Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die belang van die vryheid van die menslike wil

177 Ek sê: "Ja, luister eers my dierbare! Op die hemelliggaam waarop die mense voortbestem is om uit hulleself ware kinders van God te word, is dit noodsaaklik!

[2] Die geringste geestelike beperking van die vrye wil wat van My sou uitgaan, sou My bedoeling heeltemal tot niet maak!

[3] Daarom moet hier altyd volledige vryheid heers, sodat die mens kan kies tussen elke denkbare, tot diep onder die diepste hel gaande sonde, en tussen die hoogste bo alle hemele uitgaande deugde, anders kom daar niks van die ontstaan van die kinders van God op die aarde wat daarvoor bestem is nie!

[4] En dit is nou juis die verborge rede waarom selfs die glansrykste leer van God na verloop van tyd onder die smerigste vuil vertrap sal word!

[5] Niemand sal van My leer kan sê dat dit ook maar iets onnatuurlik, onregverdig en onmoontlik verlang nie, en tog sal daar mettertyd sulke onregverdighede, en onuitvoerbaarhede binnesluip, sodat geen mens dit heeltemal sal kan nakom nie.

[6] In oordrewe ywer sal die mens mense by hul honderdduisende, erger as wilde beeste, afslag en daarby van mening wees dat daar aan God `n besonder aangename diens bewys is.

[7] Ja, Ek sal Myself deur die mense, as hulle dit wil, moet laat gevange neem, en daarna selfs liggaamlik moet laat doodmaak, om juis daardeur die mense die mees vrye en grootste speelruimte te gee vir hulle wil. Want eers deur hierdie grootste en onbeperkte vryheid sal die mense van hierdie aarde heeltemal in staat wees om hulle te verhef tot waaragtige kinders en elohim wat aan God in alles volkome gelyk sal wees.

[8] Want soos wat Ek Self alleen deur My totaal onbeperkte wilskrag en mag van ewigheid tot ewigheid God is, so moet die kinders van My liefde dit ook vir ewig word!

[9] Maar om dit te kan word, is die geestelike ontwikkelingsweg wat jou so erg teenstaan nou juis nodig. Maar dink maar eers ietwat na, dan sal jy ontdek dat dit onmoontlik anders kan wees!

[10] Waar die hoogste bereik moet word, moet ook die laagste voorhande wees!"

[11] Toe dink Cornelius ietwat na en sê na `n rukkie: "Ja, ja, Heer, dit begin in my bors ietwat ligter te word! Dit moes nou al eintlik baie duidelik gewees het, maar dit is nog te bewolk en mistig, sodat my siel dit nog nie so duidelik kan sien nie. Op bepaalde oomblikke gewaar ek egter dat dit ligter in my word, en dan verstaan ek baie goed. Op die wyse verstaan ek dit nou ook juis sodanig dat ek nie daaraan kan twyfel nie. Maar dat dit my volkome helder sou wees in hierdie wysheidsfeer wat tot nou toe aan niemand bekend was nie, daarvan sal daar nog lank geen sprake van wees nie!

[12] Miskien sou U, o Heer, op die terrein `n ietwat sterker skynsel in my hart kan gee!"

[13] Ek sê: "Dit sou Ek wel kan doen, - maar dan sou die sterker lig nie joune nie, maar slegs My werk wees, en dus iets oneindig in jou. Dan sou jy nie meer hoef te soek, te vra en nêrens meer hoef aan te klop nie.

[14] Maar Ek wil, en moet dit ook wil, dat elke mens op die weg wat deur My afgebaken is, sal voortgaan, en dit deur eie moeite en opoffering vir hom verwerf, wat hy hier en vir die hiernamaals nodig sal hê omdat hy andersins nooit heeltemal self werksaam, en daarom ook nooit selfstandig sal kan word nie.

[15] Die volledige selfstandigheid is een van die mees noodsaaklike dinge vir die hoogste moontlike saligheid.

[16] Kyk eers watter dienaar dan ook die beste beloon word! Hy het bykans alles wat sy skatryke meester het. Hy kan die beste spyse geniet, en wyn drink van die gasvrye tafel van sy meester. As sy meester op reis gaan, oor water of land, neem hy sy dienaar saam, en waarvan die meester geniet, daarvan geniet sy dienaar ook. Maar tog is die geniet van beide verskillend.

[17] Die dienaar dink wel: 'Ek het `n goeie meester en hy verlang niks van my wat ek onbillik sou kan noem nie, en ek word baie gewaardeer en goed behandel. Maar indien ek my ietwat te buite sou gaan, sou hy tog aan my kan sê: 'My kneg, ek beskou jou as my eie seun, en verlang daarom slegs ligte en billike werk van jou. Maar jy oorskat jouself, en begin as meester op te tree, daarom kan ek jou nie meer as dienaar gebruik nie. Verlaat daarom my huis!” Dan sou ek moet gaan en `n bedelaar wees, maar my meester bly meester van sy vele besittings.”

[18] Kyk, My vriend, die gedagte vergal heel dikwels die genot van die dienaar! Maar die meester is waarlik gelukkig - hoewel hy baie vir sy dienaar omgee, hoef hy tog nooit besorg te wees dat hy hom sal verlaat nie, want vir hierdie ene kan hy maklik `n honderd ander kry. Hy bly die baie vermoënde meester en selfstandige eienaar van baie, baie goedere en onmeetlike ander skatte. Sy geluk kan daarom nie verstoor word nie, terwyl die geluk van die dienaar wat slegs op toeval berus, enige oomblik beëindig kan word. En sien, so lê die verhouding nou ook hier!

[19] Solank Ek, as die Heer van al die lewe en al die lig, julle voortdurend lewe en lig moet bly inblaas, is julle slegs My knegte en dienaars, want hierdie gawe van lewe en lig is heeltemal afhangende van My wil. Waar sou julle onder hierdie omstandighede dan lig en lewe vandaan wou kry?! Sal nie net die gedagte aan die moontlikheid van die genoemde inhoud, jou baie bang maak nie?!

[20] Maar solank daar nie in `n hart enige angs, vrees en bangheid opgewek kan word nie, is daar onmoontlik enige sprake van `n volkome geluk!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205