Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die Judese koopmans uit Persië

190 Toe hulle `n bietjie van hul buitengewone verbasing herstel het, vra één van die reisigers: "Waar is ons loods nou, sodat ons hom kan vra wat ons aan hom verskuldig is? Dit is tog beslis geen kleinigheid om hom aan so `n gevaar bloot te stel om `n skip met reisigers te red nie!"

[2] Maar toe kom die skippers na die reisigers toe en vra hulle of hulle vir die terugvaart `n nag en `n dag hier moet vertoef, en of hulle nou met `n rustige see sal terugvaar na die ander oewer, wat in `n reguit lyn nog altyd vyf tot ses uur van hierdie plek verwyder gelê het.

[3] Die reisigers deel die skippers egter mee dat hulle vir hulle moet wag tot hulle hulle dinge in Caesarea Philippi afgehandel het.

[4] Markus hoor dit en sê aan die reisigers: "Beste vriende! Om na die stad te gaan, kan julle julleself gevolglik bespaar, want van die hele stad bestaan daar niks meer as net `n paar hutte van arme Judeërs en `n hoeveelheid uitgebrande, verlate ruïnes nie! Gedurende die afgelope nag en in hierdie dag het sy die welverdiende en treurige prooi van die vlamme geword, en niemand het kans gesien om die vuur se meester te word nie!

[5] As julle iets het om af te handel, moet julle dit nou maar hier doen, omdat die hoogste wêreldlike en ook geestelike outoriteite nou hulleself hier by my ophou!"

[6] Met die berig sit die reisigers `n baie bedroefde gesig op en sê: "Vriend, in die geval sal ons ook hier baie weinig kan afhandel, ondanks die allerhoogste wêreldlike en geestelike menere wat hier aanwesig is! Want ons het belangrike handelsbetrekkinge met die Griekse kooplui van hierdie stad gehad, en hulle het baie by ons bestel, maar die hele laaste aflewering moet hulle nog betaal! Hoe kry ons nou ons geld?

[7] Ons is gerekende bewerkers van sy en kameelhaar, ons het ook die fynste skaapwol kledingstukke in alle kleure gelewer, en geblomde stowwe vir allerlei tempelgewade. Hierdie laaste aflewering het `n waarde van tienduisend pond silwer gehad. Hoewel ons Judeërs is en aan Jerusalem skatpligtig is, lewe ons in Persië, waar ons groot bedrywe het en ons was altyd goed en eerlik.

[8] Ons hou die wet van Moses in ons land strenger en presieser as alle Judeërs in Jerusalem, en ons bring die tempel altyd ryk offers. Ons onderhou by ons `n sinagoge wat in alles, wat grootte en prag aanbetref, nie baie minder doen as die tempel nie!

[9] Vir al die armes wat die Mosaïese geloof toegedaan is, is ons goeie en liefdadige mense, en ons het, soos bekend, altyd die beste dissipline gehandhaaf en orde gehou! Waarom het JaHWeH ons dan so hard en gevoelig gestraf?!

[10] Kyk, ons sou graag die helfte van die tienduisend pond aan die tempel wou skenk, as ons ons regmatige geld self sou ontvang. Ja, ons kan bowendien ook die ander vyfduisend pond aan die moontlik baie arme geloofsgenote van hierdie omgewing gee, as ons maar net uit oogpunt van handel en afrekening, die hele betaling van die heidene kon ontvang!"

[11] Markus sê: "Ja, beste gaste en vriende, ondanks julle buitengewone aanbod sal dit tog baie moeilik wees! Maar praat eers met opperstadhouer Cyrenius, wat nou hier aanwesig is met nog drie Romeine, groot maghebbers! Hy kan miskien wel iets doen."

[12] Die reisigers sê: "Waar is hy, dan kan ons na hom toe gaan en hom baie eerbiedig ons probleem voorlê. Miskien gebeur daar dan wel weer `n wonder?! Want ons redding deur die jong loods was sonder meer `n wonder en geen geringe een nie! Maar ons loods het nou verdwyn en kom nie te voorskyn nie. Daarom kan ons hom die verskuldigde reddingsloon nie gee nie!"

[13] Markus sê: "Daar op die klein heuwel aan die see, waar die opperstadhouer en die ander hooghede hulleself bevind, het die loods hom ook teruggetrek. Daarheen kan julle sonder skroom gaan en alles reël.

[14] Maar daar is nog `n sekere Persoon, gehul in `n hemelsblou mantel met `n roosrooi kleed uit één stuk daaronder, en Sy blonde hare golf weelderig oor Sy skouers. As julle Hom vir julle kan wen, kan julle van `n groot voorreg spreek! Want Hy kan werklik alles doen en vir Hom is in `n sekere sin niks onmoontlik nie! Maar dit sal wel moeilik wees om met Hom oor julle aangeleentheid te praat!"

[15] Die reisigers vra: "Wat en wie is Hy dan? Is Hy miskien familie van die keiser uit Rome, of dalk êrens koning van `n groot ryk?"

[16] Markus sê: "Nog die een, nog die ander. Gaan dus maar, en miskien kan julle wel daaragter kom Wie daar onder die blou mantel skuil!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205