Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die maat van die liefde tot God, die naaste en homself

77 Ek sê: "Dan is dit beter dat Ek vir jou `n maat gee waardeur jy en almal sal weet hoe dit staan met betrekking tot die eieliefde, die naasteliefde en die liefde tot God.

[2] Neem die getal 666, wat onder goeie en bose omstandighede respektiewelik `n volmaakte mens of `n duiwel homself aandui!

[3] Deel die liefde in die mens presies in 666; gee dan daarvan 600 aan God, 60 aan die naaste en 6 aan jouself! Wil jy egter self `n duiwel wees, gee daar dan 6 aan God, 60 aan die naaste en 600 aan jouself!

[4] Kyk, die opregte werkers en knegte en maagde bewerk die landerye van hul meester. Na jou mening moet die oes dan ook hulle s`n wees, omdat dit die resultaat van hul vlyt en moeite is. Maar hulle bring dit in die skure en loodse van hul meester en verheug hulle as hulle vir hul meester kan sê: 'Heer al u skure en loodse is al vol, en die helfte staan nog op die land! Wat moet ons doen?' En hul vreugde word groter as die meester vir hulle sê: 'Ek prys julle groot en onbaatsugtige vlyt en ywer; gaan en bring bouers hierheen sodat hulle so gou as moontlik voorraadkamers kan bou sodat ek die seën van die landerye kan bewaar vir die jare wat miskien minder geseënd sal wees as wat hierdie vrugbare jaar was!' Kyk, niks behoort aan die werkers nie, hulle het geen skure, geen loodse en geen voorraadkamers nie, en tog werk hulle vir `n geringe loon asof dit húlle skure, loodse en voorraadkamers was; want hulle weet dat hulle geen nood sal ly as al die meester se voorraadkamers vol is nie.

[5] En kyk, in hierdie handeling van `n opregte diensbare sien jy die hele verhouding van elke ware mens tot homself, die naaste en God. Die egte dienende sorg 6-voudig vir homself, 60-voudig vir sy mededienende omdat hulle hom goedgesind is, en 600-voudig vir sy meester, en sorg daardeur, sonder dat hy dit wil, tog 666-voudig vir homself. Want die mededienende sal hul metgesel, by wie hulle die minste eieliefde teëkom, die meeste toegeneë wees, en die meester sal hom weldra bo almal stel. Maar `n dienaar wat slegs vir homself sorg, by die werk graag die laaste wil wees en slegs maar die ligste werk wil doen en sy metgeselle met skewe oë aankyk, sy meester sal baie goed kan sien dat hy `n selfsugtige dienaar en `n lui kneg is. Hy sal hom daarom nooit die leiding gee nie, maar wel sy loon verminder en sal hom heeltemal onderaan die eettafel laat sit. En as hierdie selfsugtige, lui kneg hom nie verbeter nie, sal hy met `n slegte getuigskrif uit die diens ontslaan word en op dié manier moeilik ooit weer `n werk kry. Maar as hy ook nog maar één vriend het, teenoor wie hy hom onselfsugtig gedra het, dan kan dié hom in sy huis opneem sonder dat die meester hom daarvoor sal verguis. - Verstaan jy dit?

[6] Elke mens het `n bepaalde graad van eieliefde, en moet dit ook hê, omdat hy andersins nie sou kon lewe nie - maar, soos wat aangetoon is, slegs die minste graad! Eén graad méér doen die suiwer menslike verhouding reeds skade aan, en dit is op die weegskaal van die goddelike orde presies afgeweeg! - Nou is die grense sigbaar gemaak, en ons sal sien hoe jy dit in die praktyk gaan toepas!"

[7] Judas sê: "Daarvoor is baie wysheid nog nodig om te beoordeel of die mens die presiese maat hou by die eieliefde! Hoe kan die kortsigtige mens dit beoordeel?"

[8] Ek sê: "Laat hy in alle redelikheid dit doen wat hy kan, die ontbrekende sal wel deur God toegevoeg word. Jy hoef jou egter gladnie te bekommer dat daar `n mens is wat minder as 6 dele vir homself sal hou nie! En definitief nie by mense van jou soort nie!"

[9] Judas swyg nou en verlaat nadenkend die tafel om vir homself vir die lang nag `n slaapplek klaar te maak.

[10] Nou kom die jong Josoë na vore en sê: "Die domheid van hierdie mens het my baie ergerlik gemaak! As leerling is hy nog so dom soos `n naguil op `n helder verligte dag. Ek het onmiddellik alles verstaan wat U, o Heer, vir hom gesê het. Maar hy het niks verstaan nie, terwyl hy maar aanhou vra en allerlei teenstellings maak, en nou ten slotte nog net so dom weggaan asof U, o Heer, geen woord vir hom gesê het nie! As `n kind vra, is dit te verstane, maar as `n volwassene, wat daarby ook nog wyser wil wees as sy medemens, ook aanhoudend vra - en dit duidelik nie uit goeie bedoelinge nie, maar uit kwaadwilligheid - dit moet tog ergerlik maak! Ek sal nog driekeer sterf as hierdie mens hom ooit op hierdie wêreld sal verbeter! Hy is heel waarskynlik `n vrek en bereken nou hoe hy, as hy dit sou kon doen wat U kan doen, o Heer, in die kortste moontlike tyd berge goud en silwer sal kan vergaar! En so waar as wat ek Josoë heet, ek sit alles op wat ek het en sal alles deurgaan wat `n mens maar kan deurstaan, as hierdie mens hom ooit sal verbeter!"

[11] Ek sê: "Liewe Josoë, hou nou maar op daaroor; want ons het allerhande helpers nodig met die bou van nuwe hemele en `n nuwe aarde, en Judas is ook een wat ons kan gebruik! - Maar sê my nou eers wat jy vir jou aardse ouers sal sê wanneer jy hulle weer gaan ontmoet! Wat sal jy sê?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205