Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Mathael gee verdere uitleg

129 Mathael sê: "Jy het gelyk, maar beide ander ook, want dit is `n baie persoonlike kwessie! Jy en Miga kom, wat julle siele aanbetref, van `n ligte ster. Beide ander is kinders van hierdie aarde, maar met dieselfde regte op die Liefde en Barmhartigheid van die Heer soos julle! Julle siele staan reeds vanaf die oerbegin digter by die suiwer geestelike, as die siele van Rob en Bos, en daarom is dit nie snaaks dat hulle hier, waar ons onsself so dig by die suiwer geestelike bevind, hulle vreemder en onaangenaam voel as ons, wat al vanaf die oerbegin digter by die geestelike gestaan het as hulle. Langsaam maar seker sal hulle hul ook meer tuis begin voel en dit gebeur nou al, maar `n dag kan nie dieselfde te weeg bring as `n jaar nie. Oor `n jaar, as hul gees meer en meer één geword het met hulle siel, sal hulle baie anders voel en sal hulle baie anders praat as nou. - Verstaan jy die wysheid?

[2] Sahr sê: "O, dit verstaan ek nou beter, want my siel het tog ook deur die groot leed wat ons ondergaan het, baie verlig geword, en ek verstaan alles nou maklik. Net die meisie met haar reis na die vaste sterre wil nog nie so tn beste by my insink nie, hoewel ek die kind glo en haar in sekere sin ook móet glo. Maar die manier waarop, is `n ander saak!

[3] Wel, ons is nou egter in `n sekere sin in die sentrum van die allerhoogste, goddelike handelinge. Waarom sou daar so dig by die allerhoogste God geen dinge kan gebeur, wat nêrens anders in die hele oneindigheid te sien is nie?!"

[4] Mathael sê: "Jy bring met jou gewektheid wel sake na vore, wat vir `n mens meer sê as `n hele tempel van Salomo vol van die suiwerste wysheid! Ook ons Miga het baie bruikbare dinge gesê, en ons moet hom ten beste erkentlik daarvoor gee. En so, broer Sahr, het jy nou die moontlikheid van `n liggaamlike reis van die meisie na `n aantal vaste sterre, op so `n manier duidelik gemaak, dat ek nou gladnie meer kan twyfel aan dieselfde moontlikheid nie. Dit is werklik heeltemal waar; ons hoef maar net te bedink waar ons nou eintlik is, en alles wat maar moontlik kan wees, lê duidelik sigbaar vir ons oë, ore, hande en voete!

[5] Maar die opmerking wat één van julle gemaak het dat `n mens hom die oneindige mag van die goddelike gees makliker in `n liggaamlike reus kan voorstel, as in die ietwat kleiner, manlike gestalte van die Heer, geld weliswaar vir die sintuiglike waarneming, omdat iets kolossaals altyd `n groot indruk maak op die menslike sintuie, as iets kleins, maar geestelik geneem is dit louter onsin. "Want die goddelike krag het nie die stoflike nodig om daarmee, moontlikerwys na die mate van die hoeveelheid materie, meer of minder uitwerking te kan hê nie. Die materie is op sigself slegs iets wat getuig van die geestelike krag van die goddelike wil, vir wie dit niks pla of hy nou `n hele wêreld of `n sandkorreltjie geskep het nie. Wat sou die nut wees van `n liggaamlike reusegestalte? Die goddelike wil het tog slegs in homself `n ewige onveranderlike steunpunt nodig om vanuit, via eindelose strale, oral in die eindelose wêrelde- en wesensruimtes met gelyke krag en sterkte te werk, en om plek te bied aan die heilige, ewigdurende almagtige steunpunt, hy het werklik geen reuseliggaam nodig nie.

[6] Die Egiptenare het wel bykans alles wat enigsins betrekking gehad het op die godheid, wel deur verskriklike groot vorms afgebeeld om die slawevolk, wat blind moes bly, te imponeer. Hulle moes die godheid ontsettend vrees, en vir die uitsprake van die priesters baie berouvol bewe soos blare vir die storm! Maar het hierdie reusagtige afgodsfigure die gewone volk verbeter? O nee, met die loop van tyd het die volk aan die verskriklike gestaltes gewoond geraak, en `n dertig manshoogte bo die aardbodem uitstekende sfinks-kop het dit gladnie meer gedoen nie. Hulle het meer bewondering gehad vir die geduld van die een of ander ou beeldhouer, wat op één slag `n kop gemaak het uit `n enkele stuk graniet.

[7] Laat ons daarom bly wees dat die Heer nou Self in die volle en naakte waarheid as `n baie eenvoudige mens, wat deur geen enkele besondere, uiterlike hoedanigheid opval nie, ons besoek het, en ons almal op die eenvoudigste wyse ter wêreld ons bestemming, onsself en Hom baie waaragtig laat leer ken het! Slegs dit is vir ons belangrik en oor al die ander kan nog vir ewig beraadslaag word."

[8] Sahr sê: "Dankie broer, dit is baie waar en goed! Ons het ons nou wedersyds in die Naam van die ewige Majesteit en Heer baie nuttig versterk, en in die tussentyd het dit al mooi lig geword. Maar ek sien dat nou teen sonsopgang, elkeen ingeslaap het behalwe ons, - en ek moet toegee dat ek ook nie die minste spoortjie van vermoeidheid voel nie, en julle blyk ook almal heeltemal fris te wees!"

[9] Almal sê: "Volmaak! So verfris het ons onsself eintlik nog nooit gevoel nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205