Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die getuienis van Giwar

84 Giwar, die redenaar, sê toe: "Waarom moet ons ingewydes mekaar so onsinnig lastig val? Was ek nie vanaf my elfde tot en met my vyf-en-twintigste jaar dienaar in die tempel nie, en weet ek nie maar al te goed wat daar gebeur nie? As ek boos wou wees, wie sou ek dan nie in al die tyd kon verraai het nie! Maar ek dag toe by myself: Die blinde volk bly tog afhanklik van die tempel – net soos voorheen!

[2] Waarom sou ek die volk die geloof ontneem, waarop hulle nog steeds, soos wat ek dink, onbegrensde hoop stel, en waarby ons priesters in elk geval `n goeie wêreldse bestaan het? As ons egter nou, omdat ons geen werklike agtergrond meer het nie, ons snaar te styf span, dan sal dit breek, en dan sal dit opeens klaar wees met ons gesang en dan kan ons maar later visnette gaan opsoek en daar gaan visvang waar die meer die diepste is.

[3] Wat kan ons dan teen die mag van ons van dag tot dag talryker wordende vyande doen? Glo jy dat die tempel ons dan sal beskerm? Daarop kan jy nie reken nie, want in Rome lewe nou al heelwat Judeërs, wat mooi saamspeel oor die wederregtelike in die tempel by elkeen se vergaarde skatte! Hulle sal ons net so min verdedig soos die huidige tempeldienaars, as wat die swaeltjies hul vlerke nou al uitgevou hou, om by die eerste die beste geleentheid `n reis oor die groot see na Italië in Europa te maak en nooit weer na Asië terug te keer nie.

[4] Daarom dien dit nou vir ons almal aan te beveel om in die eerste plek ons beroep as priester so waardig moontlik en in alle kalmte uit te oefen, en ten tweede die Romeinse 'In medio beati' ('Die goue middeweg te hou') terdeë en goed in ag te neem, anders kan ons onsself maar binne enkele jare op die visse gaan toelê!

[5] By dit alles tree daar juis in hierdie tyd twee manne op, wat met hul onbegryplike mag in staat sou wees om binne enkele jare met hul nuwe leer die hele aarde vir hulleself in te palm! Johannes, liggaamlik weliswaar nie meer onder die sterflikes nie, se eerste leer word deur die helfte van Judéa en Galiléa aanvaar, en nou nog standvastiger as wat dit tydens sy lewe die geval was! Herodes kon dus in sy geilheid wel die hoof van die onmiskenbare profeet neem, maar sal hy dit ook met sy gees en die gees van sy goddelike leer kan doen? Ek glo dit in der ewigheid nie, want dit is juis deur vervolging dat elke goeie leer groot en onoorwinlik word!

[6] Johannes is wel liggaamlik uit die weg geruim, maar in sy plek het die bekende Jesus gekom, waarteenoor Johannes hom nouliks mee kan vergelyk soos wat `n molshoop teenoor die magtige berg Ararat staan! Sy bomenslike sagte en uitermatig mensvriendelike, ondogmatiese optrede en gedrag, die groot wysheid in elke sin van Sy spraak, waarvan die suiwer goddelike, koesterende en begryplike waarheid geen mens, met slegs `n verstand so groot as `n ertjie in sy hart, ook maar `n oomblik laat twyfel het aan Sy hemelse afkoms nie - en ten slotte laat Sy dade elke mens sê: So iets is slegs maar vir God moontlik!

[7] Wat wil of kan ons nou nog teen Hom uitrig? Ons kan ons wel gehaat en onverdraaglik maak ten behoewe van sulke buitengewone verskynsels, maar beslis nie tot ons voordeel nie, maar slegs tot ons nadeel.

[8] Ons moet ons daarom hier so verstandig moontlik gedra en nooit op die teenswoordige, maar veeleer op die toekomstige al ons strewes rig, anders is dit met ons voortbestaan plotseling gedaan!"

[9] Die owerste sê: "Jy dink dus dat mens Jesus nie moet laat pak nie, maar dat `n mens dit braaf moet afwag totdat hy ons heeltemal ten gronde gerig het?"

[10] Giwar sê daarop: "Pak Hom as jy kan! Wat het ons nie almal teen Hom onderneem nie en watter resultaat het ons gehad? Ek sê vir jou: Niks anders nie as dat Hy duisende leerlinge daarby gekry het en ons daarby net soveel armer geword het - en dat ons weldra almal die groot geluk sal hê om oor die skerp swaard van die Romeine te spring, wat Hom as `n egte God beskou!

[11] Bowendien het Hy, wat nog nooit op aarde gebeur het nie, steeds `n paar engele in Sy gevolg wat ondanks al hul skynbare sagtheid en jongseunsagtige kwesbaarheid tog `n mag en `n krag besit waarvan ons geringe wysheid nooit kan droom nie. En hulle wil jy gryp en Hom pak? Ek versoek jou: wees alles, maar nie waansinnig nie! Voordat jy met `n slegte voorneme iets aan Hom sou kon doen, was jy al verlam! Of dink jy dat Hy nie weet wat ons hier bespreek nie? Ek sê vir jou: dan vergis jy jou deeglik! Almal hier kan getuig dat Hy `n paar dae gelede baie presies geweet het wat ons om middernag oor Hom gesê het en wat ons so half en half besluit het!

[12] Dit is baie aangenaam om na `n verhaal te luister oor `n groot storm op see, maar dit is heelwat anders om dit self mee te gemaak het! Ek sê vir jou: Oefen jy heel rustig en sonder omhaal jou amp uit, dan sal geen onaangenaamhede van geen enkele kant jou tref nie. As jy egter despoties te werk wil gaan, staan ons almal daarvoor in dat nie slegs net jy en jou Kapernaum nie, maar dat die hele Jerusalem oorhoops sal wees! Met baie wysheid kan ons Jerusalem uiteindelik nog vyftig jaar in stand hou - maar ons kan ook deur ons onrype dwaasheid haar ondergang binne enkele weke laat bewerkstellig!

[13] Jy het nou die vrye keuse om te doen wat jy die beste vind; vir ons is dit maar `n klein entjie na die Romeine! Hulle is, goddank, ons vriende, maar vir jou sou die weg wel baie lank word! Die menslike wysheid vereis tog om nooit `n leë vir `n volle aan te neem nie! Wat kan jy dan van die hebsugtige tempel, wat nou lankal al `n leë dop is, nog verwag? Is dit dan nie baie verstandiger om met `n veelbelowende ontwikkeling saam te gaan nie? Ek sê jou reguit, dat al die groot en magtige menere uit Rome hulle soos `n lammers deur Jesus laat lei! As Hy hulle nou gewen het vir Sy waarlik goddelike suiwere leer, wat moet ons dan teen Hom begin? As jy ook maar aanstaltes wil maak om Hom te pak, is jy self al so goed as opgepak, en geen mens sal ook maar één stap versit om jou te bevry nie. As jy jou egter verstandig gedra, dan sal die Romeine ook jou vriende word, en jy sal dan net soos Jaïrus `n goeie bestaan kan maak! Maar doen nou wat jy wil, uit die gevolge sal jy wel ondervind of ons jou vriendskaplike of vyandige raad gegee het!"

[14] Hierdie toespraak van Giwar het `n goeie uitwerking; die owerste word meegevoer en begin om in te sien dat beide Roban en Giwar volkome gelyk het en hy belowe hulle dat hy hulle raad sou navolg. - En so het die eerste storm in die sinagoge goed afgeloop.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205