Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die mening van die owerste betreffende engele

149 Cyrenius weer die dank af en sê: "Vriend! Alle dank en alle lof kom die Heer van hemel en aarde toe. Maar omdat u volledig ingewy is in die hele Judese geloof, en omdat u `n volleerde skrifgeleerde is, vra ek u vir `n uitleg van die begrip 'engel'! Wat is nou presies die engele van God en hoe dien hulle God, en hoe die mense?"

[2] Stahar sê: "Geëerde gebieder, dit is `n baie netelige vraag, veral omdat daar nog nooit onweerlegbaar aangetoon is dat daar werklik engele is nie! Die Skrif praat by verskillende geleenthede wel oor hulle, maar nêrens staan `n sillabe oor wie en wat die engele self eintlik is, en hoe en op watter wyse hulle God en die mense dien nie!

[3] Volgens die Dahalmud* moet `n mens die goddelike wesens sien soos vlammebundels uitstromende kragte, wat gouer as die gedagte in alle rigtings vanuit die ewige, ondeurgrondelike sentrum van God hul werking het, so ongeveer soos die deur die son uitgestuurde ligstrale. Dit lyk my ook die mees aanvaarbare. Maar of dit `n regte, en met die waarheid ooreenstemmende verklaring is, is `n ander vraag, waarop waarskynlik `n sterflike mens nooit die regte antwoord sal kan gee nie. (*talmoed: joodse leer- en wetboek)

[4] Volgens die Skrif het die mens die engele ook meermale as jongmanne van ongekende skoonheid die mense sien dien! Wel, dit is vir verstandige mense ook wel `n moeilike brokkie om te glo. Ek en al my kollegas het in elk geval nog nooit so iets gesien nie! Dit is moontlik! Maar dit kan ook net so goed `n ou, liriese manier van praat wees, wat `n mens gebruik om deur `n groot simboliek die geestelike kragte te verpersoonlik, wat `n mens dan die hele jeugdige gesonde, kragtige vorm van `n baie mooi jongman gegee het. In geen enkele vers is daar ook ooit sprake van `n engelin nie, waarskynlik omdat die besielde digters `n aantreklike meisie, hoe volmaak ook, nooit die groot krag van `n kragtige, gesonde jongman kon toedig nie.

[5] So sien u, geëerde gebieder, dat daar suiwer verstandelik, baie verskillende menings is! Alles het wel iets waars in hom, maar wat dan die eintlike ware is, is nie deur ons mense bepaalbaar nie. Dit is dan hoofsaaklik om die volk sy sintuiglike geloof te laat behou, omdat mens eintlik tog niks beter daarvoor in die plek daarvan kan stel nie! Maar dit is dan ook al wat ek u op u baie belangrike vraag as antwoord kan gee, want ek kan by u tog nie met die verhale aankom wat `n mens vir die volk daaroor vertel nie!"

[6] Cyrenius sê: "U glo dus nie volledig aan `n liggaamlike, persoonlike verskyning van `n engel nie?"

[7] Stahar sê: "Nie slegs nie volledig nie, maar gladnie. Want ek het nog nooit die eer en die voorreg gehad om iets dergeliks selfs maar in `n droom te sien nie, laat staan nog in werklikheid. En al my kollegas waarmee ek oor hierdie saak `n eerlike gesprek gehad het, kon my ook niks anders sê as wat ek self reeds lank ondervind het nie.

[8] Daarmee wil ek egter, losstaande van my eie mening, nie die uiterste moontlikheid heeltemal uitsluit nie. Maar één ding is seker, dat so `n engelgees homself sonder `n natuurlike medium nog baie minder as iets wesenliks aan ons sinne kan voordoen, as `n ligstraal hom kan manifesteer sonder `n weerkaatsende medium.

[9] Daar is geen twyfel daaraan dat die ligstraal van die son eerste deur die lug gaan voordat `n mens die resultaat daarvan op die aardbodem ontdek nie. Maar in die lug kan hierdie, omdat die medium nog te yl is, geen gras word nie, terwyl hy op die aardbodem hom net soos `n Proteus in alles kan verander wat hy maar in die materie aangebied kry.

[10] Daarom dink ek dat `n mens in die algemene aard van die dinge orals `n sekere dwingende orde kan ontdek, maar nooit iets sien ontstaan waar daar nie `n verstaanbare rede voor is nie en waar daar vir `n bepaalde verskynsel nie altyd eers `n bruikbare medium aanwesig is nie. Omdat `n mens dan ook by die sorgvuldigste waarneming van die natuurlike dinge nêrens onverwagte dinge ontdek nie, is ek téen alle sogenaamde wonders, en téen die in persoon optrede van `n gees onder watter omskrywing ookal, - hetsy `n engel of `n duiwel, `n God of sy teenpool.

[11] Ja, `n hoë gees kan hom manifesteer, maar nooit anders as in vlees en bloed nie. Al die ander is die fantasie van `n geesryke mens of dit is `n suiwer leuen!

[12] Dit is jammer dat juis ons, wat die waarheid al so lank ken, mistiek lykende en mistiek doenende verspreiders en onderhouers van die leuen en die duisterste bygeloof moet wees! Ons moet vrome gesigte trek die oomblik as ons van ergernis oor iets ontsettend dom byna kan ontplof! Maar dan is daar Moses en daar is die profete, - suiwer heerssugtige mense, wat die volk eers met allerlei natuurlike oëverblindery moes oorreed, dat hulle hulle dan vir alle tye as hulle meesters kroon, en aan hulle die reg gegee het om hulle met alles te tiranniseer wat maar die naam van 'Kwaad' verdien!

[13] As `n volk egter eenmaal so gemaak is, en deur niks anders as wonders behoorlik tot in die diepste lewensgrond verduister is, gee dan so `n volk maar net `n lig, maar wel `n werklike lig! Dan val hulle soos `n tier oor jou heen en skeur jou in stukke!

[14] Daarom is dit nog altyd beter om `n eenmaal baie domgemaakte volk by die oeroue, dom geloof te laat en hulle opnuut met namaakwonders op te fris en tot lewe te bring en dan moeite te doen om so `n volk in te lig; omdat daar by `n eenmaal baie domgemaakte volk in die algemeen gladnie meer iets bygebring kan word nie!

[15] Daar was `n tyd dat ek elke mens wat met `n wonder die tog al so domme mensdom blykbaar nog dommer wou maak, soos `n woedende tier aangeval het vanweë sy skandelike daad, en hom, indien moontlik, selfs gedood. Maar later kom ek na baie verhewe pogings tot die oortuiging dat die eenmaal te dom gemaakte mensdom gladnie iets geleer kan word nie en ek ontdek toe ook dat ek heeltemal ongelyk het om die mense aan te val wat soveel moontlik die volk met namaakwonders in die ou bygeloof wil bevestig.

[16] Ek glo dat ek nou openhartig gepraat het. Dat ek my teenoor die volk baie anders moes toon, sal u hopelik ook wel sonder ergernis insien! Maar dat ek self altyd `n baie ander mening daaroor gehad het, gee my innerlike, beter oortuiging wel aan, wat ek u nooit kon toon as ek dit nie al gehad het nie! Wonderdoeners doen my teenswoordig niks meer nie. Hulle moet egter nie, soos gewoonlik, uit broodnyd teen ontwikkelde mense soos ek te kere gaan nie, maar hulle moet ons daarenteen help, dan sal dit met ons almal goed gaan.

[17] Want `n mens moet die niks te leer mensdom nooit laat sien dat ons eintlik gladnie iets voorstel nie, maar `n mens moet hulle met behulp van kunsmatige wonders in die mening en in die blinde geloof laat dat ons ondeurgrondelike geheime bewaar, wat slegs deur `n priester wat met God se gees vervul is en `n profeet wat deur God Self opgewek is, heeltemal verstaan kan word.

[18] Dit is voldoende dat slegs weiniges insien dat alle leringe oor die een of ander goddelike wese niks anders is soos - onder ons gesê - los, ou fabeltjies nie, wat ontspruit het uit die menslike fantasie en verder geen enkele basis het nie."

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205