Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Násaret. Nie alle kennis is goed vir die siel en gees nie

73 Nadat Ek dit vir Cyrenius gesê het, het ons net tuis aangekom, waar `n goeie aandete al op ons gewag het, wat soos gewoonlik bestaan het uit brood, wyn en baie heerlik voorbereide visse. Die jong Josoë was baie lus vir die visse en was verheug oor die goed belaaide tafels.

[2] Maar Jaïrus sê vir hom: "Beste neef, jy moet nou nie so gulsig eet nie, want dit kan sleg wees vir jou maag, wat in `n sekere sin nuut geskape is, en wat nog nie in staat sal wees om `n groot hoeveelheid van hierdie aardse voedsel te verdra nie!"

[3] Die jongeling sê: "Beste oom, moet uself maar nie daaroor bekommer nie! Hy wat my uit die dood opgewek het, sou sekerlik my maag nie so `n groot eetlus gegee het, as dit skadelik vir die maag sou wees om meer voedsel in te neem as andersins by `n reëlmatig versadigde toestand nie, want dit is geen grap vir `n mens om `n anderhalf jaar dood en sonder voedsel te gewees het nie! As u dit eers self sou ondervind en my nuutgeskape maag sou hê, dan sou u my eetlus maklik verstaan het. Maar nie elke mens kan dit deurmaak nie, en daarom het dit geen sin om met my daaroor te redetwis nie. Afgesien van die Een wat my opgewek het, weet ek nou die beste hoe dit met my gaan, en bekommer u uself maar nie oor `n paar visse, `n stuk brood en `n beker wyn wat my ook maar nie in die minste sal skaad nie!"

[4] Jaïrus sê: "Wat my betref, gun ek jou alles van harte; ek bedoel dit slegs maar goed met jou."

[5] Na die gesprek tussen Jaïrus en sy neef Josoë gaan ons aan tafel en geniet vrolik en opgewek van die aandete, en daarby word uitvoerig bespreek alles wat daar plaasgevind het en wat moontlik in Jerusalem daaroor gesê sou word.

[6] Die leerlinge vra uit oor die jongeling, en het nie geweet wat hulle van hom moes dink nie. Dán vra hulle die jongeling, dán weer vir Jaïrus, dán weer beide die jongmanne wat ook by ons aan die hooftafel gesit het, wat daar tog met hierdie jongeling aangaan. Daar moes tog wel iets heel besonders daaragter wees, want hulle het maar al te goed geweet dat die Heer Homself nooit meer as wat nodig is met heel gewone jongelinge bemoei het nie. Maar die uitvraery van die leerlinge het geen resultaat opgelewer nie, omdat niemand vir hulle `n bevredigende antwoord kon gee nie.

[7] Maria merk egter die ongeduld van die leerlinge en sy sê vir hulle: "Julle kry tog wat julle nodig het; waarom probeer julle dan te wete kom wat julle kennelik nie nodig het nie? Doen wat Hy vir julle sê en smag nie om meer te weet as wat Hy dit vir julle noodsaaklik ag dat julle moet weet nie, dan sal julle volgens Sy wil lewe en handel en sal verseker wees van julle ewige loon. Alles wat julle teen Sy wil verlang, is `n sonde teen die Heer wat julle Verlosser is - liggaamlik en geestelik! Onthou hierdie les!"

[8] Na hierdie wyse vermaning van moeder Maria hou die leerlinge op met hul vrae oor die jongeling en praat slegs verder onder mekaar oor hom en Petrus rig hom tot My geliefde Johannes en vra hom wat hy van hierdie jongeling dink.

[9] Maar Johannes sê vir hom: "Het jy sowaar nie die vriendelike woorde van die verhewe moeder gehoor nie, dat jy nog steeds nuuskierig is oor wat die Heer stellig uit `n heel wyse oogpunt voorlopig nie aan ons wil vertel nie? Kyk, dit interesseer my nou glad nie meer nie; ons weet wat ons weet en dit is genoeg! As ons ook die eindelose ver bokant ons wete en uitgaande kennis van die Heer sou wou bevat, dan sou hierdie verlange van ons stellig die grootste dwaasheid gewees het, en dan verdien ons alles - behalwe om Sy leerlinge te wees!"

[10] Petrus sê: "Ja, ja, jy het wel gelyk, maar die weetgierigheid is tog ook `n groot noodsaaklikheid wat deur die Heer Self in die hart van die mens gelê is. As die mens hierdie edele drang nie sou gehad het nie, dan sou hy net soos `n dier gewees het wat volgens my mening beslis geen spoor van dors na kennis in sy bot siel het nie. Die suiwer goddelike van die weetgierigheid lê volgens my daarin dat dit is soos `n droom waarin mens dors het, waarby die dromende siel dikwels enorme vate vol water of wyn drink om dit te stil en daarby tog steeds dorstig bly en `n onoorwinlike begeerte kry om steeds groter hoeveelhede dorslessende drank te verorber. Ons onversadigbare weetgierigheid maak ook aan ons duidelik dat daar in God `n oneindige oorvloed aan wysheid moet wees, wat geen soekende gees in der ewigheid sal kan deurgrond nie! Daarom meen ek, liewe broer, dat my huidige dors na kennis geen sonde is nie.

[11] Kyk, met my en verskeie van ons broers gaan dit soos wat dit met baie snoeplustige kinders gaan, wat geen trek het vir allerlei lekkernye solank hulle niks van die derglike soetighede weet of sien nie. Maar as hulle by `n tafel aansit met allerlei soet voedsel en verbied word om iets daarvan te gebruik, dan sal jy gou trane in hul oë en nog meer water in hul mond ontdek. Maar ondanks dit het jy tog gelyk. Soos wat `n wyse vader sy kinders, as oefening in die belangrike deugde van die selfverloëning, so nou en dan iets lekkers voorsit waarvan hulle nie mag eet nie, so skyn ons hemelse Vader ons ook so nou en dan geestelike voedsel voor te sit, waarvan ons nie mag geniet voordat ons `n bepaalde graad van selfverloëning bereik het nie. As ons volgens Sy orde die graad bereik het wat Hy vir ons siel nodig vind, dan sal Hy ons laat geniet van die spys wat ons nou so graag wil hê. En dus sal ons vir die oomblik, en solank Hy dit wil, heeltemal tevrede wees met wat ons weet en sal slegs Sy heilige wil altyd laat geskied!"

[12] Ek sê: "Liewe broer Simon Juda, (Jona) dit is korrek en waaragtig! Nie alle kennis en ervaring deug vir die opwekking van die gees en tot stimulering van die siel nie. Want sien, daar staan geskryf: 'En God spreek tot die mens: As jy sal eet van die boom van die kennis, sal jy sterwe!' En so is dit!

[13] Die wet en die oordeel is na gelang van die kennis. Want solank `n wet jou nie gegee of bekend gemaak is nie, so lank is daar ook geen oordeel wat die wet aanbetref nie. Wees jy dus slegs maar nuuskierig oor dit wat Ek aan jou onthul, dan weet jy wat jou betref vir ewig genoeg. As die tyd daar is, sal alles vir jou duidelik word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205