Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Gesprek met die ortodokse fariseërs

135 Na afloop van die ontbyt vra Cyrenius en Julius vir My wat daar nou gedoen moet word.

[2] Ek sê: "Laat ons maar eers wag, daar sal wel iets op hierdie dag opduik! Kyk maar na die oewer! Daar skuifel, soos trae skadubeelde, `n aantal ou, ortodokse fariseërs met hul leerlinge rond. Hulle weet al dat jy jou hier, om redes wat hulle nie ken nie, ophou. Hulle vermoed dat jy die plek aan die Galilese see inspekteer, maar hier `n soort kampplek gemaak het. Die markiestente van Ouran bevestig hulle vae vermoedes. Nou wag hulle tot jy miskien in `n skip oor die see, of miskien uit `n tent sal kom, want dan wil hulle met `n versoek vir skadevergoeding by jou aankom, omdat hulle dink dat die heidene hul huise aan die brand gesteek het.

[3] Maar nou sal hulle gou genoeg sien dat jy hier is en dan kry ons dit weer op ons dak. Jy kan jou wel voorstel hoeveel werk dit ons sal gee! Maar Ek sê vir jou en julle almal, dat Ek nie voortydig verraai mag word nie! Hulle moet eers behoorlik bang gemaak word, en dan moet My Naam hulle die doodskrik op die lyf jaag. Dit sal wel vir jou duidelik word, wat ons met hierdie owerspelige soort te doen en te bespreek sal kry!

[4] Mathael en Rafael sal ons goeie dienste verleen, maar voor die middaguur sal ons kwalik van hulle af kan wegkom. Laat ons dus nog `n oomblik in stilte betrag, en versamel jou kragte want jy weet nou wat daar oor jou sal kom!"

[5] Daarna word alles stil, slegs die soldate en die bediendes was ietwat luidrugtig besig op die berg.

[6] Na `n rukkie vra Mathael My of hy met die ortodokse duisterlinge heeltemal sonder enige voorbehoud kon spreek.

[7] Ek sê: "Seker, maar jy sal jou ook baie spesiaal moet voorberei! Dink maar nie dat jy so maklik met hierdie gepantserde helde van die nag kan beraadslaag nie, want hulle is vir baie gevalle tot die tande toe gewapen!" Daarop begin Mathael hom ook konsentreer om innerlik voor te berei.

[8] Ook `n paar leerlinge vra My hoe hulle hulself in die geval moet gedra.

[9] Ek sê: "Julle hoef niks daarby te sê en ook niks te doen nie. Kyk as swyende getuies toe, en as iemand van die fariseërs julle iets vra, verwys hom dan na Cyrenius en gee toe dat die saak julle gladnie aangaan nie, dan sal hulle julle met rus laat. Ek sal Self in die begin op soortgelyke wyse handel." Dit stel die leerlinge ook tevrede en ons wag daarna rustig op die aankomende lasposte.

[10] Na verloop van `n kort halfuur verneem diegene wat aan die oewer van die see op Cyrenius wag, van `n Judeër uit die stad, wat Cyrenius ken, dat Cyrenius hom in die tuin van die ou kryger bevind. Met die berig keer alle ortodokse fariseërs, en die ortodokse Judeërs terug op hul skrede, en begeef hulle so vinnig moontlik in ons rigting.

[11] Toe Mathael hulle na hom toe sien kom, sê hy: "Wel, geëerde vriend Cyrenius, berei jou voor, nou gaan die storm losbreek! Ek is baie benoud vir wat hierdie kêrels alles na vore sal bring!"

[12] Cyrenius sê: "Ek nie minder nie, hoewel ek eerlik toegee dat ek graag die minste met hierdie mense wil onderhandel. As jy hulle net `n vinger gee, neem hulle dadelik die hele hand. Dit kan ons werklik nie toelaat nie, want daar is nog ander, werklik arme mense, wat werklik gehelp moet word."

[13] Inmiddels het die hulpsoekers, natuurlik met hul owerste van die sinagoge vooraan, ook al ter plaatse aangekom. Hulle herken die opperstadhouer dadelik en spreek hom as volg toe: "Hooggeplaaste, verligte en van alle volmag voorsiene meester opperstadhouer van Colesirië, van die hele Judese land, van Klein- en Groot Asië en van `n deel van Afrika! Dit sal u nie onbekend wees watter verskriklike ongeluk ons, wat altyd aan God en die keiser toegewyde inwoners van die stad Césarea Philippi is, in hierdie nag oorgekom het nie. As ons ook maar op enigerlei wyse skuld daaraan sou gehad het, sou ons nou ons nalatigheid kon verwens en diep betreur het, en verder met geduld dra wat God die Almagtige oor ons laat kom het. Maar sover ons weet, het ons nie die minste aanleiding gegee tot die ongeluk nie, maar het die bose opset van `n paar kwaadwillige heidene ons dit aangedoen! Die eintlike rede waarom ons hier is, is dan ook om van u `n regverdige skadevergoeding te vra!

[14] Hierdie sal u ons, soos vantevore, na reg en billikheid te berde laat kom, omdat ons, ten eerste, geheel en al Romeinse onderdane is, netsoos die moedswillige heidene. Ten tweede egter, omdat ons as priesters en dienaars van die enige ware God, wat Rome welgesind is, die volk meer simpatie vir die keiser kan bybring as duisende swaarde en lanse. As ons egter ooit teen Rome sal wees, dan sal ons tonge in `n paar uur meer tot stand bring as `n honderdduisend soldate in `n jaar. Hier was die een hand die ander!

[15] Willig ons versoek in, verlos ons van die huidige bedelstaf en laat ons op die onoste van die staat ons verwoeste geboue, ons leer- en bedehuise weer opbou, dan sal u in die naam van die keiser ervaar dat ons u dankbaar is vir u hulp. Ja, as dit nie anders gaan nie, neem ons ook die verpligting op ons om die staat `n uiteindelike voorskot na twintig jaar met rente terug te betaal. Geëerde opperstadhouer, dink goed na oor ons versoek en willig daartoe in! Dit sal sowel vir u as die keiser geen nadeel oplewer nie, want ons weet wie en wat ons is, en waartoe ons in staat is! As ons vriende van die keiser is, sal hy sy groot ryk moeiteloos kan regeer. Sou ons egter in ons binneste vyande van die keiser wees, dan sou kroon en septer baie gou `n uiters onplesierige las kan word! Hou daarom rekening met ons huidige nood, dink as `n verstandige man oor ons versoek na en doen wat u goeddunk!"

[16] Cyrenius antwoord, terwyl hy sy verontwaardiging kwalik kan verberg: "Voordat ek ja of nee sal sê, sal ek eerstens baie presies laat ondersoek instel hoe en deur watter oorsaak die stad en u huise aan die brand geraak het. Dit is my nog gladnie duidelik of u wel absoluut onskuldig daaraan is nie, want ek het juis in hierdie nag bepaalde dinge oor u gehoor. Iemand vertel my dat u, na aanleiding van die totale sonsverduistering van gister, en later nog meer vanweë die plotselinge verdwyning van die awend na-son, die volk heeltemal te oorvloedig toegespreek het oor `n gerig van God wat deur één van u profete voorspel is, en wat nou sou kom. Ook die priesters van die Grieke het nie van hul kant af nagelaat om die uitsonderlike spel van die natuur vir hul voordeel uit te buit nie. Beide priesterlike groeperings het die bepaalde natuurverskynsel misbruik om die volk, terwille van skynbaar doeltreffende, en aan u elohim, bereikende gebede, die mees ongehoorde offers af te pers. Die volk wat van kindsbeen af deur u doof- en blindgemaak is, doen alles wat hulle maar moontlikerwys kan doen om die jongste gerig wat deur u aangekondig is, af te wend.

[17] Gelukkig was daar `n verstandige en ervare man wat sommige gegoede mense uit die volk wat hy ken, na hom geroep het, en hulle vervolgens rustig en kalm die verskynsel op baie natuurlike gronde verklaar, en het gesê dat hy dit al meermale meegemaak het. Ter bekragtiging van sy verklaring het hy dit egter ook baie fyntjies onder hul aandag gebring dat die priesters, sou hul voorspelling waar wees, sekerlik nie die moeite sou doen om van die volk sulke massale offers af te pers as die verblyf op hierdie wêreld vol leuens en bedrog, nog maar so kort sou duur nie! Die onversadigbare, hebsugtige en hartelose priesters het maar net so goed geweet as hy dat die hele gebeure maar net kon beteken dat die weersomstandighede die volgende dag moontlik sou verander. Maar hulle het die bygeloof van die volk geken en het hierdie geleentheid waargeneem om so gewetenloos moontlik daarop te sondig!

[18] Kyk, dit het `n baie betroubare getuie my vannag meegedeel! Wel, hoe het dit verder gegaan volgens die wyse en aktuele onderrig? Die paar mense wat op hierdie wyse met weinig woorde korrek voorgelig was, het hulle vervolgens na die vertwyfelde volk gehaas en opgewek geroep: 'Troos, troos, troos en nogmaals troos! Wees kalm en luister tot julle beswil na ons!' Daarna lig hulle alles op `n verstaanbare manier aan die volk uit. Toe die volk verstaan wat daar aan die gang was, het hulle in toorn en woede ontbrand teen u, en het u vervolgens `n voorproef van `n oordeelsdag van Daniël gegee. Omdat ek deur hierdie getroue beriggewing nou maar al te duidelik insien dat, in werklikheid nie die moedswil van die heidene die oorsaak hiervan is nie, maar dat uself na regte daaraan skuldig is dat, in hierdie nag, die tog so mooi en belangrike stad in die as gelê is as gevolg van die regverdige woede van die volk oor u bedrieëry, sal u hopelik kan insien dat ek u baie brutaal gestelde versoek nie slegs nie kan inwillig nie, maar dat ek u daarenteen as vise-regent hier, in die belang van my keiser en in die belang van die volk, streng tot verantwoording sal roep, en tot volledige skadevergoeding sal veroordeel! - Dit onder voorbehoud dat alles so gebeur het soos wat ek van `n maar al te geloofwaardige getuie verneem het! - Wat het u daarteen in te bring? Spreek, as u iets daarteen kan inbring!"

[19] Reeds tydens die toespraak van Cyrenius verander die swarte aanbieders van die versoek soos verkleurmannetjies van kleur, en hul inwendige woede was duidelik aan hul gloeiende wolfsoë te sien. Maar noudat hulle die kans gekry het om hulleself te verdedig, kon hulle van pure woede geen woord meer uitkry nie.

[20] Cyrenius wag `n bietjie en toe daar nog steeds niemand iets wou sê nie, word hy boos oor hul woedende gesigte en hy sê onheilspellend ernstig, heeltemal op die wyse van `n egte Romein wat onverbiddelik is: "Gee vinnig antwoord, anders sal ek genoodsaak wees om u kwaadwillige swye te beskou as `n totale bekentenis van dit waarvan u beskuldig is, en dadelik, sonder enige verdere inagneming, u welverdiende oordeel daaroor uit te spreek, en die voltrekking daarvan aan u te laat volbring! Spreek, want u weet dat ons Romeine nie skerts nie!"

[21] Toe sê die owerste uiteindelik: "Heer, die lastering is te groot! In so `n geval kan `n mens sy kalmte nie so vinnig herwin en antwoord gee nie, maar daarby moet `n mens hom heeltemal beheers en bedink hoedat so `n laster moontlik kan wees, en hom beroep op die kragtigste middele om dit te verwerk en tot niks te reduseer. Wie kan bewys dat ons die volk dwing om te offer?! Ons dra slegs dit uit wat ons self ondervind en vrees! Wie kan bewys dat ons anders handel as wat ons volgens die profesie moes aanneem?! Was die teken nie daar nie?! Of toon die geskiedenis ons nie oorvloedige voorbeelde waar God se geduld ophou en plotseling `n verskriklike gerig oor die mense laat kom nie?! Maar ons het ook genoeg voorbeelde dat God, ondanks `n sekerlike en onherroeplik aangekondigde strafgerig, weer Sy groot barmhartigheid en erbarming sal skenk aan die berouvolle, as die volk terugkeer tot ware boetedoening en berou.

[22] Maar as u wyse man, wat die paar mense teen ons opgesteek het, werklik so eerlik was, waarom het hy dan nie na óns toe gekom en aan óns vertel wat hy aan `n paar ontevredenes, wat ons altyd vyandig gesind was, vertel het? Net `n mens wat ons verhewe godsdiens nie ken nie, en geen benul het van die goddelike woord deur die mond van `n profeet nie, en van die effek daarvan in `n deur hemelse tekens bedreigde tyd, kan so skandalig lasterlik teen ons te kere gaan! En wil `n opperstadhouer van Rome dan so `n mens eerder glo as vir ons!? `n Mens kan nou wel sê: 'As die wyse man na julle toe gekom het en dit aan julle vertel het, dit wat hy die vertwyfelde volk vertel het, sou julle nie na hom geluister het nie, maar hom veroordeel het, of selfs gestenig het!' Maar wie kan dit dan van ons sê nog alvorens hy dit nie by ons probeer het nie!? Ons poog om eers na die daad te oordeel en reg te spreek, maar nooit vóór die daad of by vermoede of by kwaadsprekery nie! Ons godsdiens regverdig ons gedrag. Wie kan dan opstaan en bewys dat ons anders glo en handel?! Kwaadwillige laster of slegs ernstige vermoedens bewys niks by ons nie en u getuie kan gesê het wat hy wil, maar ons verklaar sy aanklag solank as van nul en gener waarde totdat hy vir ons kan bewys dat ons werklik anders doen as wat ons self glo, en dat ons die man, wat die volk met sy praatjies teen ons opgehits het, onaangehoor sou laat gaan het as hy na ons toe sou gekom het!

[23] Ons deel opreg in die angs van die volk. Moes ons dan nie die offers aangeneem het toe die volk ter versoening van hulle sondes, vir ons in die geloof massale offers gebring het om God daardeur mild te stem nie?! Waar staan die teendeel daarvan dan geskryf?!

[24] Edele opperstadhouer, bedink tog dat u hier te make het met egte, ortodokse dienaars van God en nie met tempeldienaars van die nuwe soort, wat hartseer genoeg, maar al te goed weet hoe om die seile na die wind te hang! Dit sien het ons baie duidelik gesien, en daarom is die tempel ons ook nie goedgesind nie. Maar by ons, hoewel ons maar min is, hou `n mens nog vas aan die ou geloof en dit kan die nagvlieg wat u `n verkeerde oordeel in die oor gefluister het, nie van ons wegneem nie! Vandag is dit `n pragtige dag van JaHWeH en nêrens is daar ook maar `n spoor te sien van `n oordeel van God nie, behalwe dat ons stad `n prooi van die vlamme geword het, - egter nie deur `n oordeel van God nie, maar deur die betreurenswaardige, duistere manipulasies van `n paar heidene wat ons altyddeur meer vyandig word. Sou dit dan vir God so onmoontlik gewees het om met hierdie streek dieselfde te laat gebeur soos wat eens met Sodom en Gomorra gebeur het? Wie kan hier opstaan en sê dat, na die voorafgegane teken, dieselfde nie hier kon gebeur het nie?! Ons wou gladnie sê dat God miskien vanweë ons talle gebede en versugtinge hierdie streek gevrywaar het van Sy bedreiging met die oordeel nie. God kan dit ook terwille van ons heeltemal onbekende vroomheid gedoen het, omdat ons gebede dan tog ook saam met die gebede van die ander vromes tot aan die trappe van Sy troon kon opgeklim het. Maar wie sal vir ons bewys, teen ons geloof en ons oortuiging in, dat dit nie so was nie maar heeltemal anders?! - Ek het nou vir ons gespreek. Edele meester, spreek u nou `n regverdige oordeel voor God en alle mense uit!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205