Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die werke van die engele

130 Toe stap Rafael na vore en sê: "Ek slaap ook nie, en tog het julle gesê dat elkeen behalwe julle nou slaap!"

[2] Sahr sê: "Vriend, dat jy nie slaap, en ook gladnie en nooit kan slaap nie, dit sal wel vir elke mens duidelik wees wat jou so goed ken as ons! Jy kan jou die opmerking dus gevolglik bespaar. Kyk, beste engel, dit is voldoende dat ons mense nog ietwat dom is, en ons hoef van jou kant werklik nie gehelp te word om nog dommer te word as wat ons van nature reeds is nie. Jy kan ons egter, gesien jou onmeetlike wysheid en ervaring, wat ouer is as die heelal, in menige opsig uitstekend onderwys gee!"

[3] Rafael vra: "Wie is ek dan, dat ek geen slaap sou hê nie?"

[4] Sahr sê: "Asseblief, hemelse vriend, gebruik nie sulke hoogdrawende taal nie! Jy is `n engel van JaHWeH uit die hemele, wat hier tydelik deur die Heer `n verligte liggaam gekry het! Hierdie liggaam kan jy bliksemsnel afwerp en vernietig!

[5] Jy is `n baie ander wese as ons, wat liggaamlik nog altyd sterflike mense van hierdie aarde is. Jy is nooit gebore nie, jy het buiten JaHWeH God nooit soos ons `n vader en `n moeder gehad waardeur jy verwek is nie. Jy ken sedert ondenkbare tye maar net onmeetlike saligheid. Smart, leed en droefheid en die bittere berou ken jy maar net by naam, maar nie uit eie ervaring van jou wese nie, en met mense kan jy daarom in alle waarheid gladnie oor aardse, menslike dinge praat nie. Jy kan maar net met ons oor suiwer geestelike dinge praat, wat ons ook baie dankbaar van jou sal aanvaar, want jy is tuis daarin, maar oor liggaamlike dinge kan jy nie praat nie, omdat jy nog nooit in `n liggaam gely het nie!"

[6] Rafael sê: "Kyk, kyk, wat jy nie alles weet nie! Ook al sou ek nooit `n liggaam gehad het nie, dan ken ek tog die liggaam, en elke veseltjie daarin, beter as wat jy ondanks alle ywer in `n duisend jaar sou kon leer!

[7] Moet ons engele nie vir alles sorg wat ook maar enigsins te make het met die wese van `n mens, vanaf sy ontstaan tot met sy heengaan van hierdie aarde nie?!

[8] Is ons nie die wat julle siele louter, deur in julle liggaam pyn en lyding te veroorsaak en dit gereed te maak vir die opname van die gees uit God nie, en sou ons dan niks weet van julle uiteenlopende siektes en pyne nie?! Wat moet daar in jou kop omgaan om my so iets te kan verwyt!?

[9] Neem maar van my aan dat ons engele ook verdriet en smart kan voel! En ek sê vir jou dat ons wel meer verdriet en smart deurstaan as julle, wanneer ons altyd maar moet ondervind dat die hardnekkige mense al ons groot inspanning onder gespot en gehoon en met smerige voete vertrap, en ons altyd die rug toekeer.

[10] Vriend, sou jy soveel geduld gehad het met `n mens wat heeltemal aan jou sorg toevertrou was, en wat jou altyd met die grootste weldade oorlaai, maar wat jou uitermate verag daarvoor, en niks van jou wil hoor of weet, en bowendien altyd sy hele denke en dade daarop rig om van jou, as sy grootste weldoener en vriend, weg te kom, jou vir al jou sorg en moeite vir sy heil moontlik nog nadeel te berokken, jou goeie naam in diskrediet te bring, en jou voor te stel as `n sluwe verraaier!? Sê my eers, wat sou jy met so `n mens gedoen het as jy so iemand soos Cyrenius was! Sou jy genoeg geduld gehad het om so `n booswig tot aan sy dood met baie geduld, kalmte en sagtheid te behandel?"

[11] Sahr, wie se oë rek tydens hierdie woorde van die engel, sê: "Nee, vriend! So `n geduld sou ek in my lewe nie hê nie! Sonder krag sou ek al geen geduld daarvoor hê nie, laat staan met krag!"

[12] Rafael sê: "Sien jy, en ek het soveel onbegrensde mag en krag dat ek in 'n ommesientjie hierdie hele aarde, die maan, die son en al die sterre wat vir jou oë sigbaar is, almal verskriklike groot hemelliggame, in `n oogwink kan verwoes en heeltemal kan vernietig, en tog het ek uit eie vrye wil altyd so `n geduld met die onhanteerbare mense van hierdie aarde!

[13] Maar dit is nog niks nie en `n maklik boosheid om te verdra; dink egter die voortdurende, weerspannige gedrag van satan en sy engele eers in, wat, terwyl hulle self baie magtige geestelike wesens was, altyd die bose plan koester om nie net vir ons nie, maar ook vir God te vernietig en om Hom al Sy mag te ontneem!

[14] Dit mag natuurlik in ewigheid nie gebeur nie! Maar hoe dit ookal sy, die onuitroeibare, bose plan is nou eenmaal daar en hulle hou nie op om dit ten uitvoer te bring nie. Hulle ly wel altyd die ergste smart en pyn daarvoor, wat hulle self vir hulle deur hul kwaadwilligheid op die hals haal, maar dit bring hulle nie so van stryk dat hulle vir goed hul boosheid die rug toekeer nie.

[15] Kyk, ons sien dit alles en het die mag om hulle nie net baie gevoelig te straf nie, maar om hulle ook vir ewig heeltemal te vernietig, sonder dat ons aan God verantwoording daaroor hoef af te lê!

[16] En tog behandel ons hulle, as ons gevalle broers, met alle geduld en begrip en lei alles maar net so, dat hul vrye wil nêrens deur ons belemmer word nie, maar altyd vry is en bly. Ons verhinder wel altyd baie sorgvuldig die verdere invloed daarvan. Vriend, wat sou jy dan gedoen het onder sulke omstandighede?"

[17] Sahr sê: "Ek sou soos `n beer op hulle toegeslaan het en dan sou ek wel eers wou sien of sulke geestelike beeste my nie sou gehoorsaam nie, veral as ek met jou mag en krag kon doen wat ek wou!"

[18] Rafael sê: Maar verstaan jy nou, dat die bestaan van `n engel van God nie so maklik is soos wat jy jou dit voorgestel het nie, en dat ek die beste besef het van die streng menslike, en dit ook ken en daarom met julle ook daaroor kan praat?!"

[19] Sahr sê: "O ja, dit sien ek nou baie goed in. Maar sê nou net vir my nog of jy verplig is om hier te wees of dit ook jou eie vrye wil is?"

[20] Rafael sê: "O ja, ek is heeltemal vry om julle dadelik te verlaat, maar ek wil by julle bly omdat dit die Heer welgevallig is. Wat vir die Heer aangenaam is, dit wil ek, en daarteen kan ook God Self nooit iets doen nie, want daarop berus die instandhouding van al die geskapene, waarvan jy ondanks al die tallose talle sterre wat vir jou sigbaar is, nog nie eers `n eonste * deel sien nie, om nie eers te praat van die eindelose totaliteit en die wese daarvan nie! (* opmerking van Jakob Lorber : `n eon is die derde mag van `n één met sestig nulle.)

[21] Maar nou sal die son weldra opkom en die Heer terugkom, dus sal ek weer al my aandag rig op wat Hy verlang!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205