Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Vrees God nie, maar het Hom lief

157 Stahar sê: "Vriend, ek weet dat jy `n groot filosoof is, en dat `n mens moeilik iets teen jou kan inbring, maar die merkwaardige dade van die engel kon jou tog onmoontlik nie ontgaan het nie! Het hy iets vir ons natuurlike lewe gedoen, of maar net vir ons gees?"

[2] Die spreker sê: "Ons het dit met ons oë gesien. Sien die mense in Jerusalem dit ook? Nee! Omdat hulle dit nie met hul sintuiglike, lewende oë gesien het nie, en dus ook gladnie sal kan glo as `n mens dit vir hul sou vertel nie, kan ons dan as verstandige mense vir hulle daaroor kwaad word, of hulle selfs tot allerlei straf veroordeel?!

[3] Eers deur ons sintuie word ons gedwing om te glo. Sonder oë sou ons net so goed verlore gewees het soos hulle wat nou in Jerusalem is. Sê my nou eers, waar hierdie eintlike, sedelike inbring begin! Vergeet die oë en hul noodsaaklike gesigsvermoë eers, en bepaal dan vir my die absoluut morele standpunt!"

[4] Stahar sê: "Vriend, ek sien wel dat ons nooit maklik tot ooreenstemming sal kom nie! Dit moet `n hoër gees vir ons heeltemal duidelik maak! Ek sien dat die engel nou na ons toe kom, praat eers met hom, ek is al baie nuuskierig hoe julle hierdie saak met mekaar sal reël!"

[5] Die onverstoorbare nugter spreker sê: "Beste vriend! Die engel vind ek niks belangriker as jy nie, en ek sal met hom praat netsoos met jou, en ek sal hom nog minder iets toegee as vir jou, omdat hy `n salige gees en heeltemal volmaak is, terwyl ons nog soos wurms in die stof van die verganklikheid oor die harde en smerige bodem van hierdie aarde moet kruip! Daar is maar één waarheid en die is net so van toepassing op `n engel as op die smerigste skobbejak ter wêreld!"

[6] By die aanhoor van hierdie woorde was die engel ook al met `n antwoord gereed en sê: "Floran, jy is dus gladnie bang vir my nie?"

[7] Die spreker sê: "As jy my naam ken, sal jy ook die redes weet waarom ek geen vrees vir God kan hê nie, net so min as vir jou, ook al doen jy nog duisend ongelooflike groot wonders! Ek kan my tog ook baie wonders voorstel, maar nie verwesentlik nie, maar wat beteken dit?! As ek dit ook kon verwesenlik, sou die van jou beslis nie vir my as wonderbaarlik voorgekom het nie! Ek is al tevrede met die toekyk, - die verwesenliking gaan my niks aan nie! Of sou ek moet treur omdat ek nie so skitter soos die middagson nie, of omdat ek nie soos `n voël in die rondte kan vlieg nie?! Ek is met alles tevrede wat ek weet, wat ek is, en wat ek kan, en meer het ek in elk geval vir hierdie wêreld nie nodig nie!

[8] Maar wat ek weet, is en kan, is `n individuele gawe van God aan my, waarvoor ek die Skepper dankbaar is. Meer het ek nie nodig nie, en ek beny ook niemand wat meer het nie!

[9] Moet ek dalk vir jou bang wees, omdat jy oneindig baie magtiger is as ek? O, glad nie! As jy dommer was as ek, of as jy geen mag gehad het nie, of sou dit onbeheers gewees het, sou ek dit dan met my suiwer verstand net so die hoof kon bied soos die krag van `n storm. Maar jou mag gaan gepaard met wysheid, en dit gee my die vertroue dat jy jou baldadigheid nie op my sal laat botvier nie, veral omdat ek jou nêrens enige skade kan, en nog minder wou berokken het nie. En sou jy dalk met my `n grap wou maak, dan sou ek nie vir jou daaroor kwaad geword het nie, maar jou ook nie geprys as `n leeu van die wysheid nie, wat soos `n mens sê, so ernstig is dat hy geen muggie vang nie. God is egter nog oneindig baie wyser, en magtiger as jy, daarom vrees ek Hom nog minder as vir jou."

[10] Die engel sê: "Maar weet jy nie dat God jou vir ewig kan vernietig of dat Hy jou `n ewige, ontsettende kwelling kan oplê as jy Sy wet nie hou nie?! Moet God in die opsig dan ook nie gevrees word nie?!"

[11] Floran sê: "Sonder om maar enige afbreuk aan jou wysheid te wil doen, moet ek openlik aan jou beken dat hierdie vraag aan my, jou wysheid - op die man af gesê - geen besondere hemelse eer aandoen nie! Om daaraan te twyfel of God, as die almagtige wese, my sou kan vernietig, sou nog groter dwaasheid wees as jou, aan die onnosel grensende, herinnerings van my sub- en objektiewe nietigheid. Wat dan nou as ek weer tot niks word, soos wat ek ook vóór die bestaan `n ewige niks was?! Hierdie niks is niks, het niks nodig nie, en hoef vir ewig vir niks te sorg nie! Kom dus maar op met jou ewige vernietiging van my niks, wat tog al niks is, en ek gee jou reeds vóóraf die versekering dat ek as `n suiwer niks, jou nooit daaroor voor die gereg sal daag nie! As dit vir God, die beslis mees wyse wese, egter plesier gee om my vir ewig te pynig, en te martel, dan maak Sy wysheid ook nie baie saak nie, want so `n verlange sou `n mens kwalik by `n tier van `n tiran aantref.

[12] Die geskiedenis gee ons egter geen voorbeeld dat daar ooit `n wyse tiran was nie. Wat sou jy en jou God my antwoord as ek julle bewys dat julle baie onwys, in plaas van wys was?! Niemand kan dit egter van God beweer nie, as hy ook maar net `n blik gewerp het op die baie wyse bou van elke skepsel! God is daarom baie wys en daarom beslis ook baie goed.

[13] Met sulke volkome eienskappe kan Hy egter ook onmoontlik ooit êrens in die hele oneindigheid `n skepsel geskape het vir `n ewige kwelling! Ja, om `n wese deur allerlei bittere en pynlike ervarings te reinig, hier of in die hiernamaals, is iets heel anders. Want die mens is `n werk van God, wat hom volgens die wyse orde van God self in die sedelike sfeer moet vervolmaak om dit te word waartoe hy deur die Skepper bestem is!

[14] Sulke kortstondige, pynlike verbeteringsmomente laat die Skepper maar net toe. Hy skep dit nooit Self om `n mens vir Sy genoegdoening na `n misstap vir `n tyd lank te kwel nie. Hy laat dit maar net toe om die mens terug te bring tot die nugter herken van die orde, om hom daardeur makliker te kan ontwikkel. Ek kan so `n suiwer goddelike voorsorgsmaatreël, waaruit slegs liefde en die grootste goedgunstigheid straal, nooit sien as `n diktatoriale straf nie!

[15] Jy kan God daarom nie erger beledig as wanneer jy Hom aan my as `n ewige tiran voorstel nie! - Ek glo dat jy my goed sou verstaan het!

[16] Ek kan God slegs bo alles liefhê, en Hom as die beste, gewydste en mees wyse Wese aanbid, maar nooit as te nimmer vrees nie!"

[17] Toe klop die engel vir Floran op die skouer en sê glimlaggend: "Dit is goed gepraat en dink nie dat ek `n woordestryd met jou sal wil begin nie, want jy het gelyk en ek het ook gelyk! Ek wou jou maar net met my bra onnosele vrae die geleentheid gee om ook jou mening heelwat openliker vir jou broers uit te spreek as wat vroeër die geval was, en ek sê jou nou dat jy al ryp is om die Heer te ontmoet! Volg my dus, - ek sal jou self na Hom toe bring!"

[18] Floran sê: "Dit is dus suiwer erns, dat die ou voorspelling hier in vervulling gegaan het?"

[19] Die engel sê: "Ja! Dit is die volle waarheid en daarvan is ek tog `n sprekende hemelse getuie. Kom nou egter alleen saam met my!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205