Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die ware dien van God

72 Buite sê Cyrenius vir My: "Heer, as so iets in Rome moes gebeur, dan sou selfs die klippe vir U neerval en U hardop aanbid; en ons gedra ons asof hier iets heel normaal gebeur het! Heer, wees tog geduldig met - óf ons swakheid óf ons domheid!"

[2] Ek sê: "As Ek dít wou, dan sou Ek in Rome in plaas van in Násaret in die wêreld gekom het! Doen slegs dit wat Ek van julle verlang! Alles wat jy meer doen, is heidens en sondig. Weet jy dan nog nie dat 'Om God lief te hê bo alles en jou naaste soos jouself’ onuitspreeklik meer is as om vir die Heer van hemel en aarde tempels van klip en hout te bou nie?

[3] As, soos wat Salomo sê, die hemele en aardes al te klein is om die majesteit van God te bevat, wat sukkel jy dan met `n armsalige kliphuis van gekapte of gebakte stene, terwyl die hele aarde immers sowel as die hele oneindigheid deur God geskape is?!

[4] Sê My: Wat sou `n vader vir sy kinders sê as hulle dom genoeg sou wees om van die uitwerpsels van hul vader `n piepkleinhuisie, of miskien groter, te bou en dan uit die uitwerpsel van die vader ook `n beeld te maak wat die vader voorstel, en nadat alles klaar is, voor die tempel van drek sou kniel om hul vader op hierdie manier te vereer en te aanbid? Wat sou jy doen as jou kinders so iets aanvang? Nadat jy vervolgens hulle so iets verbied het as synde dom en smerig en dat dit jou heeltemal onwaardig is, word hulle nog yweriger om in die smerige tempel heen en weer te kruip en jou gelyksoortige beeld te vereer. En as hulle selfs teen jou wil hulle moontlik verstandiger broers onder bedreiging van die doodstraf ook daartoe sou dwing en bowendien aan hulle `n skynbaar heilige belasting te laat betaal? Sê eers, wat sou jy in so `n geval gedoen het? Sou so `n uiters dom en smerige verering van jou kinders jou genot kon verskaf?

[5] Kyk, in jou hart ontken jy dit ten seerste, maar Ek sê vir jou dat so `n verering van die dom kinders vir hul aardse vader nog stukke beter sou wees as die verering van die mense in die tempel vir hul God! Want die kinders gebruik vir hul tempelbou tog nog dit wat hul vader as voedsel gebruik het, maar die mense bou tempels van die uitwerpsels van die satan en aanbid hul God en Vader daarin! Sê nou eers hoe vind jy so `n verering en aanbidding van God?"

[6] Cyrenius sê: "Heer, nou sou ek graag met `n duisend bliksems alle tempels op aarde wou vernietig! Maar dit sou beide U engele tog maar net `n oogwink kos om alle tempels te verwoes!?"

[7] Ek sê: "Vriend, dit het gebeur, gebeur nog en sal in die toekoms nog heel dikwels gebeur, en tog sal die mense nie ophou met die bou van tempels nie! Die een te Jerusalem sal verwoes word, en van die afgodetempels sal niks teruggevind word nie. Maar in die plek van die geringe aantal sal daar talle duisende kom, en solank daar op aarde mense sal woon, sal hulle ook tempels bou, groot en klein, en hulle sal hulle heil daarin soek. Maar slegs min sal vir God `n lewende tempel in die hart bou, die enigste plek waar Hy waardig gedien, vereer en aanbid kan word en ook moet word, omdat dít alleen die voorwaarde is vir die ewige lewe van die siel!

[8] Solank die mense in paleise woon en hulle deur middel van die paleise en vanweë die paleise sal laat eer en roem deur hulle wat hulle geen paleise veroorloof nie, sal die mens ook naas die paleise `n tempel vir die een of ander god bou en hom daarin vereer, en ook al het dit niks met waarheid te make nie, dan is dit tog tot meerdere eer van die paleis- en tempelbouers.

[9] En so sal dit gebeur dat mense die eer na hulle toe sal trek, dit wat hulle aan God behoort te gee. Die loon vir hul werke sal egter dan ook baie nadruklik bestaan uit dit wat hulle vir hulleself toegeëien het! In die hiernámaals sal mense hulle egter nie ken nie en hulle sal in die grootste duisternis gestort word, waar `n geween en `n gekners van tande hul lot sal wees, omdat die groot duisternis ewige rusie en onenigheid veroorsaak! Daarom laat ons voorlopig alles soos wat dit is, want alle knope sal eers in die hiernámaals geheel en al ontrafel word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205