Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Korah herinner hom `n ontmoeting in die tempel

90 Toe vra Korah aan Giwar of Ek My nog in die stad bevind, en of hy nie nader kennis met My sou kon maak nie. En hy sê verder: "Ek is nou heeltemal daarvan bewus dat jou Messias iets buitengewoon van God in Hom moet hê, want in satan se guns staan Hy gladnie, en Sy Naam skyn vir satan die grootste kwelling te wees! - Dit sê twee feite, wat weliswaar op buitengewoon wonderbaarlike wyse ondervind is, en wat ek my ewig nie uit die hoof sal kan laat praat nie, en daaruit maak ek die gevolgtrekking nou met `n rustiger gemoed, dat jy met die uitroep 'Seun van die Allerhoogste' ook heeltemal gelyk sou kon hê, en daarom sal ek, as dit moontlik is, tog met Hom kennis wil maak. Bring my na Hom toe!"

[2] Giwar sê: "Dit sou ek wel kan doen, en ek sou in die eerste plek wel geneig wees om jou na Hom toe te bring, maar die volk is nog ietwat moeilik teenoor jou, en deur die moedswil van die gewone volk sou ons gevaar loop om deur `n klipvoorwerp gewond te word. Tweedens berei Hy Hom voor om te reis, sodat dit vir Hom tog nie aangenaam sal wees as ons Hom lastig sou val nie! Maar Hy kom teen die winter weer hiernatoe of na Kis en Hy sal die winter in een van hierdie twee plekke deurbring, en dan sal ons genoeg geleentheid kry om Hom van naderby te leer ken, daarom glo ek dat ons hierdie keer die voorneme om Hom van naderby te leer ken, moet uitstel tot die winter."

[3] Korah sê: "Dit is wel waar wat jy nou gesê het, maar deson­danks kan ek die verlange nie van my afskud om hierdie buiten­gewone mens, deur wie alle goddelike Mag, Krag en Glansrykheid in sy totaliteit werksaam is, persoonlik te leer ken nie! Of wag, daar skiet nou `n geskiedenis oor die Pasga in die tempel te Jerusalem my te binne! Was dit nie hierdie Jesus, wat op `n na-sabbat, as ek my nie vergis nie, alle kopers en verkopers uit die tempel gedryf het en die kramers en alle wisselaars soos `n storm omvergegooi het nie!? Al die verkoopte diere het begin om afgryslik te brul en hardloop in `n wilde gejaag die verkoopsplekke van die tempel uit!

[4] Want hierdie man, met wie ek self gepraat het - en dit was helaas nie so vriendelik nie - was ook `n Galileër en heet ook Jesus, en by hom was `n aantal ander baie alledaagse manne en vroue, en die hele groep het soos `n baie gewone Galilese groep rondlopers daar uitgesien, maar hul aanvoerder Jesus het uitgestaan as `n buitengewone mens.

[5] Hy het eintlik nie baie gesê nie, maar wat hy gesê het, was diepsinnig, waar en inhoudryk! Hy het toe ook in Jerusalem `n aantal siekes genees. Toe die voorval egter, na ek meen - voor Herodes gekom het, wat behoorlik bang was vir hierdie Jesus, toe verdwyn die wonderdoener in die nag plotseling uit Jerusalem, en ons kon nie te wete kom waar hy heengegaan het nie. Na Galiléa kon hy nie gegaan het nie – nie so regstreeks uit Jerusalem nie, want dan sou ons verseker dadelik berig ontvang het, omdat ons baie spioene agter hom aangestuur het.

[6] Na `n paar weke kry ons wel gerugte oor die timmermanseun, Jesus te hore, maar ons kon toe nog nie aanvaar dat dit die bekende, eenvoudige, stil en beslis wetenskaplik onontwikkelde mens is wat self nóg kon lees nóg kon skryf, dat Hy dieselfde geweldige Jesus kon wees vir wie duisende in die tempel te Jerusalem vir so `n oordeel van God gebeef het. Maar as dit hierdie bekende timmerman Jesus is wat sulke goddelike dade gedoen het, dan moet hy beslis ook dieselfde Jesus wees wat op die Pasga die hele Jerusalem verskrik het! Nou, as dit Hy is, dan ken ek Hom al uit Jerusalem en hoef ek Hom daarom nou gladnie lastig te val nie!"

[7] Giwar sê: "Ja, dit is een en dieselfde! Ek ken Hom al meer as `n jaar, vanaf die ou Josef, so ongeveer `n jaar gelede gesterf het. Ek het nie die geringste spoor van iets buitengewoons aan Hom ontdek nie, ofskoon - soos wat mense hier en daar vertel het - hulle by sy geboorte, wat te Bethlehem in `n skaapstal plaasgevind het, dat daar baie buitengewone dinge plaasgevind het, en ook daarna tot op Sy twaalfde jaar. Maar vanaf Sy twaalfde jaar moes alle buitengewone dinge verdwyn het, en die groot verwagtinge van Sy ouers het verlore gegaan, en Hy het tot op hede, respektiewelik tot aan sy dertigste jaar, en dit is nou, `n baie onopvallende, eenvoudige timmerman gebly!

[8] Hy was baie swygsaam, op tien vrae kry mens skaars `n kortaf antwoord, daarenteen was hy tog steeds goed vir kinders en armes. Dikwels het mense hom sien bid en ook sien ween - maar altyd in stilte - maar nooit sien lag nie; vrolike, lawaaierige geselskap het Hy vermy en Hy het veral gehou van eensaamheid. Die merkwaardigste van alles was egter dat `n mens Hom baie selde in `n sinagoge gesien het en net so min in `n skool, wat Hy slegs na baie aandrang van Sy ouers `n paar keer `n jaar besoek het, maar dit ook altyd weldra sigbaar vererg verlaat het. In `n gebedshuis het niemand Hom egter nog ooit gesien nie. Dié vreemde gedrag van Hom was dan ook die rede waarom baie Hom ietwat onnosel gevind het.

[9] Maar op Sy dertigste jaar verdwyn Hy skielik uit Sy ouerhuis en Hy bevind Hom in daardie tyd in die woesteny te Betabara aan die klein Jordaan, waar die beroemde Johannes verblyf gehad het. Hy het daar opgedaag en Hom deur Johannes laat doop. Van daar af trek Hy vervolgens, soos wat Hy nou is, vol goddelike krag die land in, leer die volk oor die Ryk van God, genees alle siekes en dryf by besetenes hulle bose geeste uit. Dit is in kort Sy aardse lewensgeskiedenis, wat ek gedeeltelik self van Hom verneem het, maar die grootste deel het ek van hoorsê te wete gekom."

[10] Korah sê: "Ja, ja, jy sal wel gelyk hê! Die geskiedenis in Bethlehem baar ongeveer dertig jaar gelede baie opsien, en as ek my nie vergis nie, het die ou Herodes juis oor Hóm die onmenslike kindermoord beveel. Hy moes egter na Egipte ontvlug het. – Sien jy, nou is dit vir my baie duidelik! Nou, nou, dit is dus dieselfde Jesus!? Ja, aan Hom kan beslis iets buitengewoons wees, en jy sal met jou veronderstelling sekerlik nie ver van die merk af wees nie! Maar ek sou Hom dan tog nog wou spreek voordat Hy dink om hierdie plek te verlaat!"

[11] Giwar sê: "Soos wat jy wil - vir my bly dit dieselfde! Maar dan moet daar vooraf tog deur ons `n boodskapper in die strate van die stad gestuur word, wat jou nou baie goed moet aanbeveel by die volk, aangesien dit andersinds nie heeltemal veilig sou wees vir jou om jou op straat te begewe nie; want ek ken my Násareners!"

[12] Korah sê: "Nou, stuur dan vinnig verskeie boodskappers en laat hulle my naam aanprys as gunstig vir die volk, anders sal Hy al weg wees!"

[13] Giwar stuur dadelik twaalf boodskappers uit, en die prys die nuwe owerste so goed by die volk aan dat hulle na `n oomblik hardop begin juig en allerlei kosbare geskenke begin gereedmaak waarmee hulle op die volgende sabbat die nuwe owerste wil verwelkom.

[14] Nadat die boodskappers met die goeie berig by die sinagoge teruggekom het, sê die owerste vir Giwar: "Nou gaan ons regtig gou na buite, anders wys Hy ons nog af - en ek sou Hom tog graag wou spreek!"

[15] Giwar sê: "Ek is gereed en dit sou betaamlik wees as ons Hom albei `n afskeidsbesoek bring, maar laat altwee van ons tog maar gaan" -

[16] Giwar en die nuwe owerste vertrek dadelik. Maar nadat hulle hulleself `n paar treë buite die stadspoorte bevind het, kom Borus, Jaïrus, sy vrou, Sarah en moeder Maria hulle tegemoet en het vir Giwar en die owerste `n treurige mededeling dat die Heer `n halfuur gelede met Sy twaalf leerlinge en met die sewe leerlinge van Johannes wat daar aangekom het, alreeds vertrek het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205