Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Herkoms van die diereriem

107 Mathael sê: "O liefste Helena! Jou vraag is werklik heel kort, maar `n totale antwoord sou op sy minste gewis een jaar duur! Daarom sal ons die beantwoording van jou kort vraag maar na later verskuif, en vir nou slegs maar daarvan sê dat die name van alle sterrebeelde presies dieselfde oorsprong het as die twaalf van die groot 'Zodiakos'. Hierdie sirkel met die Grieks klinkende naam word heel onjuis ook 'Diereriem' genoem, hoewel daar ook name van mense en voorwerpe in voorkom.

[2] Volgens die Oud-Egiptiese taal beteken Zo of Za ongeveer dieselfde as 'vir'; dia, of ook wel diaia 'werk'; en kos '`n deel' of ook 'die deling'. Juis vertaal beteken Za diaia kos (of ook  kose) letterlik: vir die werk die deling of: Indeling van die werk.

[3] Jy sien nou wel dat die oorspronklike naamgewing maar net so kon gegaan het soos ek jou vertel het, en dat my verklaring van die Zodiakos (Zodiak) die regte een is! In die begin deel die oues die groot sirkel in volgens hul periodiek optredende werk. By die latere nakomelinge bepaal die reeds ingedeelde sirkel die werk, want elke daarin voorkomende sterrebeeld dui aan die Egiptenare reeds vooraf watter werk op hulle in die komende periode wag. En in dié gees was die naamgewing ook heeltemal logies - maar nie volgens die onjuiste uitleg van die Grieke en Romeine nie.

[4] Soos wat die wyses hierdie sirkel en sy beelde op die regte wyse benoem het, so benoem hulle ook talle ander sterrebeelde, hoewel nie almal nie, en hulle was ook die eerste ontdekkers van die aan jou bekende planete, uitgesonderd die maan en die son. Hierdie laaste een is, sekerlik vir ons aarde, natuurlik geen planeet nie, omdat die son nie om die aarde nie, maar die ander planete en die aarde hulle in verskillende tydsbestekke om die son beweeg. Dit het egter niks te make met die daaglikse skynbare omlooptyd nie, wat ontstaan deur die eie draaiing van die aarde om haar as nie, maar dit het te make met die omlooptyd van die aarde om die son in een jaar, terwyl Venus en die selde sigbare Mercurius korter, en Mars, Jupiter en Saturnus langer omlooptye het as die aarde.

[5] Die maan behoort geheel en al by die aarde en beweeg sig saam met haar in `n jaar eenmaal om die son, terwyl dit as vaste begeleidster van ons aarde bowendien elke 27 tot 28 dae eenmaal om die aarde draai op `n afstand van honderdduisend lopende uur gaans.

[6] Maar dit is nou nog sake wat jy so sonder meer nie in één keer kan verstaan nie. As die gees van God in jou siel ontwaak, sal jy dit alles en nog baie meer vanself weet, sonder enige moeilike onderrig van andere.

[7] Daarom is veral één ding nodig: besef hê van jouself, en God en Hom bo alles liefhet. Al die ander kom dan gewis vanself.

[8] Dit lyk my origens dat ons twee nou genoeg gepraat het, en dit sou goed wees as ons nou eers ietwat sou uitrus, sodat die ander vriende, wat baie wyser is as ons, miskien ook iets goeds kan inbring.

[9] Mens moet self nooit te veel oor `n bepaalde onderwerp sê nie, maar ook ander aan die woord stel en na hulle luister. Want geen mens op die hele wêreld is so wys dat hy nie so nou en dan ook selfs van `n minder wyse iets kan leer nie, laat staan van iemand wat wyser is as hy! En daarom, liefste Helena, sal jy my wel vergewe dat ek nou `n rukkie self niks sê nie, maar na die ander luister, vooropgestel natuurlik, dat hulle iets wil sê."

[10] Helena antwoord daarop: "O dit is die beste! Rus u maar ‘n bietjie uit, want u is nou tog al byna `n paar uur aanmekaar alleen aan die woord gewees.

[11] Miskien vertel by hierdie geleentheid iemand iets naders oor die groot Heer wat nou in ons midde is, en daarby skaars laat blyk dat Hy die Een is wat Hy is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205