Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Floran by die Heer

159 Toe beide by My kom, sê die engel, terwyl hy diep voor My buig: "Heer, hier is `n ryp appel! Sy liggaam is net soos die van alle mense, maar sy gees is sterk en vol onbedorwe krag. U kry daarom alle lof en alle eer van ewigheid tot ewigheid!"

[2] Ek sê: "Goed, Rafael, sulke vrugte is vir My welkom en daarvan hou Ek! Hy is daar weliswaar één van die stoel van Moses en Aäron, maar hy het ook die skool van Plato, Sokrates, Pythagoras en Aristoteles sy eie gemaak, en daarom is hy geen riet wat deur die wind heen en weer beweeg kan word nie, maar `n dik seder van die Libanon wat weet om die storms te trotseer! Hy staan rustig en stil en as die storms aan hom ruk, buig hy nie! Ek sal hierdie boom laat staan tot by die opbou van die nuwe Jerusalem, dan sal hy die dak en die gewel van My huis vorm!-

[3] Floran, sê My nou eers: Is jy bly oor My?"

[4] Floran sê: "Heer van alles wat lewe! Wie sal dan nie bly oor U wees nie?! Maar ek is `n sondige mens en U heiligheid sê vir my: 'Gaan weg van My!” Sien u, daarom is ek nie bly nie! Ek sou nou sonder sonde waardig voor U wou staan, maar dit is onmoontlik, want ek het gesondig, is daarom `n sondaar en skaam my nou baie vir U heiligheid. Maar daarvan beskuldig geen vrolike hart my nie, maar `n bitter berou, en dit is nie baie geskik om `n hart vrolik te maak nie. Tog is ek ook weer mans genoeg, en besit `n verstand wat my `n verontskuldiging vir my sondes ten opsigte van U gee, en my ook toon dat ek `n mens is, bestaande uit vreeslik baie elemente, wat sy voleinding dan so eers bereik as die baie elemente deur die sondige gisting gelouter is en `n suiwer, kosbare wyn vir elkeen geword het, soos by jong wyn in `n sak.

[5] U is die Heer en elke mens is die vrug van U ewige stryd. Die mens beleef slegs `n geveg met oorwinning en nederlaag, om eers daaruit, netsoos `n Phoenix uit die as van die vernietigende vuur, op te staan vir `n nuwe lewe wat innerlik wel in ewewig kom, maar uiterlik tog `n ewige stryd sal en moet bly!

[6] Heer, vergeef my daarom nie my sonde nie, want dit was noodsaaklik om in my die stryd te laat ontbrand om `n nuwe mens te word, maar vergeef my die skande van my herhaaldelike nederlae, dan sal ek my in U verheug, o Heer!"

[7] Ek sê aan die leerlinge: "Sien hier `n mens in wie se siel geen bedrog woon nie! Hierdie mens het Ek reeds lank lief!"

[8] Simon Juda sê: " Heer, hy lyk wel soos `n tweede Mathael!"

[9] Ek sê: "Dink jy dat iemand maar net op Mathael se manier wys kan wees? Kyk eers, hierdie Floran is heeltemal die teenoorgestelde van Mathael, en tog is hy ook soos Mathael `n wyse! Mathael is `n kenner op die gebied van die natuur en die tale van die oues, Floran is egter `n kenner van alle gelowe en alle wêreldse wysheid en kennis van die oues. Daarom kan `n mens moeiliker met hom, as met Mathael praat, maar omdat hy nou aan ons kant staan, sal hy so vinnig moontlik as `n strydende werktuig optree teen alle dwaalleringe by die mense op aarde. Hy sal dit baie bekwaam bestry, en sonder om ekstra wonders te doen, `n goeie resultaat bereik. Vir die wêreldse kinders is dit beter, om te voorkom dat hulle gevangehoudende oordeel nie `n nog groter greep op hul siel kan kry nie! Vir kinders van bo is die wonders wel `n barmhartigheid - maar nie vir die kinders van die wêreld nie.

[10] Omdat julle in julle harte weet wie Ek is, kan julle in julle siel vry bly wanneer julle vir My God se werke op hierdie aarde sien doen. Dit geld egter nie vir die wêreldse kinders nie. Hulle word daardeur gedwing en gebind, en het dan geen vrye gedagte meer nie, en nog minder `n vrye bewussyn.

[11] Wanneer Floran hulle egter met sy wêreldse wysheid sal bewerk, sal die woord hulle `n seker lig gee wat voldoende sal wees om vir hulle die treë na die tempel van hul harte te verlig. As hulle eenmaal binne is, dan is hulle ook heeltemal gewen vir die hele ewigheid! Maar julle almal bymekaar is nog lank nie so verstandig soos Floran nou is nie!"

[12] Dit hoor Floran egter nie omdat Ek alleen met die leerlinge in hul harte daaroor gepraat het, daarom het hy My gevra wat hy moes doen.

[13] En Ek sê: "Gaan maar na jou broers en vertel hul dat Ek weldra ook by hulle sal uitkom!"

[14] Floran sê dan niks meer nie, maar buig net en gaan vinnig na sy broers toe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205