Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die vryheid van die mens

92 Die owerste sê daarop: "Ag, nou sien die saak heel anders daaruit! Hy gaan dus glad nie uit angs weg nie, maar uit pure wysheid om Herodes se welverdiende straf elke geleentheid te ontneem, dat hy nou nie slegter, maar ook nie makliker beter kan word nie! Ag, dit het hy baie goed gedoen, en ek kan Hom maar net prys daarvoor.

[2] Maar hierdie Herodes is in die eintlike sin van die woord `n mens van wie niemand nou presies weet wat hy aan hom het nie. Enersyds is hy `n goeie, so nou en dan `n buitensporige weldoener van `n mens, andersyds egter dadelik `n eersterangse duiwel! Vandag maak hy aan jou in `n soort bevlieging van hartlikheid en grootmoedigheid die prysenswaardigste beloftes en kom dit ook na aan diegene wat kort na die beloftes by hom uitkom. Maar wee diegene wat hom die volgende dag daaraan sou herinner; hy kry nie net niks van al die beloftes nie, maar word ook nog op so 'n gevoelige en beledigende manier afgewys dat alle moed hom begewe om `n tweede keer na hom toe te gaan om hom aan die gemaakte beloftes te herinner!

[3] Mens kan daarom ook nooit `n spesiale vriendskapsband met hom sluit nie, omdat hy dit beslis nie sal onderhou nie - dit is Herodes! Én ons verhewe Verlosser Jesus sal dit net so goed weet as één van ons, en het daarom volkome tereg uitgewyk, want ook al het Herodes homself ook honderd keer van die onaantasbaarheid van Jesus oortuig, dan sou dit vir Herodes tog net niks bewys het nie. Vir hom lewer dit wat vandag plaasvind, verseker geen bewys vir môre nie; want hierdie mens het óf geen herinnering nie, óf hy leef volgens waardes waarmee slegs hy, maar naas hom geen ander mens kan bestaan nie!

[4] Maar dat hy vir die orige `n sluwe jakkals is, hoef nie verder aangetoon te word nie. Want belastingafpersing kan hy buitengewoon goed doen, net soos om aan die Romeine verskuldig te bly oor die pagsom. Ek weet egter hoe hy dit doen, maar daaroor `n ander keer!

[5] Tog sou ek nou van julle wil weet of ons Verlosser Jesus nie weereens na Násaret toe sal kom nie. Het Hy niks vir julle daaroor gesê nie?"

[6] Borus sê: "Niks bepaald nie, maar ek hoop dat Hy die winter by ons sal kan deurbring! Dit is egter ook moontlik dat Hy die winter in Sidon of Tirus sal deurbring, maar dan sal ons wel van Hom berig ontvang en ons tydelik daarheen begewe."

[7] Die moeder Maria wat baie bedroef daar uitsien sê: "Hy sal wel hierheen kom, maar natuurlik weer net vir `n paar dae!"

[8] Die owerste sê: "O liewe moeder, wees maar gerus, want Hy sal nie vir ons en nog minder vir u vergeet nie!"

[9] Die moeder sê: "Dit sal Hy nie, maar vir my is dit tog droewig as ek moet sien en ondervind dat die slegte, blinde mense hul grootste, ewige Weldoener moedswillig misken, Hom vervolg en Hom haas allerweë met die grootste ondank bejeën!"

[10] Die owerste sê: "Kyk, liewe moeder, die mense is nou eenmaal soos wat hulle is, en Dawid het in sy nood nie verniet uitgeroep nie: 'O, hoe totaal nutteloos is alle menslike hulp, want hulle kan almal wat in die nood is nie help nie!' Origens was dit ook altyd die treurige lot van almal wat deur God met hoëre geheimsinnige vermoëns bedeeld was, groot mense, dat hulle dadelik deur die menslike erdwurms so vervolg word soos wat die klein swaweltjies moedswillig die groot magtige adelaar vervolg. Want die klein mense wil by al hul onbelangrikheid tog groot wees, en kan dit daarom nie verdra wanneer daar `n werklik groot man optree waaraan hulle hul eie nietigheid kan afmeet nie!

[11] Kyk na die groot profete! Wat was hul aardse lot? Vanaf die geboorte altyd armoede, allerlei gebrek en ontberings, afguns, vervolging en ten slotte selfs `n gewelddadige dood aan die hand van selfsugtige erdwurms! Waarom God dit steeds so wil hê, was vir my vanaf my kinderjare `n raaisel gewees. Maar die steeds wederkerende ervaring leer ons dat dit, jammer genoeg, altyd so was en ons kan daarteen net so min doen as teen die hinderlike kort wintersdag. God het dit nou eenmaal so gereël, en ons kan dit nie verander nie. Wel, kom ons hoop dat dit eendag in die ander lewe beter sal gaan!

[12] U goddelike Seun sou na wat ek oor hom gehoor het meer as genoeg mag hê om alle onbetaamlikhede van die wêreldse mense in één klap te laat ophou. Dat hy dit egter nie doen nie, kan ons duidelik sien aan die feit dat hy in ‘n sekere sin liewer vir die erdwurm Herodes vlug, as wat Hy hom in één slag sou vernietig! Hy, wat dit maklik sou kon, doen dit nie, en ons kan dit nie - en so bly die ou bekende, slegte situasie steeds bestaan! As Hy weer eendag hierheen kom, sal ek met Hom `n heel ernstige onderhoud daaroor wil voer."

[13] Borus sê: "Dit sal weinig baat! Want ek was getuie van alles wat die opperstadhouer, wat ook nog `n oom van die keiser is, in `n wêreldverbeterende opsig raad en voorstelle aan Hom wou gegee het, maar alles was tevergeefs! Hy het kristalhelder uitgelê wat die mensdom is, en hoe hulle soveel moontlik sonder spesiale oordele en straf gelei en bestuur moet word, indien hulle enkel en slegs deur suiwer onderrig en deur hulle algehele eie vrye roeping, hulle toekomstige, deur God bepaalde, ewige bestemming wil bereik! Die stadhouer moes Hom, net soos ons almal, heeltemal gelyk gee, en die meermale gewelddadige optrede wat met krag voorgestel word, bly totaal agterweë. Daarom kan jy al vooruit verseker wees daarvan dat die onderhoud wat jy jou voorgeneem het, eweneens op afwysende wyse sal verloop!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205