Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die terugbring van die verlorene

163 Ek sê aan Floran: "Vriend! Dit sê nie jou liggaam nie, maar die gees wat jy van bo gekry het! In Stahar is ook wel `n gees, maar dit sluimer nog en daarom praat sy liggaam duideliker as sy gees. Elkeen maak die meeste sorge oor dit wat naaste aan hom is. As iemand uit `n ontwaakte gees praat, staan sy gees ook naaste aan hom, en sal sy sorg ook veral gerig wees op dit wat sy gees aanbetref. Maar diegene wat meer aan die vlees hang, en liggaamlik dink en wil, die vind die vlees die belangrikste, en sorg daarom bó alles vir sy liggaam, en stel die sorg vir dit wat geestelik is op die agtergrond.

[2] So word dinge en mense gereël in hierdie wêreld. Maar as ons Stahar `n meer ontwaakte gees sal hê, sal hy ook bó alles sorg vir dit wat van die gees af kom.

[3] Kyk, die ware sorg van die gees is daarop gerig dat julle hart van liefde vervul word vir God en die naaste!

[4] Dit is maklik om goeie en eerlike mense lief te hê, en met hulle te verkeer, maar om na die sondaars te gaan en hulle op die regte weg te bring, is `n werk wat baie selfverloëning vereis.

[5] Want as jy met `n hoer of `n owerspelige oor die straat stap, sal die mense met die vinger na jou wys, en jou dit aandoen waardeur jy geen wêreldse eer sal behaal nie. As jy die hoer en die owerspelige egter op die goeie weg gebring het, sal daar vir jou by God `n groot beloning wag, en die kleinste deeltjie daarvan is meer werd as `n hele wêreld vol skitterende eerbewyse.

[6] Wie die verlorene vir My terugbring, sal meer loon ontvang as hy wat vir My honderd lammers op `n omheinde weide goed opgepas het. Want dit is baie maklik om `n eerlike mens eerlik en deugsaam te laat bly, maar om vir iemand wat deur elkeen verag word, sy eer terug te gee, en van `n verstokte sondaar `n voorvegter van die deugde te maak, kos heelwat meer moeite! En slegs dit vind Ek die moeite werd, - die eerste sien Ek maar net as werk van lui knegte!

[7] Ek is die Allerhoogste as jy dit wil glo, en slegs die veragte, en in die oë van die wêreld verlorene, soek Ek en neem Ek op. Want die gesondes het die geneesheer egter nie nodig nie!

[8] As julle dus heeltemal My ware leerlinge en helpers wil wees, moet julle ook in alles so wees soos wat Ek nou Self is.

[9] As julle `n blinde oor die straat sien loop en merk dat die weg waarop hy gaan, veral vir `n blinde baie gevaarlik is, sal julle dan nie die blinde wandelaar dadelik aan dié arm gryp en aan hom sê: 'Luister, vriend, die weg waarop jy nou loop is baie gevaarlik, laat jou lei sodat jy nie oor `n afgrond stort nie!” En as hy julle glo en homself aan julle toevertrou, sou julle julleself dan skaam om die blinde te lei? Tog seker niemand van julle nie!

[10] Maar `n sondaar is geestelik nog baie blinder as die liggaamlik blinde, wie kan hom dan daarvoor skaam om `n geestelik blinde te help?!

[11] Laat daarom in die toekoms geen sondaar in julle oë so sondig wees dat jy jou daarvoor sal skaam om hom te lei nie!

[12] Hierdie les moet julle bó alles onthou, en in julle harte diep daaroor nadink, dan sal julle die ligte lewensweg begin ontdek, en daardeur al die ander goed begin waarneem!

[13] Maar nou nader daar skepe op see hierdie oewer, wat die aangekondigde gaste sal bring. Hulle sal baie aan julle duidelik maak."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205