Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die bedreiging van Herodes

91 Die berig stem die owerste droewig, en hy gaan, op uitnodiging van Borus, met Giwar na sy groot, paleisagtige huis toe waar Borus alles moontlik laat doen om die nuwe owerste so goed moontlik te versorg.

[2] Ook Bab en Roban voeg hulle daarby en die hele aand word natuurlik oor niks anders gepraat as oor Jesus die Heer nie.

[3] Maar ten slotte sê die owerste: "Maar vertel my nou eers dan wat die werklike rede was dat Hy na alles wat ek tot op hede van Hom en oor Hom gehoor het, nie aangedring het om hier te bly nie? Want dit sou heelwat anders gewees het as Hy vanweë Sy allerhoogste roeping vir `n wyle êrens anders moes heengaan, maar dit lyk egter asof Hy slegs uit angs vir Herodes gegaan het! Maar `n Man soos Hy vir wie, sover dit nou vir my oor Hom vertel is, hemel en aarde gehoorsaam, wat daarby nog die Romeinse opperstadhouer tot sy intiemste vriende tel, sou tog duidelik geen rede gehad het om vir die swakke pagkoning van Jerusalem op die vlug te slaan nie!

[4] Waarlik, bekyk die saak soos wat jy wil, maar dit is wel seker dat dit vir die bewoners van die aarde regtig nie goed daar uitsien as `n God bang begin te word vir die duiwels en vir hulle op die vlug slaan nie! - Hm, hm, hoe meer ek daaroor nadink, hoe raaiselagtiger word die saak vir my!

[5] Gee julle my eers `n beter verklaring daarvoor, anders moet ek julle almal, hoe graag ek ook mag, heel openlik sê dat julle julleself, net soos ek, geweldig met hierdie man kon vergis het, want die Almagtige hoef regtig nie vir `n Herodes, wat miskien nog nooit daaraan gedink het om hom te vervolg nie, bang te wees nie! Want ek, as gunsteling van hierdie pagkoning, ken hom beter as elkeen van julle en weet dat hy in hierdie afgelope tyd al baie spyt daaroor was dat hy Johannes gedood het. Want die plotselinge dood van Herodias en haar dogter het die pagkoning so `n angs ingejaag dat hy in sy lewe beslis nooit weer `n profeet sal laat doodmaak nie!

[6] Jesus moes dus om heel ander redes hier so vinnig weggegaan het! Ook al sou die opgewonde sewe leerlinge van Johannes nog sulke afskuwelike dinge oor Herodes kon vertel het, dan vra ek my tog af of `n alwetende man wat van God afkomstig is, wat beslis weet wat ons nou hier oor Hom praat, hulle kan glo wat kennelike leuens vertel het!? Ken niemand van julle dan `n beter rede vir sy plotselinge vertrek sodat julle vir my kan gerusstel nie?"

[7] Borus sê: "Beste vriend, daar sal sekerlik `n addertjie onder die gras skuil, omdat Sy vlug ons almal net soos verbaas het soos jy, hoewel ons volkome daarvan oortuig is dat Hy tog die Een is wat ons as sodanig erken en aangeneem het. Eerlik gesê, was Hy ook vir jou bang en daarom het Hy vanmôre gevra dat die talle leerlinge en hoë Romeine, wat nou etlike dae by Hom was, moes weggaan. Maar soos wat ek dit nou sien, sou Hy weinig rede gehad het om vir jou bang te wees, omdat jy vír Hom en sekerlik nie téén Hom is nie. Daar moet dus `n heel ander rede wees waarom Hy so vinnig vertrek het. Ek dink dat die skyn hier bedrieg."

[8] Die owerste sê: "Vertel my eers wat daar aangegaan het en wat daaraan verbonde was terwyl Hy Hom gereed maak om te vertrek! Miskien kan ek dan, of eerder nog vriend Giwar, `n beter rede vind!"

[9] Borus sê: "Dit gebeur so: Die môre vroeg stuur Hy al Sy twaalf leerlinge, wat Hy 'apostels' noem, na die see om `n skip vir Hom in orde te bring, en waarskynlik ook om inligting in te win of daar nie êrens vir Hom deur Jerusalem uitgestuurde spioene en gehuurde sluipmoordenaars te vinde is nie. In Sibara, die tolplek wat behoort aan `n sekere Matthéüs, ook `n leerling van Jesus, ontmoet die leerlinge van Jesus die sewe leerlinge van Johannes, wat hulle alreeds vroeër ontmoet het - ek glo die keer toe Johannes nog in die gevangenis gesit het en die woorde van Jesus gehoor het. Hierdie sewe leerlinge vertel die apostels alles wat in Jerusalem met hul meester gebeur het. En tewens vertel hulle dat Herodes nog heel in die geheim spioene en moordenaars uitgestuur het - hoewel hy teenoor diegene wat hom oor Jesus ingelig het, openlik verklaar dat Hy die uit die dood opgestane Johannes was. Aan hierdie spioene en moordenaars het hy gesê dat as hulle sou vasstel dat die veronderstelde Jesus in werklikheid die opgestane Johannes was, hulle Hom dan niks moes doen nie, maar rustig na hulle huis moes gaan; maar as dit egter Jesus was, dan moes hulle hom sonder meer probeer doodmaak! Sou die moord hulle geluk, dan sou hulle van Herodes `n groot beloning kon verwag, geluk die moord hulle egter nie omdat Jesus in ‘n sekere sin `n werklik onaantasbare mens van God was, dan sou hulle dieselfde loon van Herodes kon verwag, en dan sou hy met sy hele groot hofhouding `n aanhanger van Jesus word! – Dis die berig wat die leerlinge van Johannes gebring het, wat saam met die leerlinge van Jesus hier na Násaret gekom het, aan Jesus die Heer.

[10] Toe Hy dit gehoor het, sê Hy: 'Hierdie boosaardige proefneming sal maak dat Herodes nooit My leerling word nie! Die aarde is groot en Ek sal wel `n plek vind waar die bose apostels van Herodes My nie sal vind nie! Het die Seun van die Mens dan gekom om dit wat Hy is te word deur gehuurde moordenaars? Nee, en ewig nee! Wie My met moordwerktuie in die hand vra wie Ek is, die sal in der ewigheid geen antwoord kry nie! Dit is egter, afgesien hiervan, tyd dat ons hier weggaan, en laat ons dus gaan en kyk dat ons op vreemde bodem mense vir ons wen, wat ook sonder moordwerktuie teen ons liggaamlike lewe sal glo dat ons is wat ons is!'

[11] Na hierdie woorde van Jesus vertrek die mense dan ook dadelik, want Hy sê: 'Laat ons gaan, soos wat Ek wil, want Ek sien dat seshonderd Herodiaanse moordapostels wat op My afgestuur is, hulleself reeds baie naby bevind, daarom gaan ons nou ook dadelik hier weg!' - Toe gaan al Sy en Johannes se leerlinge weg in die rigting van Sibara en sal hulle nou al by die see bevind!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205