Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 109

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Mathael die voorloper

109 Thomas sê: "Jy dink nou seker dat jy `n groot profesie gedoen het, en dat ons dit sonder jou nie sou weet nie?! Jy is tog wel, ondanks al die groot, wyse woorde wat jy nou al meer as `n halfjaar gehoor het, `n arme, dom sukkelaar!

[2] Sedert wanneer staan lig en duisternis nie vyandig teenoor mekaar nie? Wanneer was lewe en dood ooit in broederlike eendrag met mekaar verenig? Wanneer het rasende honger en volledige versadiging mekaar in paradyslike vrede die hand gereik? Dwaas! Dit spreek tog vanself dat as van hieruit die grootste en helderste lig uit die hemel in die dik, aardse duisternis sal dring, dit nie sonder teëwerking sal gaan nie!

[3] Kyk na die onmeetlike ysvelde van die geweldig hoë Ararat! By hul huidige geringe graad van warmte, wat die wyse Egiptenare aan die hand van kleur en vastheid van die ys vasgestel het, smelt dit nie. Maar laat die somerhitte van Agter- Egipte eendag op sulke ysvelde los, dan sal gou al die ys in water verander! Maar wee dan die dale wat deur daardie smeltwater oorstroom sal word!

[4] En kyk, wat vir die materie onvermydelik is, sal voortaan in die geestelike sekerlik nog minder uitbly!

[5] As ons egter al begin om met die swaard in die hand die evangelie van God te verkondig, dan sal ons des te eerder die swaard van die wêreld teen ons oproep. Begin ons egter met die wapen van die vrede, wat liefde heet, dan sal ons ook veelvuldig die vrede vind.

[6] Dat so `n hemelse gawe naderhand oorloë en allerlei stryd sal teweegbring solank die stoflike wêreld ten gevolge van die goddelike orde moet bly wat dit altyd was, nog is en ook sal wees en bly, is iets vanselfsprekends en dit hoef nie geprofeteer te word nie. Maar juis deurdat op die manier van Mathael aan ietwat begrypender mense die heidendom getoon word as iets wat in oorsprong belaglik en dom en absoluut sonder enige inhoud is, sal in elk geval geen te groot en verderflike weerstand as `n alles vernietigende krag teen ons opgeroep word nie!

[7] As jy dit wat ek jou nou aangetoon het, ook maar `n bietjie na waarde geskat het, moet jy die totale onsin van jou teenoor my uitgesproke profesie wel duidelik insien!"

[8] Judas sê: "Ja, ja, jy is altyd die wyse Thomas en alles wat ék sê moet dom wees! Jy het natuurlik gelyk, maar dit erg my dat ék nooit gelyk kan hê nie! Ek kan iets hóé goed oordink voor ek dit uitspreek - en as ek dan my mond maar oopmaak, val elkeen my oor die uitgesproke domheid aan, soos die leeu `n lam! Ja, daarvan sou jy dan tog van ergernis soos `n opgeblase boompadda uit jou vel kon spring! Maar van nou af aan sal ek geen woord meer sê nie, maar stom wees soos `n stuk hout, dan sal julle tog niks oor my te sê hê nie?!"

[9] Thomas sê: "Ja, doen dit, dan is jy `n wyse man!"

[10] Toe roep Mathael vir Thomas en sê aan hom: "Ek dank jou in naam van die goeie saak dat jy broer Judas so `n gematigde berisping gegee het. Want dit het hom geen kwaad gedoen nie, en miskien sal vir hom dit, wat hy hier as `n belediging van sy verstand beskou, in die ander wêreld wel ten goede kom, want van innerlike wysheid is by hom nog lank geen spoor te herken nie, en dit sal daar heel waarskynlik in sy huidige lewe ook nooit kom nie.

[11] Maar laat hom in die vervolg maar met rus, want sy siel kom nie van bo nie, en sy gees is te siek en te swak om sy harde, wêreldse siel te versag en netsoos die van julle tot lewe te bring!"

[12] Toe voeg Ek My by hulle en sê aan Mathael: "Helaas, `n werktuig soos jy vir My is, is seldsaam en daarvoor moet Ek jou nou lof toeswaai! Gaan so maar voort, dan sal jy vir `n ander apostel, wat Ek eers later uit My vyande sal opwek, by die heidene `n bekwame voorloper wees! En nou gee Ek jou paslik die uitdruklike versekering dat jy en jou vier broers nooit weer die siekte waaronder julle so gely het, sal terugkry nie! Jy moet egter jou vier broers hul plek aanwys en vir hulle die regte pad aanwys.

[13] Ons sal nou nog `n paar dae hier deurbring en more op die sabbat sal daar nog heelwat gebeur waarby jy My goed van diens kan wees; want jy is een wat vir die wêreld of die dood nie bang is nie, en daarom is jy ook vir My so `n bekwame werktuig.

[14] Bring My nou na Helena, want sy verlang baie na My, en daarom gaan ons na haar toe om haar te versterk!"

[15] Mathael sê: "O Heer, hoe `n oneindige genade is dit vir my! U, my Skepper, laat U deur my na haar bring, wat netsoos ek U skepsel is! Maar die meisie is rein en vol goeie wil, sy weet beslis van geen sonde nie, en dan loon dit wel die moeite om so `n hart te versterk, waardeur later talle duisende gesterk kan word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205