Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Leiding van mense en volkere

168 Deur My almagtige Woord sou Ek weliswaar alle mense in één oomblik kon herskep, maar wat sou daar dan teregkom van hulle lewensbekwaamheid en vryheid wat self deur hul gees verower moet word?!

[2] Julle sien dus dat dit nie so eenvoudig is om doeltreffend op te tree teen die dwalings wat by die volke ingesluip het nie, sonder om die vryheid van hul wil, en hul geestelik noodsaaklike selfbestemming aan te tas nie.

[3] Maar net so moeilik is dit om te voorkom dat sulke dwalings hom gryp. Die geestelike deel van die mens moet naamlik met eg en oneg, en goed en kwaad in aanraking kom om vry te kan ondersoek, te herken en te kies, waarsonder hy andersins nooit aan die dink gesit sou word nie.

[4] Hy moet altyd stryd voer, omdat hy anders aan die slaap sou raak. En sy lewe moet altyd opnuut geleentheid kry om homself in die lewe te oefen, en daardeur ook homself in stand te hou, te versterk en so sy voltooiing te bereik.

[5] As Ek nie sou toegelaat het dat daar ooit dwalinge onder die mense kon voorkom nie, maar as Ek slegs die waarheid met haar versekerde en heeltemal noodsaaklike gevolge sou toelaat, sou die mense soos `n ryk swelger en wellustige lyk, wat uiteindelik so totaal afgestomp sou word en vir niks anders meer sou sorg as dat sy buik op die regte oomblik gevul word nie!

[6] As ons alle mense liggaamlik uitstekend sou versorg het, dan kan jy daarvan verseker wees dat daar gou geen priester, geen koning, geen soldaat, maar ook geen burger, geen landbouer en geen arbeider en handwerker meer sal wees nie. Want waarom sou `n mens werk of êrens met iets besig wees, as `n mens tog meer as voldoende vir sy hele lewe het?!

[7] Daarom moet daar nood en ellende onder die mense wees, en smart en leed, omdat die mens andersins sal vergaan in sy passiewe traagheid!

[8] Hier sien julle dan nou hoe alles onder die mense moet wees, sodat hulle altyd aangespoor kan word tot allerlei aktiwiteite. En hierdie vernaamste grondoorsaak van die lewe maak dit dan ook net so onmoontlik om die insluip van dwalings te verhinder, as om die insluipsels uiteindelik te elimineer.

[9] En die kwade gevolge, wat altyd op die dwalinge volg, is uiteindelik ook die geskikste middel om die dwalinge uit te ban en die waarheid te verbreed.

[10] Die mensdom moet deur nood en ellende, wat uit die leuen, en uit allerlei bedrog ontstaan, die bittere noodsaak van die waarheid éérs diep en lewendig gaan voel, en haar ernstig gaan soek, soos die ou Ouran uit Pontus haar gesoek het, dan sal die mensdom ook weldra die waarheid vind, soos Ouran haar gevind het. Dan eers sal die waarheid, wat onder allerlei noodsaaklike ongemakke met baie moeite gevind was, werklik die mensdom kan help. As die mens haar egter net so maklik sou gevind het soos wat hy die son die met sy oog aan die uitspansel kan vind, sou sy maar al te gou geen waarde meer vir hom hê nie, en dan sou hy vir sy vermaak die leuen nahardloop, soos wat `n wandelaar in die hitte van die dag soveel moontlik skaduwee opsoek, en dit meer waardeer namate hulle dieper in die skaduwee is.

[11] Die mens van hierdie aarde is dus iemand wat die moontlikheid in hom het om uiteindelik `n mens te word. Maar dan moet ook al sy uiterlike omstandighede so wees, en hom so aanspoor, dat die mens daardeur gedwing word om `n werklike mens te word!

[12] Die hele, naakte waarheid kan in die algemeen ook nie nou deur My nie aan die mense gegee word nie. Dit kan slegs versluier in gelykenisse en beelde gedoen word, sodat die mens eers met behulp van sulke beelde al soekende die waarheid kan ontdek. Net met julle, wat maar met min is, praat Ek nou sonder voorbehoud. Hulle, vir wie julle dit egter verder sal vertel, moet julle dit ook nie onversluier vertel nie, maar dit ook nog ietwat bedek, sodat hulle die geleentheid kan kry om vry na te dink en vry te handel. En sodat julle self ook nie lou sal word nie, sê Ek dit ook aan julle:

[13] Ek sou julle nog baie mee wou meedeel, maar julle sal dit nou nie kan verdra nie. Wanneer die Gees van die Waarheid egter oor julle en julle kinders sal kom, sal Sy julle in alle waarheid lei. So sal julle dan vir hierdie aarde `n volkome waarheid wees, en in Haar eers die sleutel in die hande kry tot die eindeloos vele waarhede van die hemele, welke deur hul altyd verdere en diepere onthulling, julle in ewigheid ook altyd meer en meer te doen sal gee!

[14] Maar nou roep Markus ons aan tafel, dit is ook `n waarheid en daar wil ons gehoorsaam wees!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205