Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Noag en die ark

13 Na hierdie toespraak is almal baie onder die indruk daarvan en dink in stilte: 'Eie skuld!' En die jong fariseër weet nie wat hy My daarop moet antwoord nie. Ook Cyrenius en Julius trek nou besorgde gesigte en ook Ebahl en selfs Jarah, wat haar vroulike skoonheid bedenklik begin te vind!

[2] En Cyrenius sê nadat hy `n rukkie diep nagedink het: "Majesteit en Heer, ek het met tye al heelwat dae en nagte saam met U deurgebring en ek het U baie wonderbaarlike dinge sien doen en U ook baie streng hoor praat, maar ek is nog nooit so van stryk gebring soos deur hierdie toespraak van U nie! Want volgens U huidige uitlating is dit met ons nie veel beter gesteld as ten tye van Abraham met Sodom en Gomorra nie. En al ons sorge, doen en late is heeltemal van die duiwel. Vriend, dit is `n baie harde les! Jammerlik genoeg is dit vir geen geld ter wêreld te verswyg dat U ons hier die naakte waarheid voorgelê het nie. Maar hoe kan `n mens dit nou sover bring dat `n mens heeltemal instem daartoe om al die wêreldse dinge die rug toe te keer, en om dan vervolgens alle tyd te gaan bestee aan die beskawing van die siel en die gees?"

[3] Ek sê: "Vriend, niks is makliker as dit nie! Jy bly wat en wie jy is en gee leiding aan dit wat aan jou toevertrou is, maar nie vanweë jou posisie nie, maar vir die welsyn van die mense!

[4] Want kyk, toe die water die aardbodem in Noag se tyd bedek het, wat eintlik bewoon was deur `n algehele verdorwe mensdom, dood die vloed alles in die verre omtrek behalwe Noag en sy klein familie en die diere wat Noag in die ark kon opneem, natuurlik met uitsondering van die visse in die water.

[5] Hoe het Noag egter met sy familie aan die lewe gebly, hoog bo die doodbringende golwe van die groot vloed? Wel, hy het hom in `n stewige bouwerk bevind wat die vloed baie gehoorsaam op haar rug moes dra. Die vloed kon nêrens die bouwerk binnedring waar sy ook vir Noag se lewe gevaarlik kon word nie!

[6] Hierdie dodelike vloed bestaan egter nog altyd geestelik op hierdie aardbodem en Ek sê vir jou dat hierdie geestelike en blywende sondvloed van Noag vir die lewe van die wêreldmense minstens net so gevaarlik is as die natuurlike ten tyde van Noag.

[7] Hoe kan `n mens hom egter beskerm teen die verdrinkingsdood in die geestelike sondvloed? Ek sê vir jou: Wat Noag liggaamlik gedoen het, dit moet die mens nou geestelik doen en dan is die mens vir altyd beskerm teen die verdrinkingsdood in die groot en voortdurende geestelike sondvloed!

[8] Met ander woorde: Mense moet volgens die orde van God ook aan die wêreld gee wat van die wêreld is - maar vóór alles aan God wat van God is!

[9] Vir `n mens is die 'Ark van Noag' : die ware nederigheid, naasteliefde en liefde tot God.

[10] Wie werklik nederig en vol suiwer, onbaatsugtige liefde tot God die Vader en alle mense is, en wat altyd aktief trag om alle mense, indien moontlik, binne God se orde te dien, die dryf behoue en goed bewaar oor die andersins so vinnig doodbringende water van alle wêreldse sonde en sal aan die einde van sy aardse lewensloopbaan, as die vloed vir hom sal sak en sal wegraak in die duistere diepte in, sal sy ark op die groot Ararat van die van lewe oorvloeiende ryk van God `n goed versorgde rus kry en vir hom wat hy gedra het sal dit `n ewige woonhuis word."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205