Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die regte wysheid verskaf die regte middele

124 Helena sê: "Dit was `n waar woord en ek het dit goed verstaan, maar ek verstaan net nie hoe jy so wys geword het nie!"

[2] Jarah sê: "Dink maar nie daaraan nie, want dit is `n saak van die Heer, wat die mense afhangende van hul moontlikhede, verskillende gawes van barmhartigheid gee, net soos `n saaier die saad by hulle op `n geploegde akker uitsaai. Daar waar die saad op `n goeie bodem val, bring dit ook maklik en vinnig, baie vrugte voort. Ek glo dat jou hart ook `n goeie akker is!?"

[3] Helena sê: "Dit sou wel so moet wees, maar ek het te lank in die blinde heidendom geleef, dat dit nog altyd in my eggo soos `n sleg gestemde snaar op `n windharp! Ek ken nou wel die waarheid, en sy het nou my lewe geword, maar dink eers aan my groot volk tuis, wat nog muurvas verbonde is aan die heidendom en hulle afgode! Hoeveel moeite sal dit ons nie neem om die volk op `n ander wyse voor te lig, en van die bygeloof te bevry nie! As die almagtige wil van die Heer ons nie geweldig daarin sal ondersteun nie, sal ons weinig of niks kan bereik nie!"

[4] Jarah sê: "Maar jy en jou vader was tog ook heidene, en desondanks het dit werklik nie soveel moeite en werk gekos om julle tot die suiwer waarheid oor te haal nie!"

[5] Helena antwoord: "Weliswaar kan ek die suiwer geestelike sake nie teen jou wysheid opneem nie, maar daar is op die wêreld ook nog baie ander sake, en wel veral in samehang met die verskillende leringe van mense, wat baie moeiliker uit die weg te ruim is as die foute van `n dwaalleer self.

[6] Eerstens kry jy met die priesters te doen, wat die godsdiens so ingerig het dat hulle die meeste profyt daaruit maak, en goed daarvan kan lewe. Die tempels vra baie aandag, en gee werk aan baie kunstenaars en handwerkers en verder is daar nog dienaars en knegte. Al hierdie mense lewe van die tempels en sal by die ophef daarvan hul inkomste en hul brood verloor. Wat sal dit wel sê!?

[7] As `n mens hierdie mense moontlik `n ander inkomste sou kon gee, sou dit miskien `n een en ander beter en gemakliker gaan, maar waar moet jy in `n land wat nie so groot is nie, so vinnig vir duisende `n nuwe bron van inkomste vind, en waar vir soveel mense brood vandaan haal!? Vir `n paar dae sou ons dit nog wel kon doen, maar vir jare aaneen! Waar moet jy dit vandaan kry, as jy ook nog goed en redelik wil bly!?

[8] Bowendien besit die priesterdom die grootste vertroue van die volk en staan daarby nog hoog in aansien. Bose priesters hoef daarom die volk maar net te sê dat die gode ons vervloek het, en dan kyk ons maar of ons nog heelhuids uit ons land gaan kom. - Kyk, vriendin, dit is sulke sake wat ons baie aan die dink sit! Soos gesê, slegs die wonderbaarlike hulp van die Heer sal raad kan verskaf!

[9] Dit sal moeilik wees om hier in die Judese ryk die suiwer lig uit die hemele te vergroot, omdat die ou leer van Moses te veel ondergesneeu is met onwaarhede en bedrieëry, waardeur die priesterdom te ryk geword het, en nou te goed leef. Tewens speel die priesterdom dit altyd baie goed om gemene saak met die maghebbers te maak, en hulleself vanweë allerlei politieke redes onontbeerlik te maak.

[10] Daarvoor gee die maghebbers die priesters gewoonlik te veel vryhede en voorregte, waarmee hulle dan die blinde volk deur allerlei truuks gou vir hulle inneem en waardeur die maghebbers uiteindelik die spel moet saamspeel om nie alles te verloor nie. Onder hierdie omstandighede is dit moeilik om hoof van `n volk te wees. Uiteindelik moet `n mens selfs bly wees dat `n mens nog kan en mag hoof speel, hoewel `n mens dit in werklikheid lankal nie meer is nie.

[11] Glo my maar, lank reeds is die priesters die eintlike gebieders van die volk, en van die volke, en die keisers, die konings en vorste is slegs hul heimlik baie geërde handlangers. Talle van hulle sou alles anders en beter wou orden, en al die vet en deurvoede dienaars in die pad wou steek as dit moontlik was! Maar dit is nie moontlik nie, en seker nie op `n menslike manier nie. Wel, as ek nou daaraan dink, rys my die hare ten berge! - Verstaan jy wel die probleme?"

[12] Jarah antwoord: "Sekerlik, en ek weet ook dat `n mens niks kan forseer nie. Maar waarmee jy ook deeglik rekening mee moet hou is, dat wat vir ons mense baie onmoontlik is, by God en met Sy hulp baie goed moontlik kan wees!

[13] Doen jy daarom maar soveel as wat jy kan, en laat al die ander oor aan die Heer, dan sal alles wel die gewenste goeie doel bereik!

[14] Daarby het jy Mathael, wat deur die Heer voorsien is van baie wysheid, krag en mag, en sy byna ewe wyse en magtige metgeselle. Hulle almal sal dit mettertyd ook wel bereik, en daarom kan jy nou ook baie gerus wees!

[15] En as Mathael sy lesse in jou land net so begin soos by jou, sal dit werklik nie so moeilik wees vir hom om selfs die priesters eerste aan sy kant te kry nie, wie hy dan nuwe opdragte kan gee. En hulle sal weet om die volk voor te berei op dit wat daarop sal volg. En wat die kunstenaars en handwerkers dan verder betref, hulle sal wel deur die totaal veranderde priesters vir ander doeleindes gebruik kan word!

[16] Maar as jy, liefste vriendin, as jy nou weer tuiskom, al die oue omver sou wou werp, dan is dit baie duidelik dat die inspanning en die werk beslis baie sleg beloon sal word.

[17] Die ware wysheid uit God moet ook weet om oral die regte middele te gebruik. As sy dit nie weet nie, is sy nog lank geen ware wysheid uit God nie. Wat by één mens moontlik is, moet ook by duisende moontlik wees, dit vra net natuurlik meer tyd en geduld, maar alles kan gaan, as jy die tyd en die daarvoor erkende middele gebruik. Met één slag word geen boom gevel nie, en met één emmer water is die bron nie droog nie. En so gaan dit oral: goeie wil, tyd en die regte middele kan berge versit, en `n see droog lê!

[18] Niks is by God onmoontlik nie; waar Hy geestelik en natuurlik help gaan alles goed! Maak jou dus heeltemal geen sorg nie en vertrou vas op die Heer, en dan sal alles wel baie beter gaan as wat jy dit jou nou voorstel! - Beste Mathael, het ek nou gelyk of nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205