Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die taal van die hart

184 Almal verbaas hulle oor die diep insig en die wysheid van Philopold. Kisjonah bekyk hom van top tot tone, en verstaan nie hoe dit moontlik kan wees dat hierdie mens, waarvan elkeen goed geweet het dat hy baie ervaring gehad het, nou opeens vir almal met sy diepgaande wysheid so buitengewoon verbaas sodat selfs Mathael sê: "My begrip is ook nie gering nie, maar in hierdie diepte was my gees nog nooit deurdring nie! Sy gees of siel moet wel op `n ander en hoë wêreld onderrig gekry het!"

[2] Ook Jarah kyk ondersoekend na die wyse man en van louter verbasing oor sy wysheid weet sy nie waaraan sy toe is nie.

[3] Maar Ek sê aan hom: "Sien jy nou, beste vriend en broer, hoe goed jy jou nou van jou taak gekwyt het. Jy het met die beantwoording van My vraag wat aan jou hart gestel is, die spyker op die kop geslaan!

[4] Ek sê jou dat jy in My Naam nou getrou, waar en baie verstaanbaar die volle waarheid aan al My leerlinge, vriende en broers uitgelê het, en dat Ek daar nou niks anders hoef by te voeg nie as: Dit is so. Met alle sake, dinge en wesens is dit van ewigheid af so gesteld!

[5] Kyk, daarin sit meer wysheid as in die hele Hooglied van Salomo, wie daar uit die aard van die saak net so min van verstaan het as wie ookal, want as hy begrip sou gehad het, sou hy nie later in alle sondes van die sondes verval het en ten gronde gegaan het nie!

[6] Soek julle almal daarom slegs in julle hart die wysheid en die regte openbaring uit My, dan sal julle dit maklik verstaan en vir julle hele lewe en vir ewig behou!"

[7] Petrus sê daarop: "Maar Heer, ons is nou ongeveer nege maande lank altyd by U en in U omgewing, waarom sien ons dan geen kans om so te praat soos hierdie vriend uit Kana by Kis nie?"

[8] Ek sê: "Die Romeine het `n spreekwoord, wat sê: Non statim fit Mercurius!* En so is dit ook ongeveer by julle, en Ek Self sou julle so nou en dan eers goed wou vra: Hoe lank sal Ek julle nog moet verdra voordat julle diep in julle hart iets sal kan verstaan en verstaan? (*`n hout Klaas word nie gou `n koopman nie.)

[9] Ek het tog al so baie vir julle gesê dat julle nie in julle hoof nie, maar alleen in julle hart moet gaan dink om die volle waarheid te bereik wat julle werklik sou vrymaak! Waarom doen julle dit dan nie, en bly julle liewer by die stoflike wat niks bevat en niks kan gee nie?! Doen wat Ek julle leer, dan sal ook julle, netsoos Philopold nou, in ware wysheid praat!"

[10] Petrus sê: "Heer! Dit probeer ons al dikwels, maar dit geluk maar nie met die dink in die hart nie. So nou en dan voel ek - nie so baie werklike gedagtes nie, maar veeleer baie feitelike woorde in my hart. Die woorde kan ek tog geen gedagtes noem nie, want dit kom my voor asof hulle, nadat hulle in die hoof uitgedink was, eers in my hart te voorskyn kom!"

[11] Ek sê: "Dit is `n begin, oefen julle daarin, dan sal julle weldra sover kom dat julle in julle hart tot die diepste en mees vrye gedagtes kom!"

[12] Petrus sê: "Ek dank U, ewige, goeie Heer, as dit so is, sal ons gou verder kom!"

[13] Ek sê: "Ja, ja, maar nie geheel en al vóór My tuiskoms nie, daarna egter wel!"

[14] Dit verstaan niemand aan tafel nie, en mense vra wat Ek daarmee bedoel het.

[15] Maar Ek sê: "Dink julle dan dat die Menseseun soos nou tot aan die einde van die aarde liggaamlik onder die mense sal wandel en leer en wonders doen?!

[16] Ja, Ek sal wel tot aan die einde van die aarde onder die mense wat van goeie wil is, troostend, versterkend, opwekkend, lerend en ook wonders bly doen, en Ek sal ook by almal wat My waaragtig liefhet en My gebooie hou, kom en My aan hulle openbaar, - maar nie in die sterflike liggaam nie, maar in die verglansde en ewige onsterflike! Wie dit verstaan het, moet dit goed onthou!"

[17] Die leerlinge sê: "Heer, ons dink dat ons wel begrip gehad het, - maar dit kan ons tog nie verstaan nie!"

[18] Ek sê: "Ek hou julle daarvoor ook nog lank nie verantwoordelik nie! Elke leerling het `n sekere tyd nodig voordat hy in dit wat hy leer, tuis is en alles sal weet. As hy sover sal wees, hou hy op om leerling te wees, en is hy vanaf daardie oomblik eers vir uiteindelike, latere foute self verantwoordelik! Daarom is dit nie julle fout as julle nou nog nie baie verstaan nie, maar later sal dit anders wees! - Nou moet ons egter kalm wees! Daar gaan dadelik iets gebeur wat ons baie werk sal gee!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205