Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die owerste en die engel

150 Cyrenius sê: "Daarmee is ek dit weer heeltemal oneens, want ek glo vas en verseker dat daar `n God is wat die hele geestes- en sinnewêreld deur Sy eie magsvolkomendheid, naamlik uit Homself, geskape het. Dit het natuurlik wel in `n groter tydsbestek plaasgevind as dit wat Moses, sleg of gladnie verstaan, dit aangegee het. Hier is egter manne wat Moses beter verstaan as wat u dit doen!

[2] Daarom glo ek ook in `n ewige lewe van alle mense wat van goeie wil is om die gebod van God daadwerklik te vervul, ek glo ook volkome aan die formele persoonlikheid van alle geeste, en daardeur ook van die engele van God, ek glo vas in `n werklike openbaring van God deur die mond van die profete, en ek glo selfs in die persoon van `n God-Mens!

[3] En ek glo dit alles nie net uit hoorsê nie, maar uit innerlike en lewende oortuiging, en dit verwonder my daarom baie dat u van dit alles gladnie iets glo nie!

[4] Wat sou u dan sê as ek in alle erns aan u sê: “Kyk, hierdie lieftallige jongman hier is nou juis so `n engel van God waaraan u nooit geglo het nie, en hy kan dit ook altyd met dade bewys?” -Wat sou u daarteen kon inbring?"

[5] Stahar sê: "Geëerde meester, daarop kan ek niks anders sê as: U skep nou genoeë daarin om my in die openbaar vir die gek te hou! Hierdie skone jongeling is beslis `n veelbelowende seun van u, en dit is wel seker dat u hom al van kind af aan in alle moontlike kunste en wetenskappe laat onderwys het, en dit sou my nie baie verbaas as die jonge nie oor sekere kundighede beskik waaroor ons nog nooit van gedroom het nie.

[6] As ek nou `n goedgelowige os was, sou u my so aardig aan die neus kon lei, maar dit sal moeilik gaan. Want ek weet wat ek weet, en in u binneste sal dit wel eenders wees, - maar u wil my waarskynlik weer op die proef stel."

[7] Cyrenius sê: "Wel as u dink dat ek u vir die gek hou, stel hom dan in die Naam van JaHWeH God op die proef, dan sal dit wel duidelik word of ek die waarheid gepraat het of nie!"

[8] Stahar sê: "Goed, as u my dit toelaat, sal ek met u engel dadelik die driedubbele Mosesdoek voor u oë wegneem, sodat u onmiddellik en duidelik kan sien hoe dit daar met die engel staan! – Kom dus maar hier, lieftallige, jong engel!"

[9] Rafael kom na Stahar toe en sê: "Wat verlang u, ongelowige, dat ek dit vir u kan doen?"

[10] Stahar sê: "Kyk, in hierdie see lewe baie visse. Sou jy vir my uit die diepte `n baie mooi vis kan gaan haal, en hom dan ook gebraai en goed klaargemaak op `n skottel kan aanbied?"

[11] Kwalik het Stahar dit gesê of Rafael hou al vir hom die gevraagde vis voor, en nooi hom nou ook uit om die vis op te eet.

[12] Toe Stahar dit sien gebeur, word hy vreeslik verleë met homself, en hy weet nie wat hy moes sê oor die onbegryplike verskynsel nie.

[13] Rafael nooi Cyrenius egter ook uit om van die vis, wat baie goed voorberei was, te proe. Die vis word in stukke verdeel. Cyrenius neem dadelik `n behoorlike stuk vir homself, eet dit en prys die smaak uitbundig. Toe probeer Stahar ook `n stuk, eet dit en was dit heeltemal met Cyrenius eens, en vervolgens neem nog meer gaste stukke van die vis en vind dit baie smaaklik.

[14] Nadat die hele vis op hierdie manier verorber was, rig Stahar hom baie nederig tot Rafael en sê: "Is jy werklik `n engel van die Heer, of is jy maar net so `n jong, buitengewone towenaar uit Europa of Afrika of uit die groot Agter-Asië? Wat daar gebeur, is weliswaar onbegryplik en wonderlik soos nog nooit voorheen nie, maar daar is ook toordery en groot towenaars onder die mense waardeur die leek in sulke sake baie maklik op `n dwaalspoor gebring kan word. Sê my daarom eerlik of jy moontlikerwys `n engel van die Heer is - of miskien tog `n towenaar?!"

[15] Rafael sê: "Wat sou u daaraan hê of ek ja of nee sou sê?! `n Twyfelaar het tasbare bewyse nodig! Beproef my en stel aan die hand daarvan vas of dit wat ek doen, ook deur die een of ander towenaar gedoen kan word!"

[16] Stahar sê: "Ja, ja, beproef is goed as ek maar weet waarmee jy nog meer - hm - ja, daar skiet my niks te binne waarmee ek jou nog verder sou kan beproef nie, aardige jonge, en bowendien is die verwesenliking van die eintlik belaglike, eerste proefstuk al so buitengewoon, dat iets wat nog onmoontliker uitvoerbaar sou wees gladnie te bedink is nie! Maar deur jou buitengewoon lieflike gestalte sou ek nou tog waarlik eerder aanneem dat jy werklik `n engel van God is as `n towenaar! Slegs blyk dit dat jy werklik `n liggaam het en daaraan sien `n mens tog nie `n gees nie. Laat my eers voel of jy ook lyf het!"

[17] Die engel laat hom nou deur Stahar betas en Stahar vind alles by Rafael deeglik en stewig. Toe haal hy sy skouers op en sê: "Hm, hm, liggaamlik kan dit nie beter nie, baie geestelik sien dit nie daaruit nie! Teen wat hy gedoen het, is niks in te bring nie, maar die baie mooi, gevulde liggaam wat baie weelderiger is as van watter jong vrou dan ook, so `n wonderlik aantreklike arm, en so gevuld en stewig, ja, dit lyk tog in die verste verte nie soos iets geesteliks nie! Jy sou selfs, as ek baie eerlik wil wees - afgesien van die feit dat ek al `n ou esel is, en dat jy `n man is - baie maklik tot oor jou ore op jou verlief kan word en al jou sinne verloor! Wel, dit lyk dan tog gladnie soos iets wat jy met reg, rein en hemels geestelik sou kan noem nie! Maar miskien is dit so, dat jy netsoos `n jong Tobias, in die geheim, onsigbaar vir ons sterflike mense, ondersteun word deur `n engel. Dit wil sê as jy al vanaf jou geboorte netsoos Samuel, `n baie vrome seun was! Maar as dit nie so is nie, dan kon jy ook net so goed `n geheime verbond met die JaHWeH-staan-ons-by' kan hê, wat ek egter nie so waarskynlik ag nie, omdat jy verder so `n hemels vroom en lieflike uiterlike het, en omdat ek, eerlik gesê, nooit so heeltemal werklik aan die JaHWeH-staan-ons-by' geglo het nie. Om heeltemal aan God te glo was al moeilik vir my, laat staan dan aan Sy teendeel!

[18] Daarom is ek, ondanks my uiterlike strengheid, innerlik tog geen Seloot nie, maar `n verstandige natuurmens en ek neem geen verskynsel só lank as geestelik aan nie, alvorens daar nie nog `n enigsins natuurlike verklaring daarvoor te vinde is nie! Dit wat jy nou gedoen het, is beslis nie deur my verstand natuurlik te verklaar nie, maar ek het my ook nog nooit ingebeeld om alles te verstaan wat ook maar op die groot terrein van die natuur sigbaar word nie. Daarom kan jou kuns om wonders te doen tog wel op iets natuurliks berus, waarvan jy, en miskien ook nog wel `n aantal ander, alles vanaf weet. Dit sal jy natuurlik nie aan my vertel nie, maar dit is ook nie so belangrik nie, want daar geskied in die natuur baie wat op sigself ook `n wonder is wat ons nie kan verklaar nie. Daarom hoef ons dit tog nie dadelik as `n wonder in optima forma te sien nie?!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205