Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Vrymaking van die siel en die gees wat in die siel begrawe is

12 "Let op! As jy in `n plek kom met die pragtigste gevormde en sierlik uitgedoste mense van beide geslagte, gaan dan dadelik verder, want daar kry die ryk van God geen voet op die grond nie omdat daar ten minste `n halwe Sodom en Gomorra te vinde is! Is. Die strafgerig van God is ook nooit ver verwyderd van so `n plek nie, want sulke siele wat met die liggaam verstrengel is, wat tydens die grootste deel van hul bestaan byna alle bewussyn in hul liggaam begrawe het, is te ingrypend gebonde. En as hul skone liggame ook maar eers deur die slegte, ruwe en nog heeltemal onbeskaafde natuurgeeste van die lug besluip word, kan sulke gebonde siele hulle nie verweer nie en beswyk hulle spoedig tesame met hulle liggame, wat deur die innige verstrengeling met die siel baie vatbaarder en gevoeliger is as die vlees van `n liggaam met `n vrye siel.

[2] Gryp `n slag self so `n teer geboude stadsmeisie stewig aan die arm of aan `n ander liggaamsdeel en sy sal `n kreet van pyn los. Gaan egter buitentoe na `n werkende boer, wat benewens sy werk ook nog opreg sorg vir sy siel en vir die siele van sy kinders, dan kan jy die hande van die boer en sy kinders so stewig as wat jy maar wil beetpak en skud en hulle sal werklik nie sulke krete van pyn uiter nie!

[3] Julle dink seker dat die ongevoeligheid ontstaan het deur die swaar werk en die daardeur verkreë hardheid?! O nee, sê Ek vir jou! Die groter ongevoeligheid is maar net `n gevolg van die siel wat deur allerlei selfverloëning vryer van die liggaam geword het, waardeur dan ook die regte verharding van die liggaam tot stand kom.

[4] As alle sorg egter op die teerheid van die liggaam gerig is en daar selfs spesiale skole bestaan waar die liggaam deur allerlei gimnastiek so harmonies as moontlik en selfs deur allerlei salwe en olies so teer as moontlik gemaak word, dan is daar geen vrye en sterke siel meer nie; en as daar dan ook maar net `n sweempie van siekte oor sulke walglike swak liggame kom, dan hou die dood moeiteloos sy rykste oesfees.

[5] Dan word daar weer gejammer en gekla en die een halfgelowige mens na die ander sal sy mond oopmaak en sê: 'Hoe kan God tog behae daarin hê om die mense deurentyd net met allerlei plae te kasty?!' Of God bestaan glad nie, óf God is te verhewe en bekommer Hom nie meer oor die erdwurms nie, of God wil meer offers en wierook hê sodat mense Hom weer moet sus met ryke offers, magiese spreuke en wierook! Of God is in Sy toorn ontstoke en wreek hom nou op die onskuldige, swakke mensdom; mens behoort daarom in sak en as boete te doen en moet minstens twaalf sondebokke in die Jordaan werp!

[6] Maar niemand dink daaraan dat al die lyding, alle siektes, alle oorloë, alle dure tye, honger en pes maar net ontstaan omdat die mense, in plaas van om alles vir hul siel en hul gees volgens God se orde te doen, slegs alles vir hul liggame wil doen!

[7] Mense predik wel vir dooie siele oor die vrees vir God, maar deur sy eie dooie siel glo die prediker dit self lankal nie meer nie. Hy glo slegs maar aan dit wat hy vir sy prekery kry en hoeveel eer en aansien sy preektalent wat hy deur studie goed ontwikkel het, hom kan oplewer. En so lei die een blinde die ander en so wil die een dooie die ander dooie lewend maak. Die eerste een preek vir sy liggaam en die ander een luister na die prediking vanweë sy liggaam. Maar wat het `n doodsieke siel daaraan?

[8] Ek is `n geneser. Hoe kan Ek dit doen, vra die dooie en daarom heeltemal blinde mense hulleself af. En Ek sê vir julle dat ek van geen mens die liggaam genees nie, maar as `n siel nog nie te sterk met haar liggaam vermeng het nie, maak Ek slegs die siel vry en Ek wek, sover moontlik, die gees wat in die siel begrawe is, op. Hy (die gees) versterk dadelik die vry-geworde siel en sy (die siel) kan dan maklik alle gebreke van die liggaam in `n oogwink weer na die normale orde toe terugbring.

[9] Dit noem mense dan `n wonderbaarlike genesing, terwyl dit tog die gewoonste en natuurlikste liggaamlike genesing ter wêreld is! Wat iemand het, kan hy ook gee; wat hy egter nie het nie, kan hy ook nie gee nie!

[10] Wie `n lewende siel ooreenkomstig God se orde het, met daarin `n vrye gees, kan ook die siel van sy broer vry maak as sy nog nie te veel met die vlees vergroeid is nie en sy help dan baie maklik haar siek liggaam. As die sieledokter egter self `n baie siek siel het, wat meer dood as lewend is, hoe sou hy dan dit wat by homself ontbreek, aan `n ander siel kan gee?! Dink daaroor na!

[11] Dit is die voorwaardes om My leerling te word wat Ek nou aan julle voorgelê het en ook die werklike, eintlike oorsaak van die kwale van die wêreld. Doen nou wat julle wil! Ek neem julle nie as leerlinge aan nie, nóg hou ek julle teë om dit te word. As julle egter tog My leerlinge wil word, moet julle ook vóór alles eers julle siele vry en sterk maak, omdat julle andersins niks van die navolging van My leer sou hê nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205