Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Twee engele bied vir Josoë hul dienste aan

79 Nou stap die twee engele na vore en sê: "Ja, liewe jongeling, jy praat die waarheid! Dit het ons oë nog nooit gesien nie, hoewel hulle lank reeds deur die eindelose heelal tuur, vóór die eerste son homself met sy strale ver deur God se ewige ruimte kenbaar gemaak het! Behou daarom steeds die gees wat nou so suiwer goddelik verhewe in jou is, dan bly ons vir ewig broers!"

[2] Josoë sê: "Wie is julle, dat julle sulke verhewe wyse woorde kan sê? Is julle dan nie net sulke mense soos wat ek een is nie?"

[3] Beide sê: "Liewe broer, in die gees is ons wel soos wat jy is en wat jy nog steeds meer sal word, maar vlees en bloed het ons nooit gedra nie! Ons is engele van die Heer en is hier om Hóm alleen vir altyd te dien. As Hy ons egter uit barmhartigheid toelaat om net soos Hy die weg deur die vlees te gaan, dan sal ons ook in daardie opsig net soos jy lyk. Nou is jy ons ver vooruit, maar die ewigheid is lank en eindeloos en alle verskille sal eendag daarin wegval. Maar ons bied nou ons dienste ook vir jou aan; as jy iets nodig het, beveel dan en ons sal jou dien!"

[4] Josoë sê: "Wat sou julle dan vir my moet doen? Ons almal het één God en één Heer en ewige Vader. Hóm alleen kom die reg toe om my sowel as julle iets op te dra. Maar ons, wat almal sonder uitsondering deur Hom geskape is, moet mekaar niks opdra nie, maar deur hulpvaardige liefde mekaar steeds wedersyds dien soos daar van ons, engel of mens, verwag word!

[5] Al bied iemand nóg so bereidwillig hulp aan sy hulpbehoewende en om hulp vraende broer, dan vind ek hom nie volmaak nie. Want op die manier raak slegs diegene geholpe wat die geleentheid, moed en krag besit om sy in enige opsig met kapasiteit begunstigde broer sy nood te beskryf en hom dienooreenkomstig om hulp te vra. Maar wie help dan diegene, wat nié die geleentheid en die moed besit om sy broer wat hulp nodig het, om hulp te vra nie? Maar as ek hulp, waarom gevra moet word, al verkeerd vind, hoeveel te meer dan een wat op bevel gegee moet word?

[6] Daarom sê ek aan julle hier in die teenwoordigheid van Hom wat die Heer is oor lewe en dood: As julle sal merk dat ek hulp nodig het, help my dan sonder dat ek daarom vra of sonder dat `n meester beveel dat julle dit moet doen! Ek sal dieselfde doen as ek sou weet dat ek julle ook êrens mee sou kon help; verder het ek geen hulp en dienste van julle nodig nie en allermins `n diens op bevel, wat erger is as heeltemal geen diens nie!

[7] Maar iemand wat in watter opsig ookal dan ook kan help, moet ywerig rondkyk onder sy hulpbehoewende broers, of daar nie een is wat in `n bepaalde opsig hulp nodig het nie. En het hy een daar gevind, dan moet hy sy hulp aanbied! Dan sal hy na my mening die Heer en Vader, wat deur die eeue so te werk gaan, sekerlik geval en die heilige ewebeeld van God waarna hy geskape is, regverdig. Wie egter sy naaste eers gehelp het nadat die hom om hulp gevra het, - o, hoe is so `n helper dan nog ver verwyderd van die volle ewebeeld; laat staan hulle wat hulleself laat beveel om te help!

[8] Kyk, liewe vriende, as julle wysheid nie verder reik as om `n voorstel te doen aan mense nie, om julle te beveel as hulle julle hulp nodig het, dan sou ek nie met julle wou ruil nie; maar as julle my alleen maar wou toets, dan glo ek dat my toets ten aansien van julle in elk geval nie sleg deurstaan sal word nie. En as julle uit my mond miskien iets gehoor het wat nogal hard neerkom, dan moet julle my dit maar nie kwalik neem nie, want ek het my mond nie opgemaak om julle `n les te leer nie, maar ter wille van die waarheid, omdat julle jul voorstel aan my nie ooreenkomstig die waarheid gedoen het nie. As volmaakte hemelgeeste het julle my innerlike tog sover ondersoek dat julle sou ontdek het dat ek sekerlik so `n antwoord op julle voorstel sou gee. Dan sou julle jul aanbod, waarvoor ek julle in elke geval nie kan bedank nie, beslis in `n ander vorm gegiet het!"

[9] Beide jongmanne tree nou in nederigheid `n stappie terug en sê: "Waarlik, so `n groot, suiwer goddelike wysheid sou geen engel by hierdie jongeling gesoek het nie!"

[10] Ek sê: "Ja, geliefdes, God se oog is baie skerp en ontdek ook nog vlekke in die mees volmaakte engel - en dit geld ook vir `n suiwer mensehart, wat soos God se oogappel is. Ek laat dit egter nie vir julle nie, maar vir die gaste gebeur, sodat hulle uit die rein mond van `n jongeling wat tot die lewe gewek is, kan verneem hoe ver hulle nog van die ewebeeld van God af is. Origens het die jongeling al vanaf sy geboorte `n buitengewone skerp gees, en niemand moet nou dink dat Ek hom by hierdie geleentheid die woorde in sy hart en daarna in die mond gelê het nie. Hy is heeltemal uit homself, daarom sal hy eendag vir My `n bekwame werktuig wees."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205