Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die gesuis van die wind by Elia en by ons

195 Na My vraag en die voorafgaande skildering staan almal met groot oë en kyk en hulle was nie in staat om `n antwoord te gee nie. Want hoe meer hulle daaroor nagedink het, des te meer deurmekaar het dit in hul verstand en hart geword.

[2] Een van die twee afgevaardigdes sê na `n rukkie: "Geëerde, wyse vriend! U lyk my baie op die hoogte te wees met die Skrif, hoewel u miskien eerder `n Romein of `n Griek kan wees. Die baie mistieke verhaal van die profeet Elia soos deur U vertel, is baie korrek weergegee, maar tot nog toe het niemand dit ooit verstaan nie. Dit sou besonder vreemd wees as `n heiden ons Judeërs `n uitleg daarvan sou kon gee. Ons sou dit egter graag van U af wil hoor, want ek het my reeds baie onduidelikhede van die profeet Jesaja laat uitlê deur `n wyse heiden uit die Moreland en dit het my grondige redes gegee om my baie oor sy diepe wysheid te verbaas. Dit skyn hom hier te wil herhaal. Daarom vra ons U net om, terwyl ons hier aanwesig is, vir ons U gedagte oor die beeld te onthul!"

[3] Ek sê: "Nou dan is dit so! Maar allereers moet ek julle misvatting, om My as `n heiden te beskou, regstel, want Ek is geen heiden nie, maar `n gebore Judeër soos julle. Ek is wel één met almal, om almal te wen vir die ryk van die Lig, vir die ryk van die Ewige Waarheid! Wie ore het, moet hoor, en wie oë het, moet nou sien!

[4] Elia stel die suiwer siel van die mens voor en die grot waarin hy verborge was, is die wêreld, en eintlik die vlees en bloed van die mens. Die Gees, wat teen Elia, respektiewelik teen die mensesiel praat, is die Gees van God waarmee die siel één moet word, maar nog nie kan word omdat JaHWeH nog nie verbygetrek het by die grot van die vlees, of te wel die grot van die wêreld nie.

[5] Die verbygaande storm dui op die tyd vanaf die ou Adam tot by Noag. Die vuur dui op die tyd vanaf Noag tot op hede.

[6] Nou het die tyd van die sagte gesuis egter voor die grot van die profeet gekom. Hierdie tyd sal aan elke siel wat `n goeie wil het, algehele verlossing gee in die gees en in alle waarheid, en, let wel, ook julle staan nou op die punt om dié vryheid van Elia te verkry!

[7] Die skip wat julle hierheen gebring het, lyk ook soos `n profetegrot. Dit het hom eerste in die ruwe geweld van die storm bevind, en julle het in groot angs en vrees gesit, en toe julle deur die storm midde in die onbestendige see gedryf was, flits `n duisendvoudige vuur om julle klein, brose wêreld van verrotte planke, maar JaHWeH was nie in die vuur nie, hoewel hy met Sy Arm (`n engel) julle redding en behoud gebring het.

[8] Nou bevind julle julleself egter daar waar dit na die storm en die vuur saggies langs julle heen ruis. Wie bevind Homself egter vir julle en by julle in die sagte geruis?!"

[9] Nou verbaas die Perse hulle buitengewoon en die afgevaardigde sê: "Vreemd, vreemd! Die, o so regte, beeld lyk verrassend baie soos die van die ou profeet Elia! Dit het ook wonderlik gegaan met ons redding, en ook nie `n bietjie nie, en nou op hierdie heuwel neem ek werklik fisies en moreel die vreemde, geheimsinnige sagte geruis waar, waarvan die Gees aan die profeet gesê het dat JaHWeH daarin verbygegaan het! - Ja, wat vind julle dan, broers en susters?! Wat dink julle van hierdie geskiedenis?"

[10] Die ander spreek soos uit één mond: "Ons vind dit net so wonderbaarlik soos julle, maar self kan ons dit nie verklaar nie! Laat hierdie wyse man daarom maar vir jou en vir ons almal spreek!"

[11] Die afgevaardigde sê: "Ja, dit sou natuurlik wel die beste wees, maar `n mens kan tog nie op hierdie plek, waar die hoogste gebieders van Rome en konings en vorste vertoef, sommer die een of ander eis nie, `n mens moet eers om die nodige toestemming daarvoor vra, om iets te mag vra wat `n mens graag sou wou!"

[12] Ek kom daartussen en sê: "Vriend, hier is dit werklik nie nodig nie! In Persië is dit wel gebruiklik, maar by ons moet ons nooit daarmee begin nie! Vriend, voor God is die nederigheid wat dwaas en vernederend is vir die mensesiel, net so `n dwaasheid soos alle ander dwaashede wat slegs in die heidendom voorkom, - laat staan nog die te groot vernedering van die een mens voor die ander. So `n kruiperige uiting van nederigheid van die een mens voor die ander een maak beide sleg. Ten eerste omdat hy tydens die nederigheid meestal net huigel en daardeur sy medemens van nog meer hoogmoed betig, en ten tweede, omdat hy daardeur ook werklik nog hoogmoediger word!

[13] Die nederigheid wat voortkom uit die suiwer liefde, is die egte en ware nederigheid, want sy gee agting en het in die medemens `n broer soos broer lief, maar maak homself en die naaste nie tot `n god vir wie `n mens op die knieë moet val en die mens moet laat aanbid nie.

[14] Wat jy ook al wil of verlang, verlang dit soos `n mens van die mens af en soos `n broer van `n broer, maar die een mens moet nooit in die stof kruip voor die ander nie!

[15] Wat God van geen mens vra nie, dit kan `n mens nog baie minder van sy medemens verlang! Dit is ook `n ware wysheid, wat volledig tuishoort in God se orde. Onthou dit daarom goed en geestelik daarnaas, dan sal julle aangenaam wees voor God en die mense!

[16] Maar nou weer oor iets anders! Sodat julle die sagte gesuis voor die grot van die profeet `n bietjie meer met hierdie tyd in ooreenstemming kan bring, sal Ek julle nou, omdat julle, soos gesê, nog beginselvaste Judeërs is, `n ander vraag stel."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205