Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Onderlinge beraadslagings

137 Saggies sê Mathael aan Cyrenius: "Die neut is waarskynlik ook weer te hard vir ons om te kraak! Markus het goeie werk gelewer, maar wat kan ons doen as ons hul aan die hand van hul voorskrifte geen skending van hul pligte kan aantoon nie? Maar laat ons eers hoor wat Ebahl en Julius te vertel het! Hoewel dit vir ons, wat hulle na vore sal bring, ook nie baie sal help nie, want die ou staan te vas in sy skoene, en is in staat om elk van sy snode dade met die Skrif in die hand te regverdig. Wat is dan daarteen te doen?"

[2] Cyrenius sê: "Goed, dan gebruik ek my onbeperkte mag om al die skrifgedeeltes wat teen die gesonde, menslike verstand ingaan, ongeldig te verklaar en dan sit hy in die val!"

[3] Mathael sê: "Dit sal nie baat nie, want dan kan hy sê: 'Die gesonde menseverstand eis egter ook dat `n wet eers gegee en bekragtig moet wees, vóórdat `n mens iemand aan die hand daarvan kan veroordeel.' Wat kan u daarteen inbring? Ons moet die saak uitsonderlik goed oordink, voor ons vanuit menslike kant iets teen hierdie kêrels kan uitrig! Cornelius, Festus, Kisjonah uit Kis en `n sekere Philopold uit dieselfde streek kan binnekort hier wees, hulle sal ons seker baie goed van diens kan wees! Ek verheug my baie oor hul koms!"

[4] Na `n tydjie van nadenke daaroor, sowel as wat deur die owerste gesê was, asook oor die geheime opmerking van Mathael, en die vreugde oor die aangekondigde koms van Cornelius met sy groep, nooi Cyrenius Ebahl uit om iets vasstaande oor die ortodokse priesters na vore te bring.

[5] En Ebahl staan op en sê: "Geëerde vriend! Jakkalse en handige mense soos u Proteus is moeilik te vang. Die jakkalse omdat hulle altyd sorg vir twee uitgange, en die ander omdat hy hom in alles kan verander, selfs in die elemente. Daarom wil ek die volgende hier sê: Omdat u op grond van diegene wat u deur die waaragtigste en betroubaarste getuie - wat u net so goed ken soos ek - oor hierdie mense gesê word, seker geen twyfel kan hê of dit so is of nie, maar andersyds as wêreldlike regter teenoor die wêreld tog slegs `n oordeel kan vel oor iets, waarvan u oor en u oog hom uiterlik moet oortuig, gee ek hier die volgende raad: Laat hierdie lastige vraers gaan. Doen dit sonder om ook maar iets in te willig van diegene wat iets gevra het, en sonder om hulle deur `n oordeel tot enigerlei straf te veroordeel! Daarmee het u volledig aan die innerlike, geestelike waarheid en aan die wêreldse verstand voldoen! Dit is my mening!

[6] Ek sou U oor die veelvoudige volksbedrog en die gewetenlose volksonderdrukking honderde dinge kan vertel wat ek by baie geleenthede by hierdie nagemaakte-godsdienaars beleef het, maar watter nut het dit? Hulle vind altyd nog `n gaatjie waardeur hulle kan ontsnap! Hulle beskerm hulleself sorgvuldig met die doeke van Moses en met die mantel van Aäron, en die profete teen elke wind wat van buite kom wat hulle sou kon skaad, en hoe koud die wind ookal is, kry hulle nie eers verkoue daarvan nie!

[7] Ons weet die beste waarvoor die uiterlike verstand die Skrifte van die profete kan gebruik, want dit is oral goed solank mens die innerlike, geestelike betekenis nie ken nie, en dit is die vernaamste skuilplek van hierdie mense. Daarom sal daar nie baie anders gedoen kan word as wat ek voorgestel het nie."

[8] Cyrenius sê: "Ja, ja, jy het heeltemal gelyk, ek erken dit volkome. Maar tog meen ek dat daar miskien wel iets aantoonbaar strafbaar teen hierdie mense ingebring sou kan word, waar hy hom dan nie teenoor my uit `n ding sou kan praat nie!"

[9] Ebahl sê: "O ja, enigiets eerder as dit, want hierdie kêrels ken elke jota van die Romeinse wet en weet beter as enige advokaat hoe om die wet so te ontduik dat geen satan hulle kan pak nie. Hulle moes al ontelbare sulke vergrype persoonlik of as medepligtiges begaan het. Vir God sal hy hom natuurlik nie kan verberg nie, maar ons sal geen vat kry op hulle as ons hulle volgens die wet wou aanpak nie! Miskien sal Kisjonah, Cornelius, Festus of die Griek Philopold daartoe in staat wees? - Van ons kan egter, buite die Heer en die engel Rafael, niemand hulle te nakom nie!"

[10] Cyrenius skud sy hoof en sê: "Ek sou hulle as verdagte persone kan laat bewaak, miskien sou die erns van die saak hulle gewete tog `n bietjie wakker skud!?

[11] Ebahl sê: "Probeer dit, maar ek staan daarvoor in dat u na die eerste protes van die owerste, die bewakers nie vinnig genoeg sal kan laat wegvat nie! Ons het vir die buitewêreld immers heeltemal geen spoortjie van `n Causa Criminis (strafregsaak) nie. Daar is geen aanklaer, dus kan daar ook geen regter wees! Die stille getuienis van die Heer kan ons in `n dubbele opsig nie as `n aanklag beskou nie. Ten eerste ontbreek daar `n wêreldse kenmerk van `n bewys van skuld, en ten tweede sou die Heer Self, in `n wêreldse opsig, slegs as `n halwe getuie geld. Want sekerlik nou sou `n mens Hom nie op sy goddelikheid, en selfs nie eers met volledig wetlike geldigheid op Sy voorspellende gawe kan beroep Ante forum Romanum (vir die Romeinse geregshof) nie! Ons weet natuurlik presies wie Hy is, maar die dorre Romeinse wet ken nog lank nie ons Majesteit en Heer nie, en dus ook nie Sy verklaring wat deur Sy wysheid ingegee is nie. Daarom kan u nou, ondanks al u innerlike oortuiging, hierdie mens slegs beoordeel volgens wat u van mense af as uiterlik bewys van skuld kan byeenbring. En daartoe is tog vóór alles `n aanklaer nodig en dan eers kom die beëdigde getuies! Of het die uitspraak van `n profeet of `n orakel enige waarde by u, as beide nie tot u geloof behoort nie?"

[12] Cyrenius sê: "In besondere gevalle wel, veral as die profeet eerstens vir `n fatsoenlike regbank aangetoon het dat hy heeltemal geloofwaardig is! As die regbank niks teen hom kan inbring nie, kan hyself, asook `n uitspraak van `n getoetste orakel, dien as regsgeldige, algehele bewys! Want slegs die regter het die reg om die geldigheid van die getuie te aanvaar of te weier, of te bekragtig en vas te stel of hy goed of nie ontvanklik is!"

[13] Dan sê Ebahl: "Goed, maar wat gebeur dan as `n profeet hom nie as aanklaer, en nog minder as getuie wil laat gebruik nie! Waarmee kan u hom dan dwing?! As getuie sal dit miskien nog gaan, maar as aanklaer tog sekerlik nooit nie! Ons het een hier, maar waarmee kan u hierdie hoë Een dwing en waarmee die engel Rafael, om óf as aanklaer, óf as getuie op te tree?"

[14] Cyrenius sê: "Van dwang kan daar natuurlik heeltemal geen sprake wees nie! Laat ons dus maar wag, want die aangekondigde sal tog waarskynlik nie so lank meer op hom laat wag nie! - Dit lyk my tog dat ek al taamlik ver weg op see roeispane sien glinster!"

[15] Mathael sê: "Dit het ek `n half uur gelede ook al gesien, maar dit bly net altyd op dieselfde plek! - Wel, hoe staan dit met die verhoor? Is julle nog op dieselfde punt?"

[16] Cyrenius sê: "Geen steek verder nie! Jy het gelyk en Ebahl het ook gelyk, en ek sien wel in dat ons met al ons onbeperkte mag in wêreldse sake by hulle weinig of niks sal kan uitrig nie, en die nuwe aankomelinge sal heel waarskynlik ook nie baie help nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205