Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Hoe mens God kan en moet dank

112 Ek sê: "O liewe Helena! Wat ter wêreld sou jy My kon aanbied wat tog al nie van My sou wees nie, en wat Ek nie al vroeër aan die wêreld geskenk het nie?!

[2] Kyk, dit sou dan tog `n heel oorbodige eis van My wees, volledig in teenspraak met Myself en My ewige orde.

[3] Die liefde doen alles! Wie My bo alles liefhet, bring vir My ook die grootste offer en die dank wat Ek die meeste waardeer, want daarmee offer hy vir My die hele wêreld op.

[4] Maar tesame met die liefde vir My is daar nog `n ander liefde, naamlik die naasteliefde. Die armes van gees en hulle wat arm is aan tydelik noodsaaklike, aardse goedere, is die ware naastes. Wat iemand in My Naam vir hulle doen, doen hy vir My.

[5] Wie `n arme opneem in My Naam, neem My op, en dit sal hom op die jongste dag vergeld word. Wie `n wyse opneem ter wille van die wysheid, sal ook die loon van `n wyse oes. Wie `n dorstige ook maar `n beker water gee, sal in My ryk met wyn vergeld word.

[6] As jy egter aan die armes goed doen, doen dit dan in alle vriendelikheid in die verborgene, en laat die wêreld dit nie weet nie, want die Vader in die hemel sien dit, en die gawe van die vriendelike gewer sal vir Hom welkom wees, en Hy sal dit die gewer honderdvoudig vergeld.

[7] Maar wie met sy weldadigheid slegs wil pronk voor die wêreld, het sy wêreldse loon ook al geneem, en hoef verder geen loon meer te verwag nie.

[8] Kyk, dit is die enigste manier van offer en dank wat Ek waardeer en ander maniere is daar nie. Want al die brand- en orige offers ruik weersinwekkend vir God se neusgate, en alle gebede met die lippe is `n gruwel vir God, omdat die harte daarby ver verwyderd is van die ware liefde tot God en die naaste, arme broers!

[9] Wie kan enige nut hê van die onsinnige geblêr in die tempels as mens niks doen vir die talle arm en hongerige broers buite die tempel nie?!

[10] Gaan en help eers die noodlydendes, voed die hongeriges, gee die dorstiges te drink, die naaktes klere, troos die treurendes, verlos die gevangenes, en predik vir die geestelik armes die evangelie, dan sal julle iets baie beters doen as wanneer julle dag en nag met julle mond sou staan en jammer in die tempels, terwyl julle harte daarby koud en ongevoelig sou bly ten opsigte van julle arme broers!

[11] Kyk na die lug, die aarde, die see; kyk na die maan, die son, die sterre; kyk na die blomme op die velde, en die bome, en bekyk die voëls in die lug, die visse in die water, en alle diere op die uitgestrekte aarde; kyk na die hoë berge en al die wolke en die winde. En kyk, dit alles verkondig luid die eer van God, en tog kyk God nie met menslike ydelheid daarna nie. Hy kyk slegs na `n mensehart wat Hom erken en liefhet as die enig ware, goeie, heilige Vader. Hoe sal Hy dan genoeë skep in `n verkeerde hart of `n sinlose seremonie met allerlei lippedienste, waaragter niks anders skuil as die skreiendste selfsug, eersug, heerssug en allerlei hoerery, en leuens en bedrog?!

[12] Nou weet jy dus dat God dit vereers nie nodig het om eer te aanvaar van die misbaarmakende/lawaaimakende mense nie, want die hele oneindigheid is vol van Sy eer.

[13] Watter eer wil die domme, blinde mens dan aan God gee as hy tog geen ander het nie as dit wat hy vroeër self van God ontvang het deur die genade van die menswees?! Of kan daar vir God enige eer in lê as die mense Hom `n os offer, maar hul ongeslagte(ongeofferde) harte behou, en ná die gebragte offer nog tien maal erger is as vóór die offer?!

[14] O, Ek aanvaar geen eer van mense nie, want die Vader in die hemel eer My meer as genoeg! As die mense egter My gebooie hou en My daardeur bo alles liefhet, eer hulle daarmee My en My Vader, en Ek en die Vader is volkome Één.

[15] As dit dus volgens die totale en ewige waarheid só is, kan niemand My oneer aandoen nie as hy die wil van God doen soos Moses en al die profete dit verkondig het, en wat Ek Self aan julle almal luid verkondig.

[16] Verstaan julle nou hoe God gedank en geprys moet word vir al die goeie wat ontvang is?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205