Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Helena se vraag

101 Helena sê, terwyl sy van liefde vir My nog bietjie na-snik: "Maar sê my nou tog eers wie die twaalf eerbiedwaardige manne is wat haas niks sê nie, maar tog altyd by Hom is! Dit moet baie wyse manne wees! Eén lyk erg baie na Hom, maar één is nog `n leerling, en luister altyd baie aandagtig na Hom en skryf baie op. Wie is hulle?"

[2] Mathael sê: "Dit is, sover ek weet, Sy oudste leerlinge, en hulle is, op één na, almal baie wyse en magtige meesters oor hul liggaam en oor die natuur! Maar die een daar lyk vir my na `n sluwe, laaghartige mens! Helaas, hom sou ek nooit tot my vriende wil reken nie. Dit lyk regtig na `n arme duiwel wat te vroeg mens geword het! Die Heer sal wel weet waarom Hy hom duld! Duiwels is immers ook skepsels waaroor Hy regeer en ook afhanklik van die fluistering van Sy wil, daarom pas dit ons nie om te vra waarom Sy liefde in die teenwoordigheid van `n duiwel ook wonders doen nie! Maar `n vreemde wese ís dit! Ek sou hom wel eendag aan die tand wou voel om vas te stel wie se geesteskind hy is! - Maar laat ons nie verder daaroor praat nie! Dit is voldoende dat dié Een hom ken! Met die ander sou ek egter, as die oomblik daar gunstig voor is, self gewis eendag `n paar woorde wou wissel. Hulle moet al baie ver in die leer ingewy wees!"

[3] Helena sê: "Ja, natuurlik, dit moet baie wyse manne wees wat reeds vanaf die begin baie aanleg vir wysheid aan die dag gelê het, anders sou Hy hulle seker nie as leerlinge aangeneem het nie! Ek sou ook niks daarteen hê om met hulle gedagtes te wissel nie, maar dit sal seker nie so maklik wees om `n goeie manier te vind om hulle te benader nie! - Wat dink u daarvan, beste vriend Mathael?"

[4] Mathael haal die skouers op en sê: "JaHWeH God het my weliswaar heeltemal laat ontwaak, waardeur ek één is met my gees. Daardeur ken ek myself en God in soverre as dit my gegee is om dit as diepste lewenswaarheid te besef. Maar om die mees verborge lewensroersele van die mensehart te lees soos `n ope boek, en daarin haar diepste, innerlike lewenswette te onderken, dit kan slegs dié Een, en diegene aan wie Hy dit wil openbaar.

[5] Ag, by `n suiwer wêreldmens, wie se innerlike lewe nog heeltemal as’t  ware leweloos en volledig opgesluit lê in die dood, en wie se hele denke en wil bestuur word deur die brein en die uiterlike sintuie, kan mens haarfyn vasstel hoe en wat hy dink, voel en wil. Maar dit is nie moontlik nie by mense wat hul heeltemal ontwaakte gees gebruik om te dink, te voel en te wil vanuit die sentrum van hul lewensbron, want hierdie mense het reeds deel aan die oneindigheid, en slegs deur God kan die waarheid, wat daaragter verskuil lê, deurgrond word.

[6] Daarom kan mens met sulke mense ook nie soos met gewone, alledaagse mense `n gesprek aanknoop nie. Maar mag dit vir ons nodig wees, dan sal die Heer sekerlik daarvoor sorg en dit toestaan, maar so nie, dan sal ons daardie genoeë ook maar liewer nie hê nie . - Maar, liewe Helena, hoe vind jy die sterre, wat nou so pragtig flonker aan die uitspansel!"

[7] Helena sê: "Al vanaf my prilste jeug het die sterre my heel baie geïnteresseer, en ek herken al vroeg `n aantal van die sogenaamde sterrebeelde. Die van die diereriem word vir my as die belangrikste die eerste aangewys. In die verloop van `n jaar leer ek hulle almal ken, en later leer ek ook die ander, wondermooie sterrebeelde, en selfs die afsonderlike, groot sterre. Ek ken al die name van die sterre, ek weet waar hulle staan en wanneer hulle in elke maand op- en ondergaan. Maar wat het jy daaraan? Hoe meer ek my met hierdie pragtige hemelliggies besig hou, hoe meer word dit onwrikbare vraagtekens vir my hart waarop tot op hede nog geen sterfling `n bevredigende antwoord gevind het nie. Omdat ek egter die brawe sterre niks kon ontlok nie, hou hul name, wat natuurlik al oeroud moet wees, my des te meer besig.

[8] Wie ontdek eerste die zodiak/diereriem en gee die twaalf sterrebeelde hul naam? Waarom kry dit juis die naam wat ons ken, en waarom nie `n ietwat minder wonderlike nie? Wat het die Leeu te maak met `n Maagd, wat `n Kreef met die Tweeling, wat `n Skerpioen met `n Weegskaal, wat `n Steenbok met die Skutter? Hoe kom `n Stier en `n Ram aan die firmament, hoe `n Waterman met die Visse?

[9] Merkwaardig is trouens dat daar in die diereriem ook vier mense en `n voorwerp voorkom. - As u my hieroor `n verklaring kan gee, sal ek u baie erkentlik wees!"

[10] Mathael sê: "O liewe Helena, niks is makliker as dit nie! Gebruik maar bietjie geduld tydens my uitleg, dan is alles vir jou daarna wel duidelik!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205