Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die einde van Johannes die Doper

82 Kort gelede het die knegte, wat die belasting vir die viervors Herodes opgaar, berig aan Herodes gebring oor die gerugte oor U en U dade (Matthéüs. 14:1). Hulle vertel vir hom hoe U hulle by die belastingafpersing op die vlug gejaag het, en dat hy beslis niks teen U mag sal kan doen nie. Daarop roep Herodes dadelik sy waarsêer. Maar hierdie een, `n skerpsinnige kalant en tewens heimlik `n leerling van Johannes, wat deur Herodes vermoor is en wat hierdie profeet nie kon vergewe nie, sien hier is geleentheid om direk wraak op Herodes te neem en verklaar aan hom sonder om te blik of te bloos: 'Dit is Johannes wat uit die dood opgestaan het en u nou met sulke dade dwarsboom!'

[2] Herodes skrik daaroor en kom bewend na sy knegte terug en sê vir hulle: 'Is dit nie die timmerman Jesus nie, want die ken ek omdat hy nouliks vyf jaar gelede met sy vader Josef `n nuwe troon vir my gemaak het en by hom gewerk het as kunstige timmerman met behoorlike vaardigheid, hoewel hy hom verder heel eenvoudig voorgedoen het. Dit is regtig Johannes wat ek laat onthoof het. Hy het egter uit die dood opgestaan en doen nou as `n onverwoesbare gees dinge teen my, wat geen mens andersins sal kan doen nie. (Matthéüs. 14:2) Daarom moet julle niks meer teen hom onderneem nie, want dit sal vir julle en vir my die grootste onheil kan bring!’

[3] Met hierdie verklaring het die knegte se oë gerek en hulle het verbouereerd weggegaan, want hulle het self geweet dat U nie Johannes is nie - maar hulle durf die opgewonde Herodes nie teenpraat nie.

[4] Toe die owerste ons dit vertel het, vra ons hom wat gebeur het met die moord van Johannes. Want ons het wel geweet dat Herodes hom in die gevangenis gewerp het, maar dat hy hom ook laat vermoor het, daarvan het ons nog niks geweet nie. Toe vertel die owerste ons kortliks: Herodes was in die begin self - weliswaar baie swak - `n aanhanger van Johannes en het hom op `n besondere wyse waardeer. Hy het hom daarom na sy hof geneem en wou van hom die geheime wysheid leer. Omdat hy daarnaas egter nie die slegte liefde vir Herodias, die vrou van sy broer Filippus, wou opgee nie (Matthéüs. 14:3), wen Johannes hom op en sê ernstig aan Herodes: 'Dit is nie geoorloof vir God en u broer, dat u haar kry nie! (Matthéüs. 14:4) Want daar staan geskryf: Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie!' Toe word die trotse Herodes kwaad, laat Johannes in `n gevangenis werp en wou hom ook dadelik laat doodmaak, was dit nie dat hy die volk so gevrees het, wat Johannes as `n profeet beskou het nie. (Matthéüs. 14:5)

[5] Maar `n paar dae daarna vier Herodes sy verjaardag. Op die dag dans die mooie dogter van Herodias vir hom en sy hoë gaste, wat Herodes baie goed behaag het. (Matthéüs. 14:6) Hy beloof daarom die skone danseres met `n eed dat hy haar sou gee wat sy van hom sou vra. (Matthéüs. 14:7) Die dogter gaan egter eerste na haar moeder, wat teen Johannes wraak gesweer het omdat hy haar Herodes wou afrokkel, en die moeder bewerk haar dogter so dat sy die hoof van Johannes sou vra.

[6] Toe kom die dogter en sê vir Herodes: 'Gee my die hoof van Johannes op `n goue skottel!' (Matthéüs. 14:8) Die koning vind dit tog wel jammer, nie so veel vir Johannes nie, maar baie meer vanweë die volk, wat hy gevrees het sou wraakneem op hom. Maar ter wille van die eed en hulle wat met hom aan tafel gesit het, gee hy sy knegte opdrag om aan die dogter die verlangde prys te gee. (Matthéüs. 14:9) En die knegte gaan heen, onthoof Johannes toe in die gevangenis (Matthéüs. 14:10) nadat hulle vooraf met `n voorwendsel etlike leerlinge van hom weggestuur het, en dra toe sy hoof op `n skottel die eetsaal in om dit aan die dogter te oorhandig, en sy gee dit daarna aan haar slegte moeder. (Matthéüs. 14:11)

[7] Toe kom sy leerlinge weer terug en vind tot hul groot skrik en leedwese die lyk van Johannes. Hulle neem die lyk, dra dit na buite en begrawe dit (Matthéüs. 14:12) ten aanskoue van talle duisende, wat huil en Herodes en sy hele huis onder tallose vloeke begrawe. Herodias moes egter by die aanblik van die hoof van Johannes oombliklik met `n vreeslik vertrekte gesig dood neergeval het en haar dogter enige oomblikke later ook. Herodes en al sy gaste het heeltemal verward die saal uitgevlug.

[8] Heer, dit is woordeliks die treurige geskiedenis van Johannes, wat gedoop het in die rivier van die Jordaan nie ver van die woesteny by Betabára nie, waar hierdie rivier in die see invloei, en hom vervolgens na die Dooie See wend. - Wat sê U nou daarvan? Is dit dan moontlik dat mense sulke duiwels kan word, en dit nog in `n tyd wat U, aan Wie hemel en aarde gehoorsaam is, Self as mens op aarde rondgaan? Het U dan geen bliksems en geen donder meer oor nie?"

[9] Toe kom Cyrenius en Cornelius na My toe en sê woedend: "Heer, die gevaar dreig! Nou kan ons nie meer op U groot geduld en lankmoedigheid wag nie, hier moet oombliklik gehandel word! Binne uiters tien dae moet die hele helse gebroedsel saam met Jerusalem en die tempel van die aarde af verdelg word!"

[10] Ek sê: "Kyk hier, hierdie twee jongmanne is voldoende om in één oomblik alles te doen, wat al die Romeinse mag in `n honderd jaar nie sou geluk het nie! As dit alles nie volgens die orde van God moes gebeur het nie, glo dan maar dat dit vir My baie maklik sou wees om hulle almal in `n oogwink te vernietig! Maar die ergste moet nog gebeur ter wille van die vorming van `n nuwe hemel en `n nuwe aarde.

[11] Maar maak nou dat julle hier wegkom, want hierdie nuwe owerste is `n slegte mens, en die satan toon hom duisend weë waarop hy julle goed sou kon skaad; sorg daarom dat julle verder gaan!

[12] Ook Ek sal vandag hier weggaan en nie so gou weer na hierdie streek kom nie, want vir `n dol hond moet die mens uit sy pad gaan! Dit is waar dat hy baie goud en silwer het, want anders sou hy hierdie funksie nie kon gekoop het nie. Met baie goud en silwer kan die mens in die wêreld by die wêreldse mense baie gedoen kry, en wie daarby ook nog so `n plek koop uit pure winsbejag- en heerssugtigheid - soos wat hierdie een gedoen het - is beslis nie te vertrou nie. Maak julle daarom almal gereed en gaan hier weg, en Roban, gaan ook weer na jou huis, want tot nou toe het hulle jou nog nie gemis nie!"

[13] Roban sê: "Maar as ek oor U ondervra word, wat moet ek dan sê?"

[14] Ek sê: "Dit sal jou in die hart en in die mond gegee word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205