self hê, want die kinders het altyd alle reg om na hartelus met die Vader te praat! Praat daarom nie oor dom dinge en omstandighede nie, want by jou lê dit nie dat jy `n mens is nie, maar slegs by Hom, wat jou so, soos wat jy is, uit Homself geskape het en Hom daarby deur niemand laat raad gee as slegs deur Homself nie. Hoe sou Hy dan ook iets aan `n ander as slegs Homself kon vra, terwyl daar buite Hom geen enkele wese in die hele oneindigheid bestaan nie?!

[3] As jy dus met Hom praat asof jou gelyke, doen jy heeltemal goed, want God het niemand buite Homself waarmee Hy sou kon praat nie. Maar Sy skepsele, wat uit Hom voortgekom het, is so vry dat hulle nou met God kan praat en God met hulle, soos een mens met `n ander, en daarom is dit volkome korrek dat jy met Hom praat asof jou gelyke; want die skepsel is sy Skepper werd en die Skepper Sy skepsel.

[4] Elke skepsel is `n getuienis van die Almag, Wysheid en Liefde van God. Sonder Sy mag is ook die magtigste gees nie in staat om uit homself iets te skep nie; slegs God kan dit doen! Maar omdat elke skepsel `n getuienis is van Sy goddelike Almag, Wysheid en Liefde, waarom sou hy dan nie sy Skepper werd wees nie? - Verstaan jy dit?"

[5] Cyrenius sê: "O buitengewoon wyse dienaars van die Almag­tige God, hoe helder en besonne is julle baie wyse lesse nie! Ja, so is dit! Die mens hoef hom regtig nie te skaam vir wat hy is nie, want hy is die waarste meesterwerk van die Skepper, as hy volgens die wil van God wat in vryheid aanvaar is, leef. Maar as `n mens teen die wil van God handel, dan glo ek dat hy homself verknoei en nie meer voldoen aan dit wat hy in die begin was en vir ewig sal moet bly nie.

[6] So is die sonde dan `n handeling teen die oorspronklike orde van God, waardeur die mens self, as skepper van die deel wat in hom tot ontwikkeling moet kom, sy eie aan-God-gelyk-moet-word natuur verspeel en daardeur homself onwaardig maak om `n skepsel van die Ewige Almagtige Heer te wees!"

[7] Die engele sê: "Daarin het jy heeltemal gelyk ! Elke mens bly in soverre wel `n waardige meesterwerk van God, omdat hy deur sy vorm, deugdelikheid, kennis en lewende vryheid in `n sekere sin `n egte masjien is waarin die gees hom vry en lewend kan uitleef.

[8] Maar wat betref die noodsaaklike morele ontwikkeling van sy hart en sy siel wat aan homself oorgelaat is, kan hy homself egter verlaag tot `n gedrog uit die hel en juis die grootste sonde begaan, deur in homself die grootste meesterwerk van God te omvorm tot `n onwaardige knoeiwerk vir die erbarmlike God, waarop dit dan vir God self weer baie moeite en onbegryplike geduld kos om van die verknoeide werk weer `n meesterwerk te maak.

[9] Vanweë die onnoemlike groot aantal werke wat hulleself verknoei het, het die Heer Self hierdie keer in hierdie wêreld gekom om die werke vir alle tye der tye in orde te kry! Maar die werke sal hulle ook in die vervolg bly bederwe, daarom sal Hy op hierdie wêreld `n nuwe instituut vestig waarin alle bedorwe werke hulleself in orde kan bring. Maar wie uit vrye wil geen gebruik van die instituut wil maak nie, sal ewig bedorwe bly, tensy hy homself sal wil verander! Verstaan jy dit?"

[10] Cyrenius sê: "Dit verstaan ek ook heeltemal en juis daarom dink ek dat die mens die mense deur geselekteerde, maar streng wette moet aanspoor om van die instituut soveel moontlik gebruik te maak!"

[11] Die engele sê: "Dit sal wel gebeur, maar dit sal die mensdom weinig baat, want slegs dit wat die mens vry uit homself doen, baat die mens. Al die ander bring vir hom baie skade.

[12] Want as die mens deur een of ander dwang van buite af of van binne af volmaak sou kon word, dan sou ons meer as genoeg mag hê om alle mense so te bind en te dwing dat hulle onmoontlik ooit teen welke wet ookal sou kon ingaan! Maar daardeur sou ons van die mens wat in alle vryheid volledig aan-God-gelyk-moet-word slegs `n stomme, lewende masjien maak, wat homself net so min as ooit sou kon opwerk tot `n doelmatige vrye besigheid – selfs al was so `n skerp moontlike swaard van geregtigheid deur `n geoefende hand vasgehou!

[13] Daaruit kan jy al baie duidelik sien dat met dwang dit dan ook nie kan gebeur nie. Dit kan slegs gebeur deur die ware leer en vervolgens deur in vrye selfbeskikking te handel en te wandel volgens die aangehoorde leer, wat orals aan elkeen die goed verligte weg van die goddelike orde openbaar. - Verstaan jy dit ook?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205