Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die dwaling van Cyrenius

66 Nou neem Cyrenius weer die woord en sê met `n baie ernstige gesig: "Heer, dit is waar dat U sekerlik die Een is waarvoor ons U al lankal beskou, en niemand van ons kan dit betwyfel nie. Maar ek moet aan U nou tog openlik beken dat ek in U sopas afgelegde verklaring oor die towenaars, wiggelaars en waarsêers heeltemal niks ontdek het van U maar al te goed bekende barmhartigheid en liefde nie! Dan lê die oorsaak tog eintlik by Uself, want U gee Self die mens raak klappe, wat baie pynlik is, maar wee dan die geslane mens as hy tydens die klappe begin om homself te bejammer! Maar of ek nou hiermee gelyk het, weet ek eintlik nie!

[2] Kyk, die mense van die aarde is baie blind en dom en daardeur ook sleg. Maar ek vra my af waar die skuld daarvan lê, en waardeur die kwaad veroorsaak word! En net soos ek, vra talle honderdduisende Romeine, wat sekerlik nie agterlik is nie, hulleself dit ook af!

[3] Dit kan tog nie aangeneem word dat U hand die mens oorspronklik sleg gemaak het nie, net soos wat geen kind al as `n duiwel in die wêreld inkom nie. As die eerste mens egter goed was, hoe word die tweede of die derde daarna dan sleg? Was dit U wil, of dié van hulle wat hul naderhand verwek het? Alles soos wat dit is, moes tog volgens U wil gebeur het! Maar as U dit so gewil het, waarom dan die ergste verdoemenis oor sulke mense, wat op die keper beskou, die arme mensdom slegs van `n sekere vertwyfeling red omdat U geen gehoor wil gee aan hul geroep nie?! Daarom vra ek U om wel regverdig, maar nie hard te wees nie, want die skepsel het geen verweer teen sy Skepper nie - hy kan slegs vra, duld, ly en twyfel!"

[4] Ek sê: "Maar vriend Cyrenius! Het jy dan alweer alles vergeet wat jy van My asook van beide die engele gehoor het? Sê Ek dan dat Ek self sulke mense sal veroordeel of verdoem? `n Paar dae gelede wou jy nog die fariseërs oombliklik laat tugtig omdat hulle my wou stenig, en Ek laat jou dit nie toe nie! En nou lyk dit asof dat jy byna aan hulle kwade kant sal wil gaan staan! Of is jy dalk beter in staat om die mens so te plaas dat hy in die situasie `n kind van God moet word, net wanneer hy wil? Besef tog hoe swak jy nog is!

[5] Weet jy dan so meesterlik baie van die mees algemene geskiedenis van alle mense af dat jy op grond daarvan My kan verwyt dat Ek My nou eers bekommer oor die roependes en soekendes, en nog nooit voorheen nie?

[6] Het die eerste mense nie onafgebroke met My omgegaan nie? Wie was van Noag tot Moses die hoëpriester van Salem, wat die Melgisédek Orde heet, en wat daarby as `n egte Koning van die konings in Salem gewoon het? Wie was vervolgens die Gees in die ark van die Verbond? En omdat die Gees uit die ark in My oorgaan, vra ek: Wie is Ek dan?

[7] Die roependes wil My ewenwel van die sterre na benede hê, omdat Ek, toe Ek by hulle was, vir hulle te algemeen en te weinig goddelik was, want Ek wou nie so straal soos die sterre nie!

[8] Kyk, wat jy nou so beweer het, was totaal verkeerd. Die satan, wat iets daarvan opgemerk het dat jy sy geheim besit, het jou maar net aan die tand gevoel, en meteens wil jy met My begin twis! Bedink nou eers of dit wel regverdig was wat jy gesê het!?

[9] Was Ek ooit hard of onregverdig teenoor iemand? Of was Ek onregverdig as Ek vir jou vir die valse nagemaakte goud die egte, suiwere aanbied? Of moet Ek julle dan in die ou slegte en ook nuttelose bygeloof laat? Sou Ek as Heer nie meer reg daarop gehad het om die slegte, weerspannige fariseërs ten gronde te rig as jy nie?! Maar het Ek hulle geoordeel? Ja, hulle sou selfs aan hul eie innerlike regter oorgelewer gewees het as Ek hulle nie op wonderbaarlike wyse gered het nie!

[10] Kyk eers hoe kortsigtig jy nog is! Ek vind, vriend, dat desondanks alles wat jy al gehoor en gesien het, Ek jou tog `n ruimer blik moes gee!"

[11] Cyrenius vra My om vergifnis, net soos al die ander, en hy sien die verkeerdheid van sy argument in, maar Ek troos hulle en sê: "O, julle sal nog heel dikwels in nog groter beproewinge kom, maar vergeet dan nie die voorval waar Ek vir julle geleer het nie, anders sal julle, ondanks dit wat julle almal van My gesien en gehoor het, in nog groter versoekings raak. Dan sal julle ook van My afval en weer terugkeer in die wêreldse in met haar leuens en bedrieëry. Julle sal word net soos hulle, van wie julle meen dat hulle My gesoek en geroep het, terwyl Ek hulle, om hulle makliker te kon verdoem, in My plek towenaars en wiggelaars vir hulle sou gegee het!" - Almal vra egter nogmaals om vergewing, - en Ek seën hulle almal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205