Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die wese van die engele

122 Jarah sê: "O, sal hy! As die Heer hom op `n wyse wat vir ons onsigbaar is `n aanwysing sal gee, - maar andersins doen hy niks nie! Hy is aan my gegee as leraar en beskermer, maar as ek hom vra om die een of ander te doen, doen hy dit sekerlik nie! En as ek iets van hom wil weet, gee hy nie net geen antwoord nie, maar vra dit skielik vir my, en ek moet hom dan antwoord gee op dit wat ek aan hom gevra het. Daarom is elke vraag aan hom verlore moeite. Ek het wel baie erg aan hom, maar ek sou hom nog duisend maal liewer gehad het, - as hy maar `n bietjie meelewender sou wees! Hy is wel altyd uitermate vriendelik, maar mens mag hom niks vra nie, want dit het heeltemal geen sin nie."

[2] Mathael sê: "Maar ek wil eers sien of hy nie daartoe bereid sal wees om tenminste sommige burgerlike huise van die vlamme te bewaar nie! Ek sal hom hierheen roep en eers sien of die liewe Jarah heeltemal gelyk het!"

[3] Daarop roep Mathael vir Rafael en sê aan hom: "Vriend, kyk eers na die stad! Ek glo dat daar nou ook heelwat armlike hutte aan die brand is; as dit so is kan jy dit tog wel voorkom!?"

[4] Die engel sê: "Ongetwyfeld, as ek dit mag. Maar my wil is die van die Heer, en ek kan slegs, wat Hy wil. As die Heer dit wil, sal jy jou nie kan voorstel hoe vinnig ek die brand sou blus  nie! Maar sonder die wil van die Heer kan ek net so weinig doen soos jy, want al die wonders wat deur my uitgevoer is, het nie ek nie, maar slegs die wil van die Heer deur middel van my tot stand gebring.

[5] Ons engele is in wese slegs die uitvoerende orgaan van die goddelike wil, of te wel die verpersoonlikte wil van die Heer, en uit onsself kan ons niks nie, omdat ons sonder die goddelike wil as selfstandige wesens gladnie kan bestaan nie, net soos jou oë in die spieël hom geen waaragtige spieëlbeeld van die son sal kan voorstel as daar nie eers vanaf die egte son `n straal op die oppervlak van die spieël val nie.

[6] Om my wese egter nog beter te verstaan, wys ek jou op `n soort hol- of brandspieël, wat die van ouds af beroemde werktuigkundige Argimedes, per toeval uitgevind het. Hierdie spieëls, het die natuurlike eienskap het om `n aantal op hul vlak vallende sonstrale op `n bepaalde afstand in één punt te konsentreer. Die op één punt gekonsentreerde sonstrale, word dan sowel wat lig en warmte betref, `n soveel maal groter krag as die enkelvoudige straal, soos die verhoudingsgetal tussen die kwadraat van die deursnee van die brandpunt, en die deursnee van die spieëlvlak, waarby die deursnee van die brandpunt wel by die grootste konsentrasie nouliks twee duim breedtes meet en die deursnee van die spieëlvlak wel manshoog is.

[7] So `n brandpunt het dan seker `n meer as duisendvoudige groot krag as die natuurlike, enkelvoudige straal sowel as wat lig en warmte aanbetref, maar is tog nie denkbaar sonder die son nie.

[8] Die spieël verenig naamlik slegs die sonstrale tot `n sterk en vinnig werkende brandpunt, maar sonder die son besit hy geen krag nie, en bly daar by hom maar net die eienskap oor om die strale van die son te konsentreer soos wat dit op sy vlak val; maar sonder die son is die werking van die brandspieël gelyk aan nul.

[9] Ons engele is dus, soos gesê, slegs brandspieëls vir die opname en die konsentrasie van die goddelike wil, en as ons iets doen, doen ons dit deur die brandpunt van die goddelike wil wat in ons gekonsentreer is, en dan sien jy niks anders as wonders nie. - Verstaan jy dit?"

[10] Mathael sê: "O, dit verstaan ek nou beter, ek het net nie geweet dat Argimedes die uitvinder van die brandspieël was nie, want mense skryf dit tog oorspronklik toe aan `n sekere Hamerod, en vervolgens aan die bekende Thales, wat ook `n bliksemmasjien moes vervaardig!"

[11] Rafael sê: "Heeltemal korrek, maar Argimedes was `n draaier, en ontdek self sowel die grondbeginsels van die baie bruikbare brandspieël, van die silinder en van die skywe wat die bliksem veroorsaak, maar veral van die hefmasjien, deur die fortuinlike gebruik van sy spesiaal daarvoor uitgevinde en presies berekende skroef, na watter uitvinding hy sê: 'Gee my buite die aarde `n vaste punt en dan hef ek die hele wêreld uit haar voeë!'

[12] Uit dit alles blyk dit dat ek uit myself nie jou goeie wens sal kan uitvoer nie. Maar as die Heer my daarvoor sal uitkies, sal alles vinnig afloop. Vra dit daarom slegs vir die Heer!"

[13] Jarah sê: "Die Heer kan `n mens nie nou lastig val nie, want Hy het aanbeveel om te rus, of as ons wakker bly, te bid. En dit moet ons doen, want Hy sê niks verniet nie. Wat gaan dit ons aan of die hele stad afbrand?! Die Heer sal wel Sy rede hê waarom Hy dit oor hierdie stad laat kom het, en die rede kan bes moontlik `n baie goeie een wees, en vol van goddelike liefde en erbarming. As ons nou iets daaraan wou verander, sou ons die saak nie beter, maar eerder slegter maak. Die Heer sal op die regte oomblik, sonder ons voorspraak, wel Sy wil uitvoer. Met my Rafael is en bly egter niks aan te vang nie, want sonder die wil van die Heer is hy `n leë omhulsel. "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205