Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Aanleg en bestemming van die mens

178 Ek het juis Sélf op hierdie aarde gekom, wat bestem is vir die verwekking van My egte kinders, om julle te bevry van die bande wat die skepping met hom saamgebring het, en julle deur woord en daad die weg na die ware, selfstandige, ewige lewensvryheid te toon, en deur hierdie voorbeeld, wat Ek julle gee, te baan en gelyk te maak.

[2] Slegs op dié weg sal dit moontlik wees om in te gaan in die onmeetlike glansrykheid van God, van My en julle Vader.

[3] Want as mens is Ek mens, soos wat julle mense is, maar in My woon die volheid van die goddelike Glansrykheid van die Vader, wat in Homself suiwer Liefde is. En nie Ek as julle medemens sê dit nou aan julle nie, maar die woord wat Ek nou tot julle spreek is die woord van die Vader, wat in My is en wie Ek goed ken, maar wie julle nie ken nie. Want as julle Hom geken het, sou My sending nie nodig gewees het nie. Maar juis omdat julle Hom nie ken nie, en nog nooit herken het nie, het Ek Self gekom om Hom aan julle te toon en heeltemal te leer ken.

[4] Dit is die wil van die Vader dat almal wat in My, die Seun van die mense, glo, en dat Ek deur die Vader uitgestuur is, die ewige lewe en die glansrykheid van die Vader in hom sal besit, om egte kinders van die Allerhoogste te word en wat ewiglik blywend sal wees!

[5] Maar om dit te word, moet hemel en hel in hierdie wêreld onder één dak woon! Sonder stryd is daar geen oorwinning nie! Waar die hoogste bereikbaar moontlik is, moet `n mens ook alles daarvoor gee. Om `n uiterste te bereik moet `n mens hom eers van `n teenoorgestelde uiterste losmaak.

[6] Hoe sou daar `n hoogste uiterste denkbaar kan wees sonder `n laagste uiterste?! Of kan iemand van julle hom berge voorstel sonder daartussen liggende dale?! Word die hoogte van die berg nie afgemeet van die grootste diepte van `n dal nie?! Daar moet dus baie diep dale wees, en wie in die diepte van die dal woon, moet met baie moeite worstelend die berg beklim om die mees vrye en verste uitsig te verkry. As daar egter geen dale was nie, was daar ook geen berge nie, en sou niemand `n hoogte kon bestyg wat ook maar iets meer as die normale vergesig sou oplewer nie.

[7] Dit is weliswaar slegs `n stoflike gelykenis, maar sy bevat tog dieselfde en ooreenkomstige van die eindelose groot, geestelike werklikheid, - vir diegene wat kan dink en wil, sal die beeld altyd meer inhoud kry.

[8] In die sfeer van die innerlike lewe is julle geroep en uitverkies om die hoogste te bereik, - dus moet daar ook `n laagste binne julle bereik lê, en daarom het julle `n volkome vrye wil en die krag om die laagste in julleself te bestry met die algehele eie krag wat deur God vir ewig aan julle gegee is.

[9] Sien jy, beste vriend Cornelius, die sake, dinge en lewensverhoudings in hierdie wêreld lyk nou só omdat dit só moet wees! En nou sal jy hopelik nie nog met `n vraag daaroor kom nie!

[10] Ek sou jou in die gees na `n ander hemelliggaam kan bring, waar jy alles in `n staat van volmaaktheid sou aantref, soos wat jy dit by die maaksels van diere so onnavolgbaar kan sien. Maar wat het hulle aan so `n altyd terugkerende volmaaktheid? Dit voorsien slegs in hul kommervolle en eentonige lewensbehoefte. Maar iets méér as dit is daar beslis nie te vinde nie!

[11] Kan kinders van God wel onder sulke omstandighede opgevoed word?!

[12] In julle mense lê daarenteen oneindig baie verborge, maar dit is net nie ontwikkel nie. Daarom kan die kind, as hy in die wêreld inkom, glad niks doen nie, en staan dan ook daarby ver benede enige pasgebore dier.

[13] Maar juis omdat hy so naak, so swak, en totaal hulpeloos, en met net `n ietwat groter bewussyn as `n see-inkvis soos `n totaal leë houer daar bystaan, kan hy opklim tot die hoogste, goddelike bewussyn en al die volmaakte verwag!

[14] Hou daarom goed rekening met alles wat Ek nou gesê het en handel daarvolgens, dan sal julle ook onfeilbaar dit bereik waarvoor julle almal geroep en uitverkies is vir tyd en ewigheid! – Sê My nou, vriend Cornelius, hoe jy nou oor hierdie aarde en haar mense in die lig en in die duisternis by jouself dink!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205