Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Floran praat met Stahar oor die Heer

160 Toe hy na `n paar treë weer by sy eie is, vra Stahar hom dadelik: "En hoe staan dit daarmee? Is ons op die regte weg?"

[2] Floran antwoord: "Volkome! Daaraan is geen twyfel meer nie! Hy is wel `n mens soos ons, maar in Sy wese bevind iets hom wat hom slegs laat voel, maar nie met woorde laat omskryf nie. As Hy praat, klink dit asof elke woord dadelik ewigheidswaarde het! Jy kan baie duidelik aan Sy woord merk dat dit, aangevul met 'Daar is!”, oombliklik uit homself of ook uit die niks `n wêreld vol wonders kan oproep!

[3] Hy kan Sy goddelike wese nie verberg nie, en as ek sonder alle vroeëre voorbereidings by Hom sou gekom het, sou ek dadelik vir Hom gesê het: 'U is geen gewone mens nie, in U hart moet die goddelike oergees geheel en al aanwesig wees!”

[4] Maar tog was die wyse voorbereiding baie goed, sodat ons nou maklik en duidelik kan insien met wie ons te doen het. Hy sal binnekort volg, het Hy my beloof. Wanneer Hy hier is, kan julle julleself daarvan oortuig of ek gelyk het of nie!

[5] Maar nou verstaan ek ook wie ons gedrag in die stad aan Cyrenius verraai het, wat seker nie so lofwaardig was nie, - dit wil sê: ons gedrag. Maar nou is alles verander! Die toeval, waarvan ons Messias-JaHWeH vooraf beslis baie sou voorsien het - gestel dat die nason van gister dalk nie heeltemal Sy werk was nie - het ons met één slag vry gemaak van die ou juk van die domheid. Daaroor kan ons nou wel baie bly wees, want watter hinderlike en beledigende dwaashede sal die goddelose tempel hierna nog alles vir die mensdom nie uitbroei nie, wat ons dan weer geheel en al sou moes uitgevoer het! Maar laat dit nou maar kom! Ons sal ons Romeinse burgerreg beslis op so `n manier onder hul neuse druk, dat hoor en sien op aarde sal vergaan!

[6] Aan ons kant staan nou met `n verskriklike groot nommer één, die Messias en `n engel uit die hemel, wat baie magtiger blyk te wees as diegene wat eers die jong Tobias gelei het. En wêreldlik het ons by ons `n nog belangriker nommer twee, die opperstadhouer van die hele Asië en `n deel van Afrika, wat `n fisiese oom is van die huidige, regerende keiser van Rome. Ook al sou hulle met die hele hel van Jerusalem hierheen kom, dan sou ons hulle tog nog net so die baas word as wat die uitgedaagte leeu elke so sluwe jakkals se baas kan word! - Wat dink julle nou van alles?"

[7] Stahar sê: "Niks anders nie as dat dit nou met ons vir die hele ewigheid sal goedgaan! Nou is ek ook vir niemand meer bang nie! Dit is goed en maklik om vir God te stry, want God se krag is `n skutmuur wat geen vyand in ewigheid kan verwoes nie! Maar nou sou ek graag nog van iemand van julle wou hoor - ook al is dit ook maar so ongeveer - watter nuwe doel ons onsself in die toekoms moet stel! Het niemand van julle `n goeie idee? - Wat dink jy daarvan, Floran?"

[8] Floran sê: "Daaraan dink ek nog nie en onder die gegewe omstandighede vind ek dit nie die moeite werd om ook maar vlugtig daaraan te dink nie! Ons is nou by God, en daar is ons nie net vir hierdie tyd in goeie hande nie, maar vir die hele ewigheid! Dus broer, jy kon jou wel hierdie vraag gespaar het!

[9] Ek maak my oor niks meer besorg in hierdie wêreld nie, want Hy, wat ons hier gevind het, is vir my alles bo alles! Wat Sy Wil sal wees, sal vir alle tye van die tye my toekoms wees! Want net Hy weet presies wat ons is, wat ons sal word, en wat ons in die vervolg te doen staan om dit te word wat Hy in ons sien. Daarom sal elke ydele voorsorg van ons kant `n dwaasheid wees. As Hy aan ons sal sê: 'Doen dit of dat!”, sal die tyd kom om daarvoor te sorg dat ons altyd dit wat Sy heilige wil ons as plig opdra, heeltemal volgens Sy Wil te volbring. - Kyk, broer Stahar, dit is die kern van my mening!

[10] Maar wees nou stil, want ek sien dat die Heer en Cyrenius hulle gereedmaak om na ons toe te kom! Sorg daarvoor dat jy jouself in jou hart fatsoenlik hou, anders sal jy Sy aanwesigheid nie kan verdra nie! Werklik, hulle kom! Ook die engel en `n meisie kom saam; die meisie kan ook wel `n engel wees!"

[11] Stahar sê: "Ag, die meisie kan geen engel wees nie. Want daar was nog nooit vroulike engele gewees nie, sy kan dus ook nooit een wees nie, en daar kan ook nooit een wees nie! Daarom kan die meisie maar net `n dogter van die een of ander ryk Judeër wees. `n Romein is sy nie, te oordeel aan haar kleding. Die jongman wat Cyrenius aan die hand hou, is wel `n Romein, of miskien wel die jongste seun van die ou meester. Maar die meisie moet by nadere bestudering ook ontsaglik wys wees, want haar vaste en sprekende sagte blik lewer die onmiskenbare bewys daarvoor."

[12] Floran sê: "Ja, ja, ek gee jou gelyk. Maar met jou bewering dat daar geen vroulike engele is nie, is ek dit nie heeltemal eens nie! Daar sal by hulle wel geen geslagtelike verskille voorkom nie, maar verskille in gemoedsgesteldheid sal daar sekerlik sodanig wees, dat hulle hul ten opsigte van mekaar in verhouding sal wees soos wat `n goeie man ten opsigte van sy liefste vrou op hierdie aarde is. Kyk maar eers na die engel en sê nou eers self of hy nie vroeër soos `n goed aanvallige meisie daar uitgesien het nie, eerder as die een of ander jongman! Trek hom vroulike kleding aan en dan staan daar voor jou `n meisie Non plus ultra *, soos die Romeine sê! - Maar hou nou op met die nuttelose gepraat! Hulle sal nou hier wees!" (* onoortreflik)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205