Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die owerste vertel oor die moord op Sagaria

152 Rafael sê: "Dit gaan alles maar daarom, of u die waarheid gepraat het of nie! Ek kan u met sekerheid sê dat u nou, slegs om die geestelike van my te toets, met `n ongebreidelde fantasie, afskuwelik en stinkend gelieg het, en dat van alles wat u nou so mooi vertel het, geen lettergreep waar is nie!

[2] Die versinde towenaar sou u gedagtes geraai het, maar ek het nou geraai dat u vir ons oor alles duimedik gestaan en lieg het! En so het die leuen van die towenaar nou deur my voor u waarheid geword!

[3] Die versinde towenaar moes volgens u leuens wyn uit water gemaak het, ook dit kan ek u daadwerklik laat sien! Kyk, daar staan ook `n leë kruik, laat ons dit met water vul! (Die kruik word met water gevul.) Kyk, hier staan hy vol water! Ek het die kruik nie aangeraak nie, en tog het die water uitstekende wyn geword! - Proe of dit lekker is!"

[4] Stahar proe die water, en merk nou werklik dat dit uitstekende wyn geword het.

[5] Die Engel gaan verder: "Daarna laat die towenaar die wyn in `n ander houer in verdwyn. Kyk, ek raak die houer nie aan nie, en tog is daar nou ook geen druppel wyn meer in nie! (Die kruik was droog en leeg.) Maar die versinde towenaar maak toe net van die geur alleen weer wyn. Wel, hierdie kruik ruik selfs nie meer na wyn nie, en tog wil ek dat hy weer vol is met uitstekende wyn! - Kyk die kruik is vol!

[6] Maar u het nog geen brood by die wyn nie, en wyn alleen drink u nie so graag nie! U towenaar het etlike stene nodig om dit in brode te verander. Ek het alleen maar my wil nodig, - en kyk, daar lê reeds `n hoeveelheid brood voor u! - Proe dit, of dit nie beter smaak as u geliegde brood nie!

[7] U skenk daarop u towenaar twee versinde pond silwer, en ek verskaf u hier uit die lug tweehonderd pond werklik suiwer silwer as ruime betaling vir u leuen! - Sê nou eers of u daarmee tevrede is!"

[8] Stahar staan met oopgesperde oë van verbasing en sê na `n rukkie: "Nee, dit het niks meer met natuurlike dinge en kragte te make nie! Hier werk duidelik meer as `n nóg so verborge natuurkrag! Hier steek `n almagtige wil van God agter, en jy, jonge, is `n egte, beliggaamde engel, of jy is één van die grootste profete van God soos Samuel of Elia!

[9] Ja, nou glo ek dat jy `n boodskapper van God uit die hemele vir ons arme, sondige mense is, om ons, wat ver van die regte weg afgewyk het, weer daarop terug te bring!

[10] Dit is waar, groot, lieflike boodskapper van JaHWeH, dat my vertelde verhaal oor die towenaar uit Agter-Asië byna heeltemal deur my versin was, - maar wel volgens die trant van iemand wat my dit eers vertel het. Ek het dit slegs vertel om jou ietwat van naderby te toets, maar ek het ontdek dat jy werklik hart en niere kan deursien, en dat jou wil werklik die onmoontlikste dinge, spelenderwys kan doen.

[11] Daarom glo ek nou ook vas, dat jy ondanks jou goeie mooi liggaam `n volmaakte boodskapper van God is, en ek het nou `n groot vreugde in my hart dat ek dit ook eenmaal beleef het, waarvan in die Boek geskryf staan, dat die vrome vaders in die outyd dit ook so nou en dan beleef het!"

[12] Die Engel sê: "U beleef nou egter nie vir die eerste maal iets wat ook die ou vaders beleef het nie! Dertig jaar gelede het u in die tempel ook reeds iets dergeliks beleef, waarna die toenmalige hoëpriester, vernaamlik deur u hand, tussen die altaar en die Allerheiligste gedood is! Waarom het u nie tóe die duidelike wonder geglo nie, en waarom het u selfs teen `n hoëpriester so meedoënloos opgetree?!"

[13] Stahar sê: "Geliefde, almagtige boodskapper van God, herinner my nie aan `n tyd waarin ek beslis slegs deur `n vloek die wêreldse lig aanskou het, en aan `n daad wat ek later vele, vele kere diep betreur het! Maar vir my destydse denke en my insig, het daar haas geen ander moontlikheid oorgebly nie!

[14] In die geheim was ek reeds geheel en al onderlê in die Griekse filosofie, en ek het geweet waarom ek `n mens was. Vir Plato en Sokrates, netsoos Aristoteles was ek duisend maal liewer voor as vir my duistere en baie mistieke profete, wat ek tot op hede nog nie verstaan het en ook nooit sal verstaan nie, omdat dit eintlik nie te verstane is nie. In die besonder die Hooglied van Salomo, wat eerder deur `n waansinnige gemaak kon gewees het as deur `n wyse. Daardeur was ek behoorlik kwaad vir alles wat maar enigsins in teenspraak was met die suiwer rede van Euklides, deur wie se werke ek eintlik rekenmeester geword het.

[15] Almagtige, hemelse vriend! As iemand vir my sê: 2 en 2 is 4, en dat die dag lig is, en die nag duisternis, dan het hy die volle waarheid gepraat, en ek sal hom as vriend aan my bors druk. As daar egter één kom wat met `n stalende gesig beweer dat 2 en 2, 5 is, en dat die dag duister en die nag lig is, slaan ek dadelik so een soos `n os met één hou dood, want so `n moordenaar van die gees vind ek baie erger as elke dief en struikrower en moordenaar!

[16] Wel, so was dit toe in die tempel! Mense begin die onsinnigste dinge te beweer, en sit selfs straf daarop as iemand dit sou durf om teen `n so duistere en domme spreuk van Salomo iets in te bring!

[17] Die genoemde hoëpriester was so `n egte aanhanger van Salomo en het hom streng gehou by uiterste mistieke wysheid. Hy het selfs `n baie helder lig begin te besing wat toe in die wêreld sou kom. Dit sou alle duisternis van die nag nou so verlig het, dat selfs die duisterste hole onder die aarde ligter sou wees as die helderste middagson. Maar die wêreldse dag sou verander word in die duisterste nag en die duisternis op die dag sou so groot word dat mense en diere daaraan sou sterf. Die lig van die nag was al in die wêreld, en het reeds die nagtelike duisternis verlig sodat die blind geborenes selfs beter kon sien as siendes op helder verligte dae!

[18] Dit was nog maar die begin. Dit was natuurlik `n gelieg van a tot z, omdat ek tot op daardie uur, gedurende dertig volle jare behalwe tydens volmaan, geen naglig gesien het nie, - behalwe ook nog die verlengde aandverligting van gister, wat egter baie beter kon weggebly het, waardeur baie ongeluk voorkom sou gewees het. Niemand mag hom gevra het wat daarmee bedoel word nie, en tog het hy onwankelbare geloof vereis.

[19] In JaHWeH se Naam sou ek dit nog wel kon verdra het - omdat by baie onsin nog `n bietjie meer onsin niks sal doen nie, `n mens kan daarby nog altyd self suiwer en waar dink, - maar op `n keer begin hy te sê: 'Die 7 word nou 1, en 666 word nou 111, en 777 en `n half en `n derde en `n kwart. Wie kan reken, moet nou anders reken, want die oue sal nou geoordeel en verdoem word!”

[20] Sulke onsin en nog meer, het vir my en baie leerlinge van Euclides die grootste sorg, angs en woede besorg. Ons het saamgespan en het met `n goed gemikte klipvoorwerp `n einde gemaak aan hierdie domheid, wat te beledigend vir ons was!

[21] Maar daarmee het ons werklik nie so baie gewen nie, want die opvolgers van die vermoorde was daarna nog honderd maal erger. Vir ons was dit toe egter ook gladnie meer uit te hou in die tempel nie. Ek bedink my, speel die aartshuigelaar en word daardeur gou hierheen as owerste verplaas met alle regte van `n hoëpriester. Hier het ek my niks te kort laat kom nie, en ek was na buite toe streng, maar innerlik was ek goedaardig en goedsmoeds. So nou weet jy ook waarom Sagaria gedood is! - Wat vind jy nou wel daarvan?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205