Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Ouran toon aan dat Helena se vrees ongegrond is

125 Mathael sê: "Seker, wie sal dit wou ontken, maar my baie geliefde eggenote dra baie swaar daaraan! Ja, dit sal werklik nie so maklik wees nie, - maar nog lank geen Augiasstal wat die reus Hercules binne `n bepaalde kort tyd moes skoonmaak nie! Ek het heeltemal geen angs nie en ek dink dat alles met hulp van die Heer baie maklik sal gaan!"

[2] Helena sê: "Dit hoop ek ook, maar ek ken my volk en alle tradisionele gewoontes van die land, en ek sê vir jou dit te midde van hulle, dit wil sê te midde van die mense van my ryk, baie moeilik is om mens te wees en te bly!

[3] Baie menslike misverstande kan eenvoudig bestry word, maar dit is `n reusewerk om teen die fanatisme van die bygeloof te veg wat diamanthard geword het, en wat die priesterdom geweet het om met allerlei skynwonders aanmerklik aan te wakker.

[4] Miskien sou dit slaag deur ontsaglike teenwonders te doen, maar dan kan jy jouself afvra of jy die volk daarmee sal help! Jy sou so slegs die een bygeloof wegneem om die ander in die plek daarvan te stel, as jy tewens ook nie die regte insig sou gee om `n werklike wonder te onderskei van `n skynwonder nie. Maar hoe kan jy dit doen as jy die wesenlike aard van die skynwonder nog baie weinig ken?!

[5] Die ou priesters, wat ter bekragtiging van hul bedrieëry ten aanskoue van die volk al so baie skynwonders verrig het, sal nooit bereid wees om dit te herroep nie! Want as hulle dit doen, sal die hele volk hom op hulle stort en hulle in stukke skeur, want `n baie groot volk laat hom nooit as te nimmer so vinnig skool soos `n enkele mens nie.

[6] Met die oue priesterdom moet dus heel anders te werk gegaan word, en die volk moet op so `n geweldige verandering voorberei word sonder dat hulle baie erg daarin het, en ons kan van baie geluk spreek as ons dit oor tien jaar sover gebring het dat die volk oor geestelike sake wil praat!

[7] Weet jy, liefste eggenoot Mathael, ek twyfel geen oomblik aan jou groot wysheid nie, en ook nie aan die nodige, buitengewone hulp van die Heer nie, maar ek ken ook al die moeilikhede van hulle wat hulleself as reuse teen ons sal verhef en dit is maar net `n vraag of ons nie op `n sekere dag na die vreemde toe sal moet vlug nie!

[8] Hoe goddelik suiwer en heerlik hierdie leer ookal is, en hoe oneindig salig dit daarby maak, die wêreld is te sleg en dit sal daarom na my mening altyd `n baie sware taak wees om die vredesevangelie aan die duiwels in die doderyk te predik!"

[9] Mathael sê: "O, dit sal sekerlik geen maklike taak wees nie, maar ons sal baie vreugde hê as ons dit met die hulp van die Heer sal laat slaag! Maar ons móet slaag, al sou die hele wêreld daardeur in puin stort! Want wat dit betref is ek `n baie eiesinnige mens, wat ek my eenmaal voorgeneem het, moet ook gedoen word! - En nou `n ander onderwerp!"

[10] Ouran sê: "Jy het gelyk as jy eers oor iets anders wil begin! Ek het intussen wel `n klein, vir my baie versterkende slapie gemaak, en in my droom baie wonderlike dinge gesien, maar ondertussen het ek tog van julle gesprek die een en ander opgevang, en ek sê vir julle dat die kleintjie heeltemal gelyk het en jy, Mathael my seun, ook gelyk het. Maar die vrees van my liewe dogter, ook al is dit nie heeltemal ongegrond nie, is tog `n bietjie oordrewe!

[11] Ek ken my volk tog net so goed soos myself! Vir die grootste deel dryf hulle handel, leer allerlei volke ken en kom dan ook in aanraking met hul sedes, gebruike en geloof. In die binneland vind jy wel gemeentes wat nog baie getrou aan hul orakels hang, maar aan die kus kan jy die hele godedom vir `n paar dubbeltjies van hulle af koop. Die priesterdom staan by die meeste al baie lank in die slegste reuk en die filosofie het al lankal die eintlike godedom uit die saal gelig.

[12] In Taurië, waarvan die suidelike kant ook onder my beheer staan, is die godedom lankal ten einde, waaraan die Romeinse digter Ovidius, wat hom `n tydlqank daar opgehou het, deur sy 'Metamorfose' waarin hy die godedom op `n netjiese en digterlike wyse belaglik maak - nie min bygedra het nie. Plato, Sokrates en Aristoteles is die gode van hierdie tyd, en hierdie leer pas baie goed daarby, want hierdie drie geleerdes predik ook maar één God, en verwerp heeltemal dat die veelgodedom iets eg sou wees, en hulle sien daarin slegs bepaalde eienskappe van die een en enig ware God.

[13] Ons sou waarskynlik nooit hier na die Judese land gereis het, as ons nie gehoor het dat die enig ware God haas sigbaar in die tempel te Jerusalem aanwesig is nie, waarvan veral Plato in sy dialoog 'Simposion' beskryf hoe `n mens hom geestelik met hierdie enig ware God kan verenig! My hele volk weet daarvan, en daarop kan ten beste iets goeds op gebou word!

[14] Ek sou my natuurlik in Jerusalem in alles laat inwy het, en as ek iets bevredigend daar gevind het, sou ek dit dadelik vandaar na my volk gebring het. Dat ons hierheen gekom het, dadelik na die smid self, in plek van na die leerlingsmid - wat nou deur alles wat ons beleef, gehoor en gesien het wel aan geen twyfel meer onderhewig is nie - dit is `n vrye en uitsonderlike barmhartigheidsdaad van JaHWeH God, waarskynlik omdat ons in alle erns die goeie wil, waarvan ons nooit wou en sal sê dat ons dit verdien het nie. Maar daardeur sal ons gemakliker tuis kan werk, omdat ons by elke geleentheid heeltemal op die goddelike hulp wat ons hier ondervind, kan reken!

[15] Ons het, liefste dogter, lank nie soveel gesoek in vergelyking met wat ons gevind het nie. As ons maar iets meer sou gevind het as in Plato se 'Simposion', kon ons al buitengewoon tevrede huistoe gegaan het. Maar hoe gaan ons nou, noudat ons iets gevind het waarvan Plato nooit in sy 'Simposion' kon gedroom het nie?! Nou sal ons onder groot gejubel na huise gaan, en luidkeels aan die verbaasde volke verkondig wat ons tydens ons soeke alles beleef, gehoor en gesien het! Ek moet vir julle sê dat ek my nou al werklik van ganser harte daarin verheug!

[16] Helena, ek verstaan daarom nog nie waarom jy so vol angs daarteen kan opsien nie!

[17] Ek sal weliswaar nie ontken dat jy `n rede daarvoor het nie, maar vir ons land gaan dit nie op nie, miskien baie eerder vir Judea, wat, soos ek nou wel opgemerk het, vol bedrog, vol heerssug en vol kwaadwilligheid is. Daar, daar sou jou angs `n baie meer gegronde rede gehad het as by my mense, wat ware lammers is! - Wat is jou mening, geliefde en geëerde seun Mathael?"

[18] Mathael sê: "Ek is dit heeltemal met u eens, want in die tempel te Jerusalem gebeur baie ontsettende dinge en dit sou baie gewaagd wees om met hierdie leer daar aan te kom! In die tempel waar JaHWeH se gees eens op `n tyd sigbaar aanwesig was in die die Allerheiligste, heers daar alles wat `n mens maar sleg en kwaadaardig kan noem. Maar van iets goddeliks is daar in werklikheid geen spoor meer aanwesig nie, maar net name sonder inhoud! Die priesters is wolwe en hiënas in skaapsklere. In `n geslote kring sal ek julle nog baie daaroor kan vertel omdat ek self `n tempeldienaar was! Maar nou hou ons op daarmee, want hier kan oor iets baie beters gepraat word as oor die nou heeltemal goddelose tempel te Jerusalem!

[19] Nou moet ek eers my liefste Jarah weer lastig val, want sy bewaar in haar binneste nog geheime waarvan ons almal geen idee het nie! Jarah, vertel ons tog eers iets oor jou belewenisse!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205