Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Seëning van Giwar

85 Na `n uur kom Giwar weer na My toe terug en wou aan My alles vertel wat daar in die sinagoge met die nuwe owerste bespreek is.

[2] Maar Ek sê: "Vriend, bespaar jou die moeite, want jy weet dat niks vir My verborge kan bly nie. Ek wil jou egter wel sê dat jy en Roban julle sake baie goed afgehandel het, want die owerste sou andersins nog heelwat oorhoops gewees het. Maar hy is nou daarvan oortuig dat dit sinneloos sou wees om iets teen die Romeine te onderneem en dus sal hy in elk geval vir `n rukkie rustig bly. Julle mag hom egter nog lank nie heeltemal vertrou nie, julle moet steeds op julle hoede bly en hom so te sê nooit uit die oog verloor nie. Ek wil egter vir jou, omdat jy My ywerigste verdediger was en nog is, die vermoë gee om siekes deur `n korrekte gebed en deur die oplegging van hande te genees, en die vermoë om in jou hart die planne van die nuwe owerste te verneem en die juiste middele daarteenoor aan te wend - maar dit moet elke keer dadelik gebeur, want anders sal dit geen uitwerking hê nie! Die korrekte middele sal jou ook getoon word. Ontvang dan nou My seën daarvoor!"

[3] Toe val Giwar voor My op sy knieë neer en aanbid My vuriglik. Ek lê My regterhand op sy hart en My linkerhand op sy hoof en op daardie oomblik word dit lig in hom. En hy sê: "Heer, in my is nou geen duisternis meer nie, alles in my is lig en dit lyk vir my asof my hele liggaam nou uit `n diamant glinsterende deursigtige materie bestaan, waar die daglig ongehinderd sal kan deurdring. O Heer, laat my hierdie seën vir altyd behou, ek sal verseker weet hoe om hom te beskerm en altyd weet hoedat ek hom dankbaar in ere moet hou!"

[4] Ek sê: "Bly altyd getrou in My leer, dan sal jy nooit rede het om te treur oor die verlies van die lig nie!"

[5] Daarop staan Giwar op en merk dat daar, behalwe Borus en Jaïrus en Maria en My broers, geen vreemde meer aanwesig was nie, selfs die twaalf vernaamste leerlinge is nêrens te sien nie, en hy vra My wat daar gebeur het.

[6] Ek sê: "Alles moes so gebeur! Kyk, spoedig word dit herfs en dan kom die winter. Die oestyd is naby en Ek moet daaraan werk om arbeiders in diens te neem vir die veld en die wingerd. As in die jaar alles voorspoedig ingesamel is, is dit `n goeie rus in die winter; as die voorjaar dan kom, sal ons weer met hernude kragte volop werk kry.

[7] Ek sal vandag nog hierdie streek verlaat, want Herodes is `n sluwe jakkals en die nuwe owerste staan in sy diens, en dit moet geen rede wees om van My huis `n strydtoneel van die satan te maak nie. Ek het My leerlinge al `n paar uur gelede weggestuur. Hulle gaan met My broer Kisjonah saam en sal daar in Kis wag op die leerlinge van Johannes en aan hulle verkondig dat die Ryk van God naby gekom het. Hulle sal vandag nog met die leerlinge van Johannes hierheen kom en dan saam met My hierdie plek in die aand verlaat. Waar ons sal heengaan sal jy, en nog baie meer, in julleself gewaar word.

[8] Werk dikwels tesame met Borus en Jaïrus, want dit is nou die twee waardigste manne in die hele Násaret; hulle besit My volle liefde en deur My ook die grootste barmhartigheid van God! Want soos wat beide My liefhet en ken, bemin en ken nie een van My leerlinge My soos hierdie twee nie!

[9] Al My leerlinge sal op `n sekere oomblik, wat nie so lank op hom sal laat wag nie, nog genoeg aanstoot aan My neem. Maar hierdie twee sal deur niks wat daar met My sal gebeur, op `n dwaalspoor gebring word nie, want hulle ken My deur en deur. - Rig jou daarom volgens hulle, dan sal jy ook dit bereik wat hulle bereik het!"

[10] Met hierdie mededeling is Giwar heeltemal tevrede en hy vra net nog wat daar met die twee engele gebeur het, omdat hulle ook nêrens meer te sien is nie.

[11] Ek sê vir hom: "Kyk na bo, dan sal jy nie slegs die twee nie, maar nog tallose skares om hulle heen sien!"

[12] Giwar kyk na bo. Hy sien in die stralende lig die twee aartsengele en om hulle heen tallose ontelbare engele wat elke oomblik gereed staan om My te dien.

[13] Maar Giwar slaan sy oë weldra weer neer en sê: "Heer, ek is `n sondaar, en my oë kon daarom die heilige gesig nie meer verdra nie, maar my vurigste strewe sal wees om my vir so `n skouspel waardig te maak!"

[14] Ek sê: "Doen alles goed en jou loon in die hemele, waarvan jy nou die rand gesien het, sal groot wees! Gaan nou egter weer na die sinagoge, want die owerste, wat hom nog etlike dae hier in Násaret sal ophou, mag jy nie mis nie, want hy beskou jou raad nou uiters belangrik."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205