Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die menslike leerskool

59 Cyrenius sê: "Ja, dit verstaan ek jammerlik genoeg ook, want ek sien dat daar weinig goeds uit voortkom! Waar is die mense en hoeveel is daar, wat in staat sou wees om ook maar één les in hulle op te neem en te verstaan? En hoeveel is daar dan, selfs uit die aantal wat die onderrig gevolg het, wat sodanige sterke wil het, dat hulle dit ontvang en goed verstaan en die leerstelling volledig in `n daad kan omsit? Ek wed jou alles dat daar uit ‘n duisend ingewydes, maar tien te vind sal wees wat die egte en regte wil en ook die benodigde moed besit om - veral onder fanatieke bygelowige volksmassas - die gehoorde en goed begrypte leer uit te voer! Want wat sou hulle daaraan hê om die leer van die ewige, suiwere waarheid uit te voer as hulle dan die volgende dag al deur die selfsugtige en onmenslike fanatici op die pynlikste manier gewurg word?!

[2] Julle is weliswaar oneindig wyse en magtige dienaars van die Allerhoogste, maar in dié geval sê ek as ervare staatsman: Heeltemal sonder enige dwang sal hierdie waaragtig goddelike lewensleer nooit maklik aanvaar word nie! Op die minste moet die ergste fanatieke bygeloof met die grootste moontlike onderdrukking verdrywe word, anders sou dit ewig jammer bly om haar ook maar `n dagreis van hier uit te dra!

[3] Hier glo ons natuurlik ongetwyfeld rotsvas in die suiwere, ewige waarheid, wat vir ons so ryklik geopenbaar word, maar tog is hier sprake van enige dwang. Want julle altwee, en die Heer met Sy dade, is nou juis ook nie sulke geringe dwangmiddele, waarsonder hier nie `n duisend toehoorders en volgelinge van die leer by mekaar sou wees nie. Maar as die baie opmerklike dwangmiddel nog steeds geen dooie masjiene van ons gemaak het nie, soos wat die verwering voldoende laat sien, dan sou `n uiterlike dwangmiddel die mense, wat hulle in die toekoms moet omvorm tot egte kinders van God, ook hulle baie kwaad aandoen!"

[4] Beide engele sê: "Jy het in één opsig sekerlik gelyk, en uiterlike dwangmiddele sal ook nie agterweë bly nie, maar daarnaas sal jy ook tot die oortuiging kom dat `n uiterlike dwang eintlik nog slegter is as `n onsigbare innerlike! Want satan bedien hom ook van die uiterlike dwang om die kwade bygeloof in stand te hou. As ons ons egter by die uitbreiding van die hemelse leer ook van die kwade middele van die satan bedien en op die wyse in sy voetspoor tree, dan is die vraag - Wat kan ons daarmee vir die ewige heil van die mens wen?

[5] Met vuur, swaard en baie bloedvergieting het die kwade bygeloof hom nog altyd die weg en die toegang tot die wêreld verskaf, maar as die suiwere woord van God hom nou ook op dié manier toegang sou verskaf, sou dan ooit `n mens, wat met `n bietjie gees begenadig is, dit as `n woord van vrede van God uit die hemel kon herken? Sou hy nie moet sê: 'God, is dit vir U dan nie voldoende dat die mensdom vreeslik deur die satan geplaag word en moet U, Almagtige, nou óók nog op sataniese manier die arme en swakke mense benader?'

[6] Kyk eers, liewe vriend en broer, hoe ongerymd dit sou wees as God die Heer Hom vir die uitbreiding van Sy leer onder die mense, ter wille van hul ewige heil Hom ooit van sulke middele sou wou bedien, terwyl die hel hom daarmee altyd bedien het om haar harde vrugte en voedsel by die mense in die wêreld voor te stel!

[7] Ja, eendag sal daar, jammer genoeg, tye kom waarin die mense die verontreinigde leer van Jesus die Heer, met vuur en met swaard aan die volke sal predik, maar dit sal `n groot ramp vir die mense wees! - Verstaan jy dit?"

[8] Cyrenius sê: "Dit verstaan ek tot my spyt ook en tog vra ek of sulke uiterlike rampe deur die Almagtige hemele nie voorkom kan word en waarom trouens die bose ooit eenmaal volledige toegang tot hierdie wêreld moes of mag gegee word!"

[9] En beide sê: "Liewe vriend en broer, as jy enige wysheid het, oordeel dan self of daar sonder `n téén ooit `n vóór kan wees! Waar het ooit `n mens sonder stryd `n held geword? Sou daar ooit by die mense oorlog gekom het as daar by hulle slegs maar vrome lammetjies was? Of sou jy ooit jou krag kon uitprobeer as daar geen voorwerpe was wat jou krag kon weerstaan nie? Sou daar ooit `n bo kon wees as daar geen benede was nie? Of sou jy iemand iets goeds kon aandoen as daar nooit iemand is wat hulp nodig het nie? Wat is dan `n goeie daad, as niemand daar behoefte aan het nie? Of sou jy `n alwetende ooit iets kon leer wat hy nie alreeds weet nie?

[10] Kyk, in `n wêreld waar `n mens homself moet vorm tot `n ware kind van God, moet daar aan hom ook alle moontlike goeie en kwade geleenthede ten dienste staan om die leer van God volledig te kan uitprobeer!

[11] Dit moet warm en koud wees, sodat dit die ryke geleentheid verskaf om sy arme en naakte broer van klere te voorsien. So ook moet daar armes wees, sodat die ryke hom ook in die barmhartigheid en die arme hom in die dankbaarheid kan inoefen. Eweso moet daar sterkes en swakkes wees, om die sterkes geleentheid te gee om die swakkes te ondersteun, en om die swakkes in die nederigheid van hul harte te laat erken dat hulle swak is. So moet daar in `n sekere opsig ook dommes en wyses wees, omdat die lig van die wyses anders vir niks sou wees nie!

[12] As daar geen slegtes was nie, waaraan sou die goeie dan gemeet kon word of, in hoeverre hy werklik goed was?!

[13] Kortom, in die instituut vir selfontwikkeling van mense tot vrye kinders van God moet daar vir hulle soveel moontlik vir- en teen-situasies voorkom, waardeur die kinders hulle grondig in alles kan oefen en ontwikkel, omdat hulle anders onmoontlik ware, almagtige kinders van die Allerhoogste sou kon word!

[14] Neem maar van ons aan: Solank `n mens nie by alle moontlike sake en omstandighede met sy hele mag die satan van die gevegsterrein verdrywe nie, is hy nog nie volledig `n kind van God nie! Maar hoe sou hy ooit die oorwinnaar van hierdie vyand kon word as mens alle geleentheid ontneem sou word om ook maar net met `n haar van die vyand in aanraking te kom? Ja, die ware Ryk van God kos baie stryd ter wille van die algehele vryheid van die ewige lewe, en daarom moet julle tussen hemel en hel geleentheid kry om te veg!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205